Sunday 16 June 2013

'n Boertjie se Travels: Vat die agter-ompad:Van Katnael tot Tomburke Via Afrika

En hier is die Lande wat ons gaan besoek.



Dis reg die beste roete is die korste en reguitste een. Maar wat van ons doen so bietjie die ompad. Die ander roete. The Road less travelled. Volg ons soos wat ons die nuwe roete na Tomburke van af Katnael aanpak via Afrika. Ons gaan op die voorstoepe van onbekende mense kuier en soek na die ander dinge om te doen. 

Die tyd het aangestap, ons is presies 5 dae van vertrek af. Laaste dinge moet gedoen word en gereĆ«l word dan is ons in die pad. Die wind het vandag suid gewaai, dis winter, die koue byt behoorlik die laaste paar dae, as ek vroeg oggend die hek gaan oopsluit en rook van die warm maak vure ruik, dan weet ek die pad roep. 

As jy ons langs die pad kry, stap oor en drink ‘n koffie saam met ons.

Groete

Herman en Lanel.