Wednesday, 6 February 2013

Viv la Cartier


Dis ‘n koue reënerige aand as ons net voor middernag sonsondergang die metro by Charles de Gaule Etoile die trappe begin bestyg. Ons wil die befaamde Arc de Triomphe gaan besoek en ook in die mode wêreld van Christiaan Doir, Cocco Channel,Yves Saint Laurent gaan rond hang en dalk so bietjie gaan blad skud met die mense by Cartier.
 
Soms loop mens mense raak so op jou dwaal togte wat jou so bietjie laat inkyk na binne en besef dat jy is nie alleen op hierdie planeet wat met probleme sit nie. Dis besig by Arc en in my geestes oog sien ek hoe Napoleon onder deur hom getrippel kom op sy perd. Ek sien die Duitse weermag in gelid met ‘n duidelike goosesteppe en ‘n Heil Hitler die Arc begroet. Ek lag so bymyself en besef vir ‘n sekonde of twee dat ek hier staan waar geskiedenis gemaak is. Ons neem die foto’s van ons was hier en stap in die straat af terwyl die reën mistroostig uitsak oor Parys. Ek dink nog terug aan die Amerikaanse ontsetting van Parys toe ek die duidelike klanke van Indiaanse musiek hoor. Ons steek vas luister, en hier uit ‘n donker steggie kom die Napoleon op sy winkel trollie, aangetrek deur die vreemde klanke van verdwaalde musikante. Hy gryp sy stokkies en sluit aan by die ritme. Ons luister klaar en gaan drink ‘n ietsie om die bloed so bietjie op te warm. Napoleon kom afgestap in die straat kort en kop omhoog. Sy trollie is gelaai met sy besittings, en ek sien myself in die weerkaatsing van Cartier, en in die agtergrond sien ek hom glimlag, en ek weet ons sal mekaar weer raakloop.

Die bedompigheid en sonskyn van Phuket het ons gejaag om so bietjie Bangkok te gaan besoek. Ons besoek strek oor drie dae. Ons sal soveel as moontlik moet indruk en ons wil darem ‘n paar plekke ook besoek. Ons kry ons gastehuis. Die kamer is voldoende, maar wragtig die klein mensies het darem nie aan die moerse boer gedink toe hulle hierdie uitleg gedoen het nie. Ek kan vir my koffie maak terwyl ek op die toilet sit. My skoene is te groot en ek moet dit op die tv neersit anders is daar nie plek om te loop nie. Die Aircon werk darem en so begin ons ontdekkingstog van Bangkok. Ons spring op ‘n veerboot en word saam met ‘n groep van die een Whatt na die ander geneem. Die reën seisoen het ook sy volle swang bereik en die riviere wat in en om Bangkok is, het maar ‘n troebelheid aan hulle. Ek hou uit, maar die ou maag wil net heeltyd suid draai. Die kaptein verstaan ook nie dat as hy net so bietjie sy voet in die hoek sit ons darem beter sal voel nie. My gevoel van seesiek wil nie net gaan lê nie. Dis eers laat aand as ons die MBK mall gaan besoek. Dis een moerse plek. Uiteindelik na amper meer as drie ure se verdwaal en benoudheid vind ek en Lanel mekaar. Ons vat die eerste en beste uitgang wat lyk of dit ons na ‘n bekende plek sal neem. Dit het darem opgehou reën. En daar langs die kant sit hy, af bene, verkrompte gesig, en een moerse glimlag. Hy gesels met sy hondtjie asof dit sy enigste maat is. As ek nader staan om hom ‘n ietsie te gee kyk hy op en ek weet ons ken mekaar, ons groet en ek weet ons sal mekaar weer raakloop. Ek kyk op en in die bewolkte nag sien ek die dowwe skynsel van Cartier se ligte.

Die lang gewag hier by die trein Stasie is nou nie meer snaaks nie. Dis asof alles hier beplan word om op tyd begin maar iewers moet iemand iets opskroef. Ons is nou al ‘n week in Delhi, die gestamp,stoot en ongeskiktheid begin nou my gedaan maak. Ons ontmoet ‘n paar Belge wat op die selfde trein as ons is en kuier so oor en weer oor ons tye hier in India. Die sitplek wat beskikbaar is,is of opgeneem of is sifilities. Ons kies as groep die trappe en neem daar vir ons ‘n kollietjie op. Die drukkende hitte jaag my om ‘n bottel water te gaan koop, en met my uittog besluit ek om so bietjie inspeksie te maak van die stasie. Na my inspeksie en amper twee litter water gaan staan ek om die hoek en trek so bietjie aan vars ingevoerde eg suiwer Suid Afrikaanse Tabak. My oë dwaal oor die mense en agter my sit le ‘n man amper half dood, ek staar na hom en wonder oor sy lewe. Ons kyk mekaar en altwee lag. Ja ou chom ek is jy en jy is ek, altwee vasgevang, ons omstandighede en eie idiotiese Dogma en Teologie veroorsaak dat ons is waar ons is. Terwyl ek weg stap kom die stasie polisie aangehardloop met hulle slaanstokke omhoog. My nuwe chom word gegryp dik gemoer en weggevat van die wit man wat hier staan. Ek skud my kop, en ek sien in die weerkaatsing van die verbygaande trein sy oë. Ek kyk weg. Op die spoorlyn le die blink papier wat uit sy hand geval het, en my oog vang die ring wat Cartier adverteer.

Lanel is uitgenooi om ‘n boek bekendstelling te gaan bywoon in Brooklyn. Sy is mal oor Andre P. Brink se werke en so vat ons die snelweg weg van ons veilige huisie af na Pretoria. Ek is soos gewoonlik weer skuins, en nie lus om in die middel van die week na die een of ander skrywer te gaan luister nie. Maar nou ja in ‘n huwelik werk dinge twee kante toe, sy los my uit as ek gaan duik of as ek nagte om op Ambulanse my onbaatsigte deel gaan bydrae. Andre P. Brink is toe meer interessant as wat ek gedink het en ek luister wat hy se oor sy nuwe boek. Ai as ek maar net meer opgelet het in die klas, die man mag maar skryf. Die aand loop na ‘n einde se kant toe en ons besluit om gou ‘n ietsie te gaan nuttig. Terwyl Lanel vir ons ‘n Tafel uitsoek in die besige restaurant gaan staan ek buite om so bietjie vars lug te skep. Hy kom om die hoek is bosbaadjie en geskeurde jean. Die asblikke is hom genadig vanaand, hy kry goeie buit. Ek hou hom dop. Die menu voorsien hom vanaand van kentucky en slushpuppie, ‘n halwebak jogurt. Ek kyk om my rond niemand steur hulle aan hom nie, ek trek die een long na die ander vol. Uit sy binnesak haal hy sy vars lug. Ons deel ‘n oomblik. Ek kyk binne toe, en as ons na mekaar kyk weet ons, ons het mekaar al ontmoet. Ek draai om en stap weg. Ja jy is ek en ek is jy. Die reise van ons lewens sal ons eendag weer bymekaar bring, en dan sal ek jou vra. “Ken  jy  van Cartier?”

No comments:

Post a Comment