Wednesday, 6 February 2013

"n Boertjie Se Travels: India Hoe de Dinges


Opskrif

Travel is seker ‘n siekte, een van die soort siektes waaroor ek baie bly is. Soms vang ek myself as ek begin oor die vlaktes loop en dink oor waar kom die ding dan nou vandaan. As kind het ek altyd die diepste donkerste bosse gaan uitsoek en tot laatnag gespeel saam met my getroue regterhand Big Boy. Nou ek moes seker groot word, en in my grootword het ek altyd gaan rondneuk in plekke waar ek nie mag gewees het nie. As daar ‘n hek was wou ek weet wat anderkant aangaan. Die vreemde van hoekom is daar iets daar en mag ek dit nie sien nie. so het dit my geneem om te begin duik, vandag wil ek dieper langer, en as daar ‘n wrak is wil ek sien voel en weet.
Nou ek is plaaskind, gebore in die destydse Petoors, grootgemaak en gelei deur my jonge prille jeug deur my ouers. My ma vertel nog steeds vir enige een wat wil leister dat ek haar op dertig al grys hare gegee het, wou glo nie ophou skreeu nie, en die skreeu was nie van te min tiet nie, almal het gedink ek is net bedonerd, het hulle my losgelaat dan het ek die wêreld vol gekruip. Die storie lei blykbaar dat hulle in my eerste jaar van lewe op scotsburghe gaan vakansie hou het, as die trein naby kom het ek begin skreeu tot hy so twee kilometer verby was. Miskien wou ek toe al trein ry. So word ons almal groot en gaan doen dan die swot ding. Ek het toe maar in Potch my swotings gaan aanpak na my 12 jaar van gevangenisskap op skool. My swottings het rampspoedige gevolge gehad tot my ouers se ergernis. My BA Algemeen het my darem die beste ding in my lewe besorg, my vrou. So saam het ons begin rondloop, eers stadig, Zanzibar toe Thailand en so het ons dieper die bos ingegaan.
Na my ramspoedige ervaring op universiteit het ek eers vir so maand of twee by ‘n ingenieurs maatskappy gaan spanner swaai, dit was nie lank nie toe word ek sommer siemer gefire sonder rede of apologie. Vir die volgende twee maande het ek maar so saam met my skoonpa op die trok gewerk en sommer net leeg gele. Uiteindelik het my pa my kom haal en ek het begin boer. Vandag ‘n hele paar jaar later sit ek met die gryshare op 30 en ek loop nog steeds rond.
Ek hou van die woord travel, dit het vir my persoonlik so bietjie meer aanklank as reis. Deur die loop van tyd het ek besef daar is verskeie kategorieë van die land verlaat. Die eerste groep en hulle is die grootste, verkies die pakket toere, die alles sien in een week. Ek het immers respek vir hulle darem doen hulle iets saam met iemand. Die tweede groep is die lawaai makkers hulle gaan ook op die pakket toere maar as hulle terugkom moet almal hoor dat hulle oorsee was, die groep is so bietjie kleiner, ek noem dit die “Ek is die enigste een wat kan toer” sindroom. Hierdie groep is gewoonlik jou politici wat baie van hulle self en hulle stemme hou, prokureurs, dokters en CEO’s. Die laaste groep is baie klein, hulle sien jy nie sommer raak nie, hulle is ‘n famille op hulle eie, rugsak, ongeskeerde baarde, twee dae laas gebad. Jy kry hulle in die agterstrate van plekke opsoek na die volgende avontuur. Hierdie is die ware travellers, die harde baarde.
Voor ons mekaar verveel met dankseggings en huldeblyke wil ek tog dit net so terloops noem dat daar baie mense in my lewe ‘n hengse verskil gemaak het. Party het klein bygedra ander groot, julle weet wie julle is,dankie dat julle my wêreld vergroot het, en almal wat travel. Pak lig, lug jou stap stok op na die horison meet hom mooi en weet dat as jy daar kom daar nog baie vir jou gaan voorlê. Heellaaste is daar daai spesiale iemand wat altyd aan my regterhand is my vrou sonder wie ek nie deur die hell van India alleen kon gaan nie. Mens moet daai spesiale iemand hê saam met wie jy die woeste wil in, daai spesiale iemand met jy kan deel as dinge druk en die spesiale iemand met wie jy die rofste pad kan aanpak. Dankie my Vrou.



Middelskrif


13:20pm Varanasi Indië. Dis warm, die son brand sonder om te blik of te bloos so oop ketel. Ek en vroulief beweeg so sweet, sweet, van die een Ghat na die ander en bekyk die gebad en gebid van die bruin mense hier langs die rivier. Hier en daar hang ʼn lei hond, bok, bees of geestelike rond in die skadu van ʼn boom. Ons is oppad om een van die mees bekenste plekke te besoek, daar waar die Ganges en die dood mekaar begroet. Ons arriveer vroeg die oggend met die oornagtrein uit Delhi in die heilige stad, dit was nie 10min nie toe word ons sommer so bagasie en al agter in die tuk-tuk geneek, en daar trek ons gids met ons. Die gids hou nie sy bek nie, hy sing elke geleerde Engelse frase so tussen die gedreun en getoet van die verkeer vir ons, dis hier en daar en orals en hy doen alles verniet. Ons try hom ignoreer, maar al wie die skimp vang is die wind, want die het intussen gaan lê en ons drup,drup so tussen die gedruk deur. Nee hier moet ons afklim.” It is not so very far, maybe 10min walking.you come I show you.” Grynslag Pinto en ons weet dit gaan langer vat, tyd en afstand bestaan nie vir hulle nie. 25kg op my rug, 42 grade Celsius, en min water. 30 min later gooi ek die rugsak af en ek en liefie siësta, uit eindelik ontslae van die gids. Liefie spring op die “net” en vind uit wat langs die rivier aan gaan, noem die plekke waar die dinge gebeur ghuts,en ek staan en verwonder myself nou hoekom sal die mense die goed na binnegoed vernoem, ek weet hulle veras mense hier maar dis op een of twee plekke. So neek ons op en af met die trappe langs die heilige Ganges opsoek na die verassings terrein, ons loop van die een ghat na die ander so sweet-sweet en drup-drup, en ek vind uit dat die woord nie binnegoed beteken nie maar eerder ʼn klomp trappe wat afgaan na die rivier. Hier en daar bad ʼn verlore siel en hang daar ʼn hond, bok, bees of heilige rond in die skadu van ʼn boom. Ons vergaap ons aan al die dinge wat ronddryf in die rivier. Ons vind die plek waar hulle die verassings doen, en word dadelik deur ʼn groep jonges omring, Lanel het gelees net voor ons weg is uit ons blyplek uit wat ons moet doen, ons hang rond maar mammie het een fout gemaak, die kamera hang om haar nek, die jonges begin al om ons sirkel en ons staan ons man,” You must leave, you disrespect family,go,you leave now,” na ʼn paar minute beweeg ons terug en word voorgekeer deur ʼn ander groep jonges, hulle fokus hulle self op die kamera en begin sirkel soos haheinas, die een waag dit nader en ek staan vas, ek gee so uitdagende laggie, en hy steek vas, hy staan sy man, ek sien hier kom moeilikheid, liefie steel ʼn foto, “you take pictures?” en hy hou aan en aan, die son brand so oop ketel sonder skaamte, dis warm, en die aasvoëls van die dood begin ons sirkel. “Phone boss! Phone boss.”  My moer meter begin styg, liefie en kamera is en gevaar die jong man staan vas ek staan vas, ek byt nou al in Afrikaans, iewers het ek dit verloor om Engels te praat, Lanel keer, “Phone the bos.”, die aasvoëls word meer, my moer meter is nou mooi in die rooi.”You take pictures?” en in die harwar sien ek die bruin Indiër hand wat uitstrek na my liefde en haar kamera.....

No comments:

Post a Comment