Delhi Van Sant na Nagar
‘n Mens stel mos vir homself altyd die mees eienaardige
verwagtinge op. Soms word hierdie verwagtinge gevoed deur ander mense, profete,
sieners, herders en soms die hoender in die straat wat ‘n teken sou wees. Wel
as hoenders maar net tekens was en herders werklik geherder het, was dinge dalk
baie, baie anders. Soms moet mens maar herderloos en blindelings in dinge in
neuk net om te sien, voel, proe en reik waaroor die lewe gaan. Dit het definitief
nie die mees gewenste uitwerking nie en jy kry gewoonlik daardie naskokke as jy
eers terug is by die huis. Soms as mens so in neuk in ‘n plek in waar dinge nie
altyd sin maak, en jy kultureel uitgedaag word, jy jou humeur verloor en as jy
loop om hom te gaan soek nie weer te kry
nie.
Dis vroeg oggend in Suid Afrika so skuins na 5 toe
ons in Delhi afklim. Die tyd aanwysers gee ons die tyd maar dit maak nie saak
nie ek soek rook plek en liefie soek bagasie. Ons gaan ‘n kompromie aan en sy
verkas na die bagasie afdeling, terwyl ek gou sigarette koop en ‘n twakkie gaan
opkou, terwyl ek daar staan en rook, rook ek nog een sommer vir die wis en die
onwis, die senuwees is maar gedaan, min slaap, aaklige reuke en ses ure van wag
begin nou sy tol eis. Ek gooi die rugsak op my rug en ons gaan na die punt waar
die taxi ons moet optel. Ons kyk rond, niks. Weer kyk ons op die instruksies,
nee ons is by die regte plek. Ons hol buite toe, nee niemand wat ons soek hier
nie, ek gryp my selfoon en bel, dankie vader tog ek het roaming geaktiveer op
my foon. Die eienaar van die plek waar ons bly is heel verbaas dat ons daar is en
al wat hy kan uitkry is “Ooh I made a
Goof up”, na die derde keer kry Lanel dit uit hom uit hoe om by die plek uit te
kom. Ons kry ‘n taxi soos hy dit vir ons beskryf het en begin die intog in Delhi
in. Ons vergaap ons aan die lug buite, is dit mistig of is dit besoedeling, ons
kan nie uitmaak wat dit is nie, ons ploeter voort met die verkeer, dit gaan
maar stadig en ons besef gou dat mense nie oordryf as hulle se dat daar geen verkeersreëls
hier geld nie, dis net ‘n getoet en geraas, soos wat die verkeer teen ‘n slakke
pas aanskuif sien ons die dun laggies stof op die karre en besef ons dat dit
nie net besoedeling is nie, maar die mees aakligste wit stof wat tot in jou
binneste inkruip. Na sowat 2 ure se ry aan 15km en ‘n R100 later stop ons
uiteindelik voor Mistuque Moments in die buite wyke van Sant Nagar, Kohat
Enclave, die bejaarde Dr. Malik ontvang ons hartlik in die drukende hitte. “ Im
so Sorry I made a Goofup, but dont worry I have a friend who can help you out
for one night, I only thought you were coming tommorow”. “ It won’t be long,
maybe a couple of minites.” As ons maar net geweet het dat dit ‘n algemene ding
is in India, jy maak verskoning vir jou fout met besprekings en verwys dan die
gaste na ‘n ander blyplek, op die manier help jy jou vriend wat nie onder
normale omstandighede enige gaste sou gekry het nie. So wag ons toe vir meer as
twee ure voor ons gekarwy word na ons ander gastehuis. By die ander gastehuis
ontvang ‘n meer bejaarde omie ons wat se Engels so goed is soos my vriend se papegaai
wat net kan Afrikaans praat, en alles word begin en afgesluit met “A-chachacha”
wat goed, mooi, Is dit? En wat nog kan beteken in Hindi. Die huis lyk ok, alhoewel
dit in ‘n woonstel kompleks geleë is en
niks meer as net ‘n drie slaapkamer woonstel is nie. Ons word met gebare en baie gekompliseerde Engels
ons kamer aangewys. Die eerste opslag lyk dinge in orde, dis egter met ‘n
nadere inspeksie dat ons vind dinge is nie so ordelik soos wat dit voorkom nie.
Die kamer is seker skoongemaak die eerste en die laaste keer toe hulle die bed
ingedra het, die laken is te klein en daar is net genoeg om een van ons toe te maak.
Dit kan alles oorkom word dink ek en
vroulief, dis warm so ons sal sommer so op die lakens slaap. Die skok kom toe
ons op die bed gaan sit en besef dis niks anders as ‘n stik plank wat aangetrek
is soos ‘n matras nie, of so voel dit. Ons gryp die anti-doodmaak alles kannetjie
en bespuit alles, die badkamer wat definitief beter dae geken het, en seker
10jaar terug ‘n goeie skoonmaak gekry het word ontsmet en bespuit. Sowat 10min
later roep Lanel my en se ek moet kom kyk, dis net dooie kakkerlakke in die
badkamer en terwyl ek die kleiner as miniatuur kissing probeer oppof grou ek ‘n
dooie gecko onder hom uit. Aag wel dis net een nag redeneer ek. Dis darem maar
wonderlik hoe ‘n mens na ‘n lang vlug ingeboender word in dinge in wat jy nie in
die normale van jou eie land nie sal doen nie, en dit dan maar gedwee aanvaar.
Ons besluit dat ons so bietjie gaan verkennings werk doen terwyl die son nog skyn
en dan somer so ietsie gaan kou ook. Ons verkas uit die woonstel kompleks uit
en gou besef ons dat alles wit, vaal en bedek is met ‘n aaklige grys wit stof.
Ons drentel in die straat af opsoek na water want die dors het ons nou maar
kwaai gevang, ons kry twee bottels water en voor ons nog 100m weg was, was dit
klaar. Ons stop by die eerste en naaste straat verkoper en vra vir water, ons
dink darem daaraan om na die seels te kyk soos ons gewaarsku is, en wragtig dis
net bottels wat weer volgemaak is. Ons hou aan met stap, die verkeer is iets
uit ‘n ander wêreld dis ‘n getoet en geraas, en so met die tyd begin ons
sintuie al hoe meer bewus raak van die omgewing, sonder waarskuwing gee my maag
so aaklige draai en ek moet net inhou om nie die laaste bietjie kos wat ek genugtig
het op die vlug op die sypaadjie te laat beland nie. Die reuke is aaklig, as
dit nie riool of vrot vullis is nie dan is dit urine. Ons drentel aan en
besluit op ‘n restaurant wat darem lyk of dit Westerse invloed het, maar dis net hier waar
ons die eerste babbel hap. Jy kry of “vegetarian” of “non
vegetarian” wat net hoender is, niks vleis nie en alles brand
die dinges uit jou uit, ons eet maar naan en bly aan die versigte kant met ‘n
hoendertjie wat non spicy is, maar die brand my so dat dit voel of ek enige tyd
gaan vlamme uitblaas by my agterstewe. Ons betaal en die bedrag is iets
verskrikliks 1500 rupee, maar die ou brein kan nog nie die wiskunde so lekker
doen nie. Met ‘n swaar gemoed en gevoel dat die helfte van ons kontant nou ook
daarmee heen is, stap ons sleep voet terug na ons woonstel gastehuis toe. Ons
gaan lê so bietjie skuins en skakel die aircon aan, gelukkig werk die darem. So
skuins na 3 word ons wakker en vroulief wil so bietjie gaan stap om ‘n foto of
twee te neem. Die huis is verlate en doodstil, die gasheer het homself uit die
voete gemaak, ons het nie ‘n sleutel nie, en al het ons een gehad was die slot
van buiteaf gesluit. Ek skakel vir Dr. Malik en vra wat gaan aan, nee hy weet
nie, die gasheer sal seker oor so 5min daar wees. Ons neem aan dat hy gaan
kuier het of gaan besigheid doen het en vergeet het dat hy ‘n verantwoordelikheid
het teenoor sy gaste. So sit ons toe 5 Indiese minute en wag. Die wiskunde werk
so, 2 Indiese minute is enige iets van
20min tot ‘n driekwart uur, 5 Indiese min kan enige iets wees van ‘n uur tot 2
ure. So sit ons en wag en uiteindelik na 5 Indiese minute daag ons gasheer op. Ek
en liefie bespreek die feit dat ons selfone op roaming is en dat die oproepe
wat ons tot dusvergemaak het ons ‘n klein huisie vol geld gaan kos. “ Kom ons
gaan soek ‘n selfoon winkel.” Stell ek voor. Met gebare en gebroke Engels kry
ons uiteindelik dit uit ons gasheer uit waarheen ons moet gaan. Ons kry ‘n
rikshaw en die man trap dat dit bars. By die plek wat hulle beskryf as ‘n mall
stap ons in by die eerste selfoon winkel, dit gaan vlot en na 5 Indiese minute
het ons data vir die tab en al twee die selfone is op lyn. Wat ons wel nie
ingedagte gehou het nie is dat liefie se Blackberry niks wil weet van die nuwe
sim kaart nie en so eindig ons op met net my foon en geen kommunikasie tussen
mekaar nie. Ons stap rond en bekyk en vergaap ons aan die sogenaamde mall, koop
nog twee liter water en drentel terug na ‘n plek waar ons weer ‘n rickshaw aan
die hande kan kry. In die laat middag begin die jetlag ons vang, en ons besluit om ons eksplorasie werke te staak
en terug te keer na die basis. Die sweet loop teen my rug asof dit betaal word,
die kamera sak op my rug help ook nie veel nie en die min slaap begin sy tol eis.
Ons drentel nie meer nie, ons beweeg so teen ‘n slakke pas van die een straat na die ander tot ons helaas
die stegie haal waar ons bly. Ons val flou op die bed neer en gou voer slaap
ons weg na lande en vreemde plekke toe. Lanel was die eerste een wat geroer
het, ek het net begin bykom na die diepe slaap toe sy in die kamer kom met ‘n
frons wat net moeilikheid kan beteken, aag nee wat nou. “ Ons is alweer
ingesluit.” Ag donner dink ek, nee man is die ou seniel of wat, my gemoed se
moer meter begin styg, ons bel, maar die gasheer se selfoon lui binne die huis.
Ons hang rond vir 5 Indiese minute en toe vir nog 5 min. Die gasheer daag op
sonder verskoning of verduideliking, dis nou maar seker hoe dit hier werk
aanvaar ons.
Dis al goed donker toe daar twee figure hulle self
tuismaak in die swak verligte sitkamer. Ek luister, wragtig ek kan die mense
verstaan. Ek storm uit en omhels hulle amper. So in die halfskemer ontmoet ons
vir Jackal en Hyde aka Jack en Hyden, die Suid Engeland Britte se aksent dra
swaar maar ons kuier ‘n hond uit ‘n bos, en vinnig kry ons vir ons gratis
internet aan die hande. Dit gaan rof op die fone en tablette soos daar
boodskappe getuur word vir almal wat ons lief het en selfs die wat van ons
vergeet het. Die volgende oggend kry ons droë toast en Chai. Liefie sien nie
kans om te eet nie en ons maak rëelings om vervoer te word na ons oorspronklike
verblyf. Die rit lewer geen opgewondenheid op nie en ons bevind onself weer by
ons begin punt in Delhi. Met die uittrapslag dink ek aan die dag in Graad 1 toe
ek vergeet het om ‘n koma en punt in my sin te gebruik. Ek staan en staar vir
die grys grou gebou, en wonder is die nou die koma of die punt, en wie gaan
pakslae kry, en pakslae is daar goed uitgedeel. Gelukkig nie deur juffrou Stapelberg
nie, donner net die gedagte aan daai rooi rottang laat my gatvelle nog steeds
brand.
No comments:
Post a Comment