Thursday 14 February 2013

'n Boertjie se Travels: India, hoe de dinges.


Varanasi na Kolkata – Vertraagde vertraging

Herman Roos
Trein Kos.

Herman Roos
Die Fiat Ambasodor, alom teenwoordig.



Ek moet bieg trein ry was en is nie vir my die mees gemaklikste, of lekkerste ding om te doen nie. Met ons rit vanaf Varanasi na Kolkata lê ek op my enkel bankie en kry die verdomde liedjie in my kop van daar is ‘n trein na Matjies fontein. Die lied is te vrolik en ek vererg myself en forseer myself om te slaap. Die nag rus gaan beter en ek slaap deur tot die eerste ongeskikte persoon weer my voete van die bankie afstamp met die woorde “Chai,Chai,Chai”. Iewers in die nag het nog twee persone in die kompartement bygekom en die het darem die respek gehad om stil, stil hulle slaap plekke in te neem. Die twee broers maak eers seker ons is wakker voor hulle hulself voorstel, heng dink ek as meer mense in india so gemanierd is soos die twee dan sal dit werklik ‘n hemel op aarde wees. Ons gesels oor krieket en wat elkeen van ons doen en saam geniet ons die ontbyt. Na ontbyt gaan sluit ek by die rokers aan by die trein deur, en gesels weer daar met ‘n klomp jonges, almal is gefassineerd met die Suid Afrikaner in hulle midde en ons gesels oor alles en krieket. So tussen deur begin ek vra oor die stand van sake met die trein en die een lig my in dat sy pa een of ander grootkop op ‘n stasie is en dat die trein eers na 10 in Kolkata gaan aankom. Dit beteken ons rit gaan verleng word met nog twee ure, my moed sak in my skoene toe ek sien dat ek dit nie gaan maak met sigarette nie, by die volgende stasie spring een af en gaan soek sigarette maar kom leë hande terug. Almal is vriendelik en ek kry genoeg nikotien in tot in Kolkata. Met ons afklim in Kolkata kyk ek terug oor die lang spoorlyn wat vir soveel mense ‘n bron van kommunikasie is, en ek besef dat dit nie my mees aanbevole manier van vervoer ooit sal wees nie. Ons drentel ingang toe en soek ‘n taxi, terwyl ek die stasie verlaat kry ek hond se gedagte en besef dat dit nog nie die punt is nie maar slegs ‘n koma. “Exit stage left, persuaded by a Tiger”

No comments:

Post a Comment