Friday 8 February 2013

'n Boertjie se Travels: India, Hoe de Dinges


Mumbai. Vegetarian or Vegetarian Sir?




Die oggend is fris en knyperig toe ons die 2 ure rit van die plaas af aanpak O.R.T toe. Ek gryp die stokke en ons vat al wat ‘n agterpad en ompad deur Johannesburg. Buite Tembisa kry my waterwerke ‘n druk probleem, altans dis die verskoning wat ek toe gebruik, ek wil maar net ‘n ou rokie gaan maak want die nerwe is maar dun. Ek trek die sigaret so hard dat die besoedeling in Tembisa lyk soos ‘n ou braaivleis vuur. Terug agter die stokke druk ek die Condor se neus in die rigting van die lughawe, dit word maar stil, my pa en ma gaan saam en my ma praat nie veel nie.

Ek kan sien sy is bekommerd, het seker al te veel slegte dinge gehoor van India, met volle reg, sy is mos ons ma, en sy mag maar bekommerd wees. By die lughawe parkeer ons en verkas na ‘n plekkie waar ons kan eet en koffie drink, maar dit bly ook toe maar net by koffie drink. Ons gesels oor koeie en kalwers en ons groet. My pa vat dit braaf maar dis nie die eerste afskeid wat ons van ma neem vir in die vreemde in neek nie, sy is werklik bekommerd die keer. Ek groet en weet as ons nie nou waai nie tjank ek saam met my ma, ‘n man se ma is mos ‘n man se ma.  Ons stap met die rugsakke na Terminaal B waar ons in die lang rye gaan inval vir die inboek. Dit gaan maar stamperig en stoterig en kort-kort ry iemand in ons hakke vas. Uiteindelik kom ons voor en kry ons boarding passes. Begassie word met die voerband vervoer en ons travel al langs die ronde gang af na die paspoort offisier. Nadat ons alles ge-x-ray en gescan is en ons betas en bevoel is vind ons, ons hek en loop so bietjie rond in die internasionale kant. Ek soek die eerste naaste rook plek en berook myself. Nege ure is darem maar lank sonder ‘n ou twakkie en ek draai terug en gaan berook myself vir die tweede keer. Ek voel goed en gaan kou so bietjie aan ‘n bordjie tjips en wag. Uiteindelik is ons op die vliegtuig. Met so halwe skok besef ons dat daar van al die passasiers net hier en daar ‘n wit gesig is. Ons kry ons sitplekke en neem stelling in, skyf hier druk daar, vroetel hier maar dit raak net nie gemakliker nie, ek kry nie my sit nie. Die skermpies voor ons gaan aan en ons bekyk die veiligheidsvideo. Die lugwaardige doen hulle dansie en passies vir hoeveelste keer. Dit gaan goed met die opstyg en ons kos word bedien, ‘n smaakvolle voorsmakie van wat gaan voorlê vir ons, maar die opgewondenheid bederf die realiteit en ons kou. Min wetende dat die lamsvleis die laaste sal wees vir die volgende 3 weke! Die passasier voor my moes of te veel kerrie of Masala geëet het.dit reik aaklig, hy stink sommer plein weg, sies dink ek, om so op die vliegtuig te klim, maar blykbaar skeel dit hom min. Ons byt vas. Sewe ure om te gaan. Elke twee ure spring ek in die hokkie in en maak of my blaas of maag gaan, ek trek myself dan blou aan die elektroniese sigaret wat net so afkoel gee aan die regte lus vir die regte ou twakkie. Na Sewe ure in die lug begin ek nou al kwyl soos ‘n stoep brakkie wat vleis reik vir die afgelope uur. Wat vir my altyd interessant is, is daai uur net voor jy land en die afkondigings gemaak word dat dit nie meer lank is nie, dat almal se maag en blase  skielik wakker word, ons sit reg voor die toilette en dit gaan rof die laaste uur agter ons.  Die laaste gas vrye gas wat die toilet besoek is ‘n ouerige persoon, 30min voor ons land. Ons hoor die toilet spoel vir die hoeveelste keer, dit gaan maar drukkerig by die toilette want almal wil gaan, genade tog daar sluip so reuk hier van agteraf om die hoek wat nie te wel is nie, die laaste wat ek dit gereik het was toe ek myself as 9 maande oue baba nie self kon help nie en nog doek gedra het. Die reuk wandel so saam met die dame en ek en vroulief bespiegel en giggel. Die reuk bly. Almal kyk so ongemaklik op hulle horlosies en wens dat of die dame of die vlug net verby kan gaan, maar die reuk hang. Ons land op Mumbai, so skuins na twaalf, ons het ‘n 6 ure stop voor ons, ons vlug kan vang Delhi toe. Ons tel ons bagasie op en drentel deur na die Domestic Transfer en gaan deur ‘n hordes sekuriteit punte, by die toonbank meld ons aan vir die vlug na Delhi, dis deurmekaar ons het vir meer as ‘n uur by die paspoort toonbank gestaan en wag want die knaap aan die anderkant bekyk elke paspoort asof ons ‘n klomp Alquida terroriste  is. Die vrou is heel hulpvaardig en ons gaan weer deur ‘n sekuriteit punt. Ons staan in ‘n ry soos stoet beeste en wag vir ‘n bus. Die bus neek tussen die vliegtuie met ons  deur en ons kom by die domestic terminaal aan. Ons vergaap ons aan die plek. Heng die plek is modern dink ek, terwyl ek uitdraf en rook plek gaan soek. Met die uittrap slag slaan die hitte my soos ‘n tsunami en ek hoor ook vir liefie hier agter my snak na haar asem. Dis 38 grade celsuis en dis 2 uur die nag. Ek trek my ou sigaretjie en ons voeter aan na die toonbanke, maar eers weer ‘n sekurteits check. Nee ons mag nie ingaan nie slegs 2 ure voor julle vlug, wag maar buite word ons meegedeel. Ons gaan soek sitplek, tussen deur die gespartel het die hitte sy tol begin eis en ons word dors. Ek draf oor na die naaste plekkie wat ‘n ietsie koel verkoop, die deel my mee dat hulle slegs kontant vat. Ek dink aan die nood 5 dollar noot wat vroulief altyd by haar het. “No only rupee”. Ag nee ek hol van die een ATM na die ander en soek geld, so tussen die harwar kry ‘n  Indiër gesin van Suid Afrika my jammer en koop vir ons twee bottels water. Die koel darem so bietjie af en neffens my sien ek nog ‘n ATM en die werk, ek trek so 600 rupee en verwerk gou die wiskunde dat dit so R 100 is. Goed dit sal help.04:00am gaan die hekke oop en maak ons, ons weg na die wag area en ons wag. Die tweede stel hekke maak oop, weer deur sekuriteit checks, en klim soos ge-herderde skape by die slagpale op die bus en word ons vervoer na die wagtende vlieënde dolfyn!

No comments:

Post a Comment