Sunday 4 August 2013

'n Boertjie se Travels: Vat die agter ompad: Van Katnael tot Tomburke

Voorloop.

“Jy dink jy is cooller as ekke” Jack Parow. Vir die ou in Maun by die Bar wat amper my travel opgedonner het.

Inskrywing

Die koue lug, gevul met die nag se na brand van die warm maak vure, het my siel kom skoonwas, die opdrifsels van India uit die oseaan van die siel is skoon gemaak. Die onstuimige see het begin roer, terwyl my voete kraak deur die ys van die laatnag koue, het die waters begin warm word. In die sand van my siel het ek die pad gesien, die soeke na die nuwe en vreemde van vergange, die paaie wat soveel voor my en na my sal loop.

Ek kyk op na bo, waarvandaan sal my hulp kom, my hulp kom van die Here. Die ys kristalle van die vorige nag lê wit gesaai oor die vlaktes, ek kyk, voel en proe die winter, Terwyl ek rustig deur die koring lande vir oulaas stap. Groet is swaar, die benoudheid van wat voorlê beklem my hart, my siel is omgekrap, en net soos die man wat voor die berge staan, staan ek en ek slaan my oë op na die Berge.

Elkeen van ons het 'n manier van lewe, ons volg die pad wat ons dink is die beste. Soms kyk ons terug en net soos wat Kingsley Holgate eendag gesê het, jy het 7 klippies elkeen stel 10 jaar voor gooi die weg wat verby is en kyk wat jy gedoen het, maak reg en verbeter op dit wat jy gedoen het. Ek sit hier in Malawi en skryf, die meer lê aan my voete, om my klink die nagtelike musiek op, hier in die middel van die meer, weet ek ons het nou eers begin klim.

Kind van Afrika, kind van Europa. In Afrika is jy gebore, sy grond sy mense loop in jou bloed, jy soek die vreemde, jy soek na niemandsland. Jou tog is verder, maar tog nader. Jou hart ken die pad, jou voete onwillig. Kind van Afrika kind van Europa.

Sunday 16 June 2013

'n Boertjie se Travels: Vat die agter-ompad:Van Katnael tot Tomburke Via Afrika

En hier is die Lande wat ons gaan besoek.



Dis reg die beste roete is die korste en reguitste een. Maar wat van ons doen so bietjie die ompad. Die ander roete. The Road less travelled. Volg ons soos wat ons die nuwe roete na Tomburke van af Katnael aanpak via Afrika. Ons gaan op die voorstoepe van onbekende mense kuier en soek na die ander dinge om te doen. 

Die tyd het aangestap, ons is presies 5 dae van vertrek af. Laaste dinge moet gedoen word en gereël word dan is ons in die pad. Die wind het vandag suid gewaai, dis winter, die koue byt behoorlik die laaste paar dae, as ek vroeg oggend die hek gaan oopsluit en rook van die warm maak vure ruik, dan weet ek die pad roep. 

As jy ons langs die pad kry, stap oor en drink ‘n koffie saam met ons.

Groete

Herman en Lanel.

Tuesday 12 March 2013

Life Happens

I have to say sorry to all who reads my blog. Things have just been one jam from last Saturday,  I drove my Bakkie into a gate. Things just didn't seem to work out during the week and my writers spirit somehow also flew the coop. I'm working on a couple of short pieces, but what the heck sometimes life just happens. 

Oh and me and my wife started planning on our trip for June-July. So, some of my time had been devoted to it also. We are planning to drive from the farm all the way to Malawi via Mozambique, back through Zambia into Botswana and then home, total time 20 days. I will keep you posted on our plans, it is still early times and Lanel wants to go to Madagascar. Things might just swing towards that idea. Depends if the family starts growing at a sudden rate. So hold your thumbs for that one.

Keep you all posted.

Thursday 28 February 2013

"n Boertjies Thoughts: Boertjies is mos Dom


Boertjies is mos dom





"I would like to announce ... the new level of the minimum wage for 1 March 2013 to 28 February 2014 be pegged at R105 per day for employees who work nine hours a day or R11.66 per hour, R525 weekly or R2274.82 per month," 

It was a quiet morning on most farms, we were all doing business as usual when the phones started ringing, “Did you hear what the Minister Said?” “What are we going to do?” Like a mother standing over her Child’s limping body, we all stood on our farms shocked, outraged, disappointed. I slowly got on to my quad bike and drove off to one of the most farthest points of the farm, from my vantage point i looked out over the years of hard labour, the changes that happened and part of my life’s legacy. Is this the end? Do we have to move on and trek like our forefathers, is Mozambique the new frontier? I saw the workers on the tobacco field; I grew up in front of most of them. Some grew up with me. These are the people who helped build this farm. I have an obligation towards them. My feelings and emotions were at breaking point when the phone suddenly rang.

“We have a meeting tomorrow at 6 pm” It was the Chair Person of our Farming Community. “Please let everybody know about the meeting.” With that we rang of. The days passed with mix feelings. What can we expect will there be any answers? I will have to use a bit of deduction and I will need some skill to read the person’s body langue. With that we all set of for the meeting, lies were told, truths were hidden and hypocrisy were wide spread. Thinking back, more than 6 meetings just to get answers, we were none the richer and poorer than when we first heard the news.  Our final meeting were held in Groblersdal. We left early the morning to avoid most traffic in the capital city of Pretoria; there was an indescribable silence in the car as we drove through mountains and open valleys. Will this meeting hold the answers that we are seeking? Each one of us was trapped in our own thoughts. The meeting came and went with no answers.

On our way back I opened up my kindle to read a bit, I flipped through the books, The Devine Comedy by Dante, to heavy now, I searched the Bible to heavy now I thought. I closed my kindle thinking of a verse in Habakkuk, trying to correlate that with what Dante had written about in the 1300’s. Was their time so much different from ours, Habakkuk and the Israelites had to face the fearsome Challdiers, in Dante’s era it was the dark ages and the church used hypocrisy to rule. How much do we differ from then? the mountains and valley’s passed and my thoughts were running over the open fields.  In the end I decided that we shall comply with the law of the land. I have an obligation to my workers.

After all was said and done, I looked back over the past two weeks and realised how we would use another person’s suffering and make a profit out of it. In Afrikaans we have a saying “Die een se dood, is die Ander se brood.” Have we stooped so low, have we learned nothing from history, or do we just use history to make our fortune out of those who have no answers. In each meeting a person came forth and said they will help us with this and that, but at a price of course.  Wel dis die wet van Transvaal.

The final bell has rung we have entered a new era of wages, comply or not. As I sit here I’m thinking of a great singer Koos Kombuis he wrote a song about their domestic worker when she died.  Will our Kytie stay, she was always just there. Will there still be Mielie pap in the morning?

Wednesday 27 February 2013

'n Boertjie se gedagtes: Ken Jy van Sukkel


Ken jy van sukkel?


Dit is al reeds warm as ons opstaan net so skuins voor ses die oggend. My daaglikse roetine is so bietjie omver gegooi. Ons moet ‘n tabak boeredag gaan bywoon, en dit in hierdie hitte. Ek sal eerder graag by my span wil wees, maar ja, as jy inligting oor jou bedryf wil hê dan moet jy seker maar die minder lekker van in die warm son gaan staan en luister na ‘n plantkundige wat eintlik die selfde ding oor en oor vertel. Ons vergader en die manne praat met lof en dank segging oor dinge wat ons blykbaar baie raak. Ons verlaat die donker area van die plaas restuarant, met die vraag “Om te rook, of nie”? en begin met die aantog na die landerye waar die proewe geplant word. Ons beklaag die situasie in die Kaap met die stakings en die warm son. “ Nee man so kan dit nie aan gaan nie, die goed staan en verbrand hier onder die besproeiing.” “ Die wit vlieg is darem maar iets ysliks die jaar, ja dis alweer hierdie groente boere wat die goed nie afhaal van die lande as hulle klaar geoes het nie.” Ons trap rond en die plantkundiges en grondkundiges raak hulle formules al hoe meer kwyt. Die een boer wil nie ophou vrae, vrae nie en die manne begin ongemaklik rondtrippel. Nee genade, dink ek en gaan soek die koelboks waar daar darem ‘n lafenis in versteek is. Ek knak die kannetjie se kop en teug lekker. Nee se gat hiermee, nou gaan ek terug bakkie toe, die ouens praat nonsens , darem kan ek daar sit en nuus luister terwyl die aircon loop.  Die lugspieëls speel oor die pad as ek naby my bakkie se deur kom, ek kyk af en uit die skimme van die bedrieglikheid kom die swart skim, ek hou hom dop, een trap op en dan weer een af, stadig en statig. As hy stadig verby my trap knik hy sy kop en ons groet. Die sweet loop behoorlik teen ons af, ek kyk af na die blikkie in my hand, ek draai om, om met hom so stukkie lafenis te deel. Die skimme speel oor die pad en die lug speel sy spelletjie met sy spieëls. Ek deel die lafenis met hom en stadig bekruip die gedagte my, “Wat is sukkel?”

Dis al ou nag as ek begin insluimer, die radio is stil, besonders stil, dink ek terwyl ek terug leen in my stoel. In die agter grond hoor ek hoe Sean besig is om na ‘n paar cd’s te luister. Droomland wag vir my as my oë toeval en ek die binne ruim van my eie verdwaalde drome betree. Ek word eers wakker uit my diepe slaap as die kar se serene hard in my ore weergalm. Gewoonlik is ek dadelik wakker as die radio kraak of ‘n selfoon lui. Ek vind vinnig uit waarna toe ons oppad is en wat gaan die doel van ons besoek wees. “Gunshot,Mamelodi” is al wat ek uit hom kry, terwyl hy konsentreer op die verkeer voor ons. Die adres is soos gewoonlik amper on vind baar maar met moeite maak ons dit. Ek is ooglopend opgewonde, dit sal my eerste “gunshot” wees. Die ligte se geflikker weerkaats teen die blink van die shacks, die pad is uitgemerk vir ons en ons word begelei deur ‘n ongeskikte konstabel, sal sweer ons het die misdaad gepleeg. Ons word ‘n kamer van sink agter in ‘n hoek aangewys. Ons werk word vinnig afgehandel, dit was ‘n gesins moord. Die kind het darem weg gekom. Ons gaan soek die kind en deel haar saam met haar familie mee dat daar niks is wat ons kan doen nie. Terwyl ek weg stap, kyk ek terug oor my skouer na die blink huisie in die agterkant van die yard en ek weet, vanaand sukkel ek nie alleen nie.

Ek moet sigarette kry en vinnig, my nerwe is klaar my twak is op en ek gaan nou, nou iemand aanrand. Die werkkers is traag en my moer meter is weer in die rooi. Ek spring in my bakkie jaag winkel toe en terug. Die dag sluip verby, een van my tabak droërs se deure het gebreek en moet in totaliteit oorgebou word. Ek het min tyd, die nuwe tabak is gehang, en ek moet die droër afseel so gou as moontlik. Ons werk teen tyd, en tyd teen ons. Uiteindelik net voor vyf die middag seel ons die deure af en maak reg vir ‘n rustige aand. Ek en Lanel bespreek die dag se gebeure by die skool en op die plaas.

 Dis al ou nag as my selfoon my wakker skreeu. Ek antwoord en hoor een van my werkers skreeu blou moord. Ek gryp die mediese sak, skreeu almal wakker om kanne en enige ding wat water kan vat te laai. Met ons aankoms by hulle huis was dit so te se te laat. Na meer as ‘n uur se gestoei met die vlamme, en nadat alles tot bedaring gekom het begin ek die mense se behandel vir brandwonde.

 Die bossies staan al groot gegroei toe ek weer nou die dag die afgebrande huis gaan besoek. Binne lê die oorblyfsels van die verlede verskroei, verbrand tot as. Terwyl ek so op die murasie se muur sit en die nag herroep weet ek dat ons het saam gesukkel, maar my gesukkel was net makliker.

Tuesday 19 February 2013

'n Boertjie se Travels: India hoe de dinges.


Hierdie is die laaste van my skryfstuk oor India, hoop julle het dit geniet.

Kolklatta na Delhi – SHUT THE F$#@ UP

Luuksheid na swaarkry!

Oppad Huistoe, Delhi Lugahwe, onwettig geneemde foto!

Kontras


Lanel se maag hou goed, net as haar maag dink hy wil suid draai stop ek nog ‘n immoduim in haar keel af. Met ons aankoms op die stasie is sy so goed soos ‘n lopende apteek. Die stasie bied darem ‘n lugversorgde afdeling vir die wat in besit is van eerste en tweedeklas kaartjies. Ons maak gebruik van die geleentheid en plak neer soos vrot velle op die twee beskikbare stoele.
‘n Halfuur voor ons trein vertrek gaan soek ons, ons sitplek. Na ‘n geskarrel en armswaai en gebrabbel in Engels kry iemand ons jammer en gaan wys ons waar ons sit. Tot ons skok is ons plekke opgeneem deur ‘n gesin. Gelukkig maak die kondukteur sy keelskoon en almal maak pad. Ons begin ons plekkies voorberei en lief vat soos gewoonlik die boonste bankie. Ons maak ons beddens op. Vannag wil ek deurslaap. Ons deel die 4 man kompartement met ‘n ourige stil man en ‘n jong man met brille, die het vriende gemaak met ‘n dik gat aan die oorkant en hulle kuier, dis vroegmiddag so dit pla nie. Ons kry ons ete, lief sien nie kans vir die warm kos nie en probeer so bietjie slaap. Ek gaan doen inspeksie van die toilette en vind dat eersteklas sin soos gewoonlik in baie beter en gangbare toestand is. Ons geluk is dat dit reg voor ons trein trok is so in ‘n nood situasie kan lief net hol en sy sal dit betyds maak. Ek stap terug na ons kompartement en vind die dik gat en sy maer gat met brilletjies nog steeds aan die kuier. Die ou man sit tjoepstil in die hoek en sprak nie ‘n woord nie. Ek gaan soek roo kplek, en alhoewel rook onwettig op treine in india is steur niemand hulle aan die reël nie, jy maak net die trein deur oop en maak jou twakkie. Ek maak soos ek gewoond is en gooi die deur oop, langs my flits die nag landskap en liggies verby en ek geniet die warm lug wat van buite af inkom. Die volgende oomblik spring daar so kort mannetjie in uniform om die hoek en dinges my uit oor ek die deur van die trein oopmaak terwyl dit beweeg. Ek gee hom som kyk, verduidelik vir hom in Afrikaans dat ek nie veel van sy dreigemente dink nie en trek my twakkie verder. Die opgeskorte klein mannetjie dreig weer.  Hy laat my dink aan my sussie se oorlede dobberman pincherkie, oorle Frikkie. Ek lag vir hom terwyl ek die deur toemaak en se vir hom dat ek nie omgee wat hy se nie terwyl ek in die gang af verdwyn. Dikgat en sy maat is stil toe ek terug kom in die kompartement, dankie tog nou kan ek slaap, ek maak vir oulaas seker dat Lanel reg is voor ek ook wegvaar na droomland.
My oë was skaars toe of die twee nuut gevinde vriende begin op ‘n hoer as normale toon weer eenstryk kuier. Ek strip my moer toe vir die twee, beteken ‘n toe gordyn nie vir hulle iets nie. Ek trek myself so half regop en laat waai.”You are the most disrespectful people I have ever seen, some of us are tired and are trying to sleep. My wife is sick, and I don’t want to hear another word from you two. If you don’t understand what I am saying, shut the F#%^ up. Ok.” My stem toon draa deur die trein en vir ‘n oomblik kon jy net die gerammel van trein wiele buite hoor, terwyl hier en daar ‘n kop half bang en nuuskierig om die hoeke loer. So bogger ek hulle nuwe vriendskap op en kry ons die nodige rus in vir die nag.

Delhi – Tot hier toe en nie verder nie.
‘n Mens se Psige kan net soveel vat. Blykbaar volgens die slim mense, wie se werk ek eens op ‘n tyd moes leer, het almal ‘n toleransie vlak in sekere situasies, of so iets. Kan nie mooi onthou nie want ek was nie veel in die klas nie. Met ons aankoms in Dheli was beide my en Lanel se toleransie punte ver oorskry. Ons nerwe was sommer plein klaar, nee hulle was opgebruik, weg non exsistant. Geen normale mens sit homself vir 3 weke deur hel en dan loop vertel hy vir mense dat dit lekker was nie, maar vir die een of ander rede is dit lekker, ons gaan soek hierdie plekke straf onsself, liggaamlik geestelik en word gedruif tot op breekpunt. Dan in ‘n oomblik van heldere waansinnigheid besef mens dat dit reis is, en niks en niemand, geen pakket toer, geen vakansie in ‘n huisie op Pennington gaan vir jou hierdie ervarings gee nie.
Ons laaste verblyf in India is die Taj Palace Hotel 5ster nogal. Lanel het in ‘n waansinnige oomblik iewers tydens die toer besluit dat dit ons eindpunt verblyf sou wees. Die hotel is geleë in die diplomatic enclave, en met die eerste oog opslag is alles skoon en netjies, ‘n kontras van wat ons beleef het die afgelope twee en ‘n half weke. Die sekuriteit by die hotel is om van huis toe te skryf en ou Zumsie sal wragtig hier gemaklik kan slaap, dink ek terwyl ons deur die exstrale en bevoelings en bevatings gaan, vir die duisendste maal. Ons word soos konings ontvang, en word op die hande gedra tot op die 6de vloer waar ons kamer aangewys word. Magtig, dis luuks. Die bed is sag, linne skoon en tv wat werk. Dis hier waar ek besef, soms moet ‘n mens halt roep, al buig jou bank rekening agteroor, en sluk die bankbestuurder ‘n ekstra hart pil. Ons roep halt, en ons besef tot hier toe en nie verder nie.

Agterskrif en Naskrif.
Dis ‘n koel oggend as ons land op ORT., ons is gatvol vir alles Indies, soek een stewige boere ontbyt, skoonpa gooi sy Land Rover in rat en ons trek deur die verkeer soos mes deur botter. Die ontbyt by die Wimpy maak so holkolietjie vol en vol blydskap neem die snelweg ons terug na ons ou plassie buite Brits.
Terwyl ek hier voor die rekenaar sit vanoggend kyk ek na die agter grond foto van die Taj Mahal, en iewers binne my kriewel daar ‘n gogga. Dis tyd om te begin plan vir die volgende wegbreek. My koffie is al koud as ek omdraai en weer voor die rekenaar kom sit. Die lewe loop snaakse draaie met ons dink ek terwyl ek na Cecil Beaton se woorde kyk en terug dink. India het iets binne ons verander, maar wat weet ek nie, sal dit maar moet gaan soek. Miskien Timbaktu, Fiji, Borneo of Kenya.Of is dit al die mense wat ons ontmoet het, maar iets het verander.

Monday 18 February 2013

'n Boertjie se Travels: India, Hoe de Dinges.


Kolkatta –  The Indian Strikes Again

Herman Roos
Die Overlokker van Negentien Voertsek

Herman Roos
Dum-Dum Nagar 

Herman Roos
Ons en die Slumkids

Herman Roos
UITGESLUIT!

Herman Roos
DIE DAK!


Die australianer verlaat ons en ons en Rupak kuier, hy vertel ons van die grootste oopelug boek mark in die wêreld. Dit moet ons sien, want in India is sien is glo. Ek vertrou nog steeds nie die vrede nie. Die volgende dag druk ons deur alles en kry ons uiteindelik die boek mark soos beskryf en aangedui deur ons gawe gasheer. Dit is ‘n warboel van boeke, straat op en af, links in die straat dan regs in daai straat en dit hou net nie op nie. Ons soek die befaamde koffiehuis waar ouens soos Pallo Coelho gesit en koffie drink het, en meeste van India se politieke gesprekke plaasvind wat lei tot niks. Ons word omring deur ‘n littere arsenaal. Lanel koop die een boek na die ander en ek begin gewig uitwerk, dit is spotgoedkoop. Ons vergelyk pryse met die van hulle Suid Afrikaanse eweknie en besef dat party boeke ‘n tiende van die Suid Afrikaanse prys kos. Na ons gekoop en vergelyk het, besoek ons die befaamde koffiehuis en wag 5 Indiese minute vir koue koffie. Lanel besluit om vir oulaas in die strate in te wandel en ons spreek af om mekaar op ‘n sentrale plek te kry, ek soek mediese boeke maar die verkoper verstaan nie die term paramedies nie en ek gee op. My oog vang ‘n man op die kant van die straat wat suikerriet sap uitpers en ek sluit aan by die res van die hordes wat sap koop, ek neem my klei potjie vol van die soete sap en slaan hom weg, ek verduidelik met armswaaiende en amper aap streke en gebare dat ek nog soek en so slaan ek nommer twee weg. Ek bekyk die seremonie van hoe jy die kleipot moet stukkend gooi en doen ook die passie en gooi my pragtige halfvervaardigde kleipotjie kepletter teen die randsteen. In die skare van miljoene sien ek darem een bekende gesig en ek en my vrou sluit weer by mekaar aan. Ons wyf ‘n taxi na ‘n lang gesukkel af en verduidelik hom dat hy ons reguit moet neem na Dum-Dum Nagar. Die rut is nie koste besparend nie, maar spaar darem die nerwe so bietjie, en ons voel soos ambassadeurs in ons grand groen en geel Fiat Ambassodor. Die reën druppels val sporadies as ons onder die brug uitklim en ons, ons drome om ambassadeurs te wees agterlaat. Ons drink chai by die chai man onder die brug en wag. Die reën gee ons ‘n kansie, en ons drafstap terug tot by ons tuiste. Ons glip deur die hekkie tot by die voordeur net om te vind dat die gesluit is. In my geheue heroep ek ons Delhi debakel met ingesluit en nou uitgesluit. Ek spring op my foon met sy Indiese simkaart en bel. Niemand antwoord nie en al wat ek kry is die vrou wat in Hindi vir my probeer verduidelik dat die persoon nie beskikbaar is nie. Na 8 smse 20 oproepe en meer as twee ure se wag, en Lanel wat toegang by elke venster en moontlike gaatjie gesoek het, kook my moer meter, die naald het afgespring en iewers het die valves gekalf, die boer maak ‘n plan. Ek soek klippe nou donner ek ‘n slot stukkend, in tussen reën dit kort, kort en net as ek dink nou het ek iets sak die reën uit en word my poging gefnuik. Later kry ek ‘n bouer en verduidelik hom dat ek sy hammer wil leen om ‘n slot stukkend te kap. Die Babelse verwaring op sy gesig laat my in nog slegter Engels as my vriend se pappegaai praat, en die Babelse verwaring op sy gesig word groter, ag nee donner dink ek, gin wonder die toring van Babel het nie gewerk nie, en ek verstaan nou vir die eerste keer daardie spesifieke gedeelte duidelik. Ek strip my allreeds gestripte moer, en laat my moer meter nog verder oorkook en ek skel hom sommer in Afrikaans,” Nou vat jou hammer en druk hom in jou agterent op, gin wonder julle is waar julle is nie, want julle wil nie eers ‘n hammer vir iemand leen nie.” Ek stap terug en soek ‘n klip. Die wonderlikste van klippe is dat as mens een soek dan bestaan hulle nie, maar wragtag as jy nie klippe wil hê nie dan lê hulle die pad vol. Die reën sak weer uit en ek maak dit net betyds terug tot onder die halwe beskerming van die dakkie, liefie gee so halwe laggie en ek dink nie dis snaaks nie. Die 15de sms gaan uit en die 40ste oproep word gemaak. Intussen het my lugtyd opgeraak en ons wag. Drie ure later kom ons gasheer en al wat ek hoor is Lanel hier langs my wat se “Smile and wave, smile and wave.” Ek smile en wave en ons gaan lê. Aandete is welkom en ons eet weer chicken and egg role. Ek besluit dat ek nog nie die ou vergewe het nie en verkas terug kamer toe. Terwyl ek die trappe bestyg hoor ek hoe Lanel en ons gasheer die volgende dag se rëelings tref om die slums te besoek.
Deur die nag het my aggressie tot bedaring gekom en moes ek maar gedwee aanvaar dat dit is hoe dinge in india werk. The Indian strikes again. Ons is vroeg uit die vere en kry ons eerste koppie chai vir die dag. Dis Sondag, en op die heilige dag sal al wat stoere Suid Afrikaner Christen kerk toe gaan, dan die vure aansteek en ontspan met ‘n tjoppie in die hand. Hulle sal hulle middag slapie geniet, vriende gul ontvang. Ag nee vervies ek myself terwyl ek so staan en verlang na ‘n rustige Sondag op die plaas. Rupak begin vir ons ‘n uitleg gee van die slums en wat ons kan verwag. “If you don’t like what you see we will go back imediatly, this is not for the faint hearted and a lot of people have cried for two days nonstop, after seeing the slums.” Broer dink ek by myself, dan het jy nog nie ‘n squaterkamp in Suid Afrika beleef nie. Ons vat rustig die pad en ek tel die vliegtuie wat lui bo-oor ons kruip vanaf die lughawe. Rupak vertel die een storie na die ander en ek kyk meer om my as wat ek luister. Ons arriveer, en word met die tipiese kyke begroet van wat soek julle hier. Rupak se gerusstelling help nie veel nie. ‘n Paar kom aangestap en gee sulke vuil kyke wat net moeilikheid beteken. Reg hier kom stront, die man het ons nou mooi in die gat kant van Kolkata ingevat en die mense soek ons nie hier nie. Die paar word ‘n groep en stap eers verby terwyl hulle snedige opmerkings maak. Ek ken die manier, dis tipiese tsotsie styl van intimidasie, die volgende oomblik sal hulle ons af kordon en dan begin vrae, vrae, en wragtig twee waag dit nader. Ek maak reg want hier gaan ek nie meer stilstaan nie, my nerwe is klaar, ek dink nie hulle bestaan meer nie, hoop net die polisie hoof sal my goedgesind wees, ek klap nie, vandag steek ek met ‘n mes, ek voel, voel vir my leatherman, reg hier kom dit. Die gesprek tussen Rupak en die bende klink nie lekker te wees nie, ek verstaan nie Bengali nie, maar die toon van praat staan my nie aan nie. Uit die bloute verskyn ‘n man en almal geepad soos die see voor Moses. Hoofman oor ‘n duisend dink ek. Samshje praat net ‘n paar woorde en almal geepad stert tussen die bene. By sy huis gee hy ons ‘n inleiding van hoe hy die armstes gebruik en oplei as klere makers en wys ‘n paar kledings stukke, die masjinerie dateer uit negentien voertsek, ek staan maar eenkant terwyl Lanel die kledingstukke nagaan. Hy wys haar die toppies wat hy besig is om vir haar te maak, en dit lyk pragtig. Ons ontmoet sy uitgebruide familie terwyl ons op die dak sit en wag vir die slum kinders en word heimlik bederf met tradisionele Moslem geregte. Vanaf die dak kry ons ‘n uitleg van die slums wat nie veel beter as Atridgeville of Diepsloot lyk nie. Die kinders bestyg die dak en ek wil medies na hulle kyk. Dit word van die hand gewys en ons deel lekkergoed uit en neem foto’s. Ons besoek die slums en maak maar of ons geïnteresseer is. Ons het al veel erger gesien. Die toer word afgesluit en ons stap terug na die hoofpad om ons bus te vang, die keer sonder intimidasie. Terwyl ons terug stap, wys Rupak dit uit dat daar geen jong vrouens te siene was nie, en ons stem saam dat dit nogal opvallend was. Die afwesigheid van die jong vrouens is dat hulle ouers-hulle uitverkoop as sex slawe en dat naweke en sondae die beste tyd is. Ons sluk swaar aan die idee, hel dit is af man, al is ons gewoond aan slums in Suid Afrika, om jou 14jarige dogter te verkoop is net verkeerd. Ons besluit dat ons ten minste een Bollywood fliek moet kyk en darem die gevoel kry van hoe voel dit om tussen ‘n klomp Indiërs te sit en fliek. Die donkerte het oor Kolkata begin sak toe ons ietwat onseker die bus bestyg wat ons reg voor die fliek gaan aflaai. Dit reën kort, kort sulke bietjies, bietjies. Ons kry die fliek koop kaartjies vir die nuwe hit van Bollywood, Boll Bachan. Dis 2 ure voor die fliek begin en ons loop en soek ‘n redelike of darem naby ordentlike eetplek wat nie aan ‘n sypaadjie gekoppel is nie, ons kry iewers in ‘n straat ‘n plekkie en suig neer op die stoele, heng man tussen al die strooi wat daar buite is, is die plek darem netjies, lugversorging, skoon, en die diens is uitstekend. Ons geniet so iets tussen ‘n Chinese en Indiese gereg wat ons herinner aan sweet en sour chicken. Die prys is goed en vir minder as ‘n honderd rand eet ons onself knuppeldik. Ons stap vrolik en opgewonde terug, sien selfs uit na die fliek. Ons neem ons plekke in met popcorn en koeldrank. Die was nie halfpad in die fliek in nie of Lanel fluister vir my dat haar maag nie reg is nie, sy het reeds die badkamer besoek voor ons ingegaan het, maar alles was stil en rustig in die land van die kolon. Ek kry so benoude gevoelte in my, ag nee nie alweer Delhi-belly nie. Ons verstaan nie die fliek nie en besluit om maar die roete huis toe aan te pak. Na ‘n hengse gesukkel met taxi’s kry ons uiteindelik een wat bereid is om ons terug te vat teen ‘n redelike prys. “Lief daar is fout met my maag, toe ek daai popcorn eet, het dit my die selfde gevoel gegee as in Delhi. Dit het gevoel of ‘n klip my maag tref.” Dammit. Hier kom dit nou, ek bid stilweg dat dit nie is wat ons vrees dit is nie. By die laaste draai naby die huis kry Lanel so uitdrukking op haar gesig en ek lees die tekens, hier kom dit weer. Die nag gaan tussen badkamer en bed vir haar deur, en die volgende dag stel ons die besoek aan Moeder Teresa se huis en museum af. Die dag gaan maar kakkerig verby, ek loop rond soos ‘n leeu met ‘n seer tand en koop enige ding wat Lanel kan gesond maak. Later begin ek self die gesond maak goed gebruik net om my nerwe te kalmeer. Sy hardloop die pakkie cypro antibiotika wat vir my bedoel is deur, en ek besef dat as ek iets oorkom, daar nie veel hulp gaan wees nie, die medikasie sal heeltemal uitgedien wees na hierdie rondte. Lanel begin pak so tussen die hol en slaap deur en laat die aand bevind ek myself op die dak van ‘n huis in Kolkata.

Ek lister musiek op die tab kliphard en voel ‘n veer vir enige een wat kla. Wat maak ons nou? Daar lê ‘n hele 24 uur treinrit voor terug Delhi toe, sal Lanel dit kan maak? Ek verlang huis toe, ons finansies is skraps, terug vlieg gaan duur wees. Ek sit en wil, wil begin tjank, nee donner man wat te veel is te veel, nou het ek net mooi genoeg gehad van die kak land en sy mense, ek draai die volume op en luister na die Radio Kalahari Orkes se Staan My By. Ek kry so bietjie moed maar die trane lê vlak. Ek kyk uit oor die suburbia van Dum-Dum Kolkata, almal gaan aan met hulle roetine, niemand gepla oor die ander nie. Besef is ‘n bliksem, want hy bekruip jou soos ‘n ongedierte in die nag, en saam met hom kom sy skelm drinker broer Alleen. Die twee het weer in holle gaan speel en hulle visiere eers mooi ingestel op my, en daar vang hulle my op die dak. Die trane sit vlakker as voorheen, my vrou en travel maat is siek, sy lê plat, dinge begin einde se kant toe staan, is dit hier waar ek die besluit moet neem om die definitiewe halt te roep. Die punt waar ons omdraai en nie klaar maak nie. Ek mis my mense, ek mis braaivleis en pap, en vir die eerste keer is ek bang, doodbang vir wat voorlê. Ek is nie lus vir nog stasies en burokrasie nie. Al my bravade is weg en ek besef die patetiese situasie waarin onsself bevind. Teen 5 uur die volgende oggend begin dinge verbeter en Lanel sien kans vir die laasste trein rit. Ons vat die oggend rustig sodat sy haar krag kan bymekaar maak vir die uittog Dheli toe. Ons groet vir Rupak wat net so bekommerd is soos ek oor Lanel en met ‘n laasste kyk deur die taxi se agter ruit kan ek sien dat die groot glimlag verdwyn het, en dat ‘n nuwe vriend se bekommernis in sy hart gaan lê het. Ons kyk vorentoe en weet dat halt roep nie ‘n opsie is nie, dat ons moet klaarmaak wat ons begin het. En ek dink so by myself. Moedertjie Genade.

Saturday 16 February 2013

'n Boertjie se Travels: India, Hoe de Dinges


Kolakta – Moedertjie genade

Herman Roos
Ons Eerste Kamer by Crazy Wanderers

Herman Roos
St. Pauls

Herman Roos
Queen Victoria Memorial


Die oggend steek sy kop oor die boom toppe, die gedreun kom aangerol deur die woud. Almal spits hulle ore, tussen die riet gras sien jy die gekwispel van ‘n stert, tog so ver tog so naby, die gids beduie opgewonde in die rigting van die Bengaalse tier. Almal is penorent. Die video graaf hou sy kamera styf vas en die aanbieder kan nie sy opgewondenheid beteël nie. Die video het my hart met ‘n punt na die Sunderbans laat trek om die Bengaalse tier te sien, maar fate het haar web gespin en vir die eerste keer moes ek die aftog blaas.

Ons het net afgeklim in Kolkata na ‘n 23 uur treinrit.  Ons volg die aanbevelings van ons home stay eienaar in Kolkata tot op die laaste letter uit. Dit reën saggies terwyl ons deur die verkeer druk na Rupak, in die drukkende hitte vind ons die reën die wonderlikste naas die uitvinding van ‘n aircon. By die brug by Dum – Dum Nagar ontmoet die maer en tingerige Indiër ons, hy spring in die taxi beduie in Bengali iets en ons glip in tussen die nou straatjies. Ons klim af en hy groet oor vriendelik. As hy nie ore gehad het nie sou sy glimlag reg rondom sy kop gegaan het. Instink skop in en my hare op my rug begin regop staan, hier moet ons versigtig trap, ek lees die vrees in Lanel se oë en ek stel haar gerus dat as dinge nie uitwerk nie ons dadelik vir ons ander blyplek kan kry. Terwyl ons aanstap na sy huis maak Rupak eers seker ons het ‘n opsie twee. “ Please if you are not comfortable, just tell me and I will arrange a alternative place for you.” Drie draaie later tien stegies en nog tien draaie later bevind ons, ons self voor die huis van Rupak wat ook dien as basis vir sy Crazy Wanderes uitruik program. Hy neem ons op na die tweede vloer wys vir ons, ons kamer aan en se dat as ons klaar is en gemaklik is ons by hom moet aansluit vir ‘n koppie chai in die voorhuis. Ek kyk om my rond in die kamer, hier loop kakkerlakke rond so groot soos rotte en rotte so groot soos katte. Die huis is definitief ‘n hele paar jaar laas skoongemaak, die portrette wat die slumkids op die mure verf help darem om die atmosfeer so beitjie te lig. My gemoed vaar nie wel nie, wel as mens wil travel kan mens nie altyd 5 ster gaan nie iewers moet jy soos C. Johan Bakkes dit stel “ Jurt kak eet”. Ons begin met die ritueel van ontsmetting van beddens, wat weereens net planke is wat opgemaak is soos matrasse. Die badkamer en toilet word gedeel met almal in die huis en dit lyk darem gangbaar. Die ergste is dat ons, ons skoene moet uittrek net voor ons die huis in gaan en ek sidder aan die gedagte. Ek en Lanel kyk vir mekaar, “Dink jy dis ‘n goeie idee, ek vertrou nie die ou nie my vrou!”. Lanel is ook nie rustig nie en ons besluit dat ons een nag daar sal bly, as ons nie gemaklik is nie dan kry ons vir ons ander blyplek. Ons sluit aan by Rupak in die voorhuis waar hy reeds besig is om vir ons chai voor te berei. Hy deel ons mee hoe die slumkids program werk en dat hy graag hulle die selfde geleentheid wil gee as ander. Tussen baie grappies en nog chai deur kry ons die idee wat hy besig is mee, maar my kop se vir my hierdie ou kan ek nie vertrou nie. Die verblyf kos amper niks nie, dit sluit etes in die aand in, hom as persoonlike toer gids  in die area, en gratis chai, en dan ook nog al die grapies wat hy vertel, onjs le soos ons lag terwyl hy die een stroie en grapie na die ander vertel, maar vertrou kan ons net nie, iewers is hier ‘n Bengaalse slang in die gras. Laat middag sluit nog drie mense by ons aan, hulle deel saam met ons die huis vir die volgende twee nagte. Ek en die Kanadees gaan staan buite terwyl Lanel kennis maak met die twee dames een ‘n Amerikaner en die ander ‘n Australiër. Ons gesels oor ons ervaringe in india, politiek en oor Suid Afrika. Nou kyk daar is een ding wat jy nooit doen as jy met ‘n ander man staan en praat oor sy eie land, moet nooit meer as hy probeer weet en hom probeer leer oor sy eie land nie, leer eerder by hom, en moet hom veral nie kom probeer leer as jy jou tyd net in nag clubs en bars spandeer het nie. Ek en die man kuier, maar ek hou nie baie van hom nie, sy houding stink en hy probeer my leer oor my eie land. Ek maak verskoning en hy neem somer aan dat ons saam met hulle ‘n bottel gin of twee gaan drink. Ek wys dit vriendelik van die hand en verkas terug kamer toe. Die nag gaan nie te sleg nie, ons lywe het die harde beddens gewoond begin raak, en slaap het nou meer as net ‘n luuksheid geword, ons is nou definitief afhanklik daarvan. Die nuwe dag bring nuwe uitdagings, Lanel besluit dat ons moet bietjie gaan rondsnuffel in Kolkata en gaan kyk watse historiese lesse ons kan leer. Ons vat die eerste beste tuk-tuk vanaf Dum-Dum Nagar na die Metro stasie. Op pad soontoe word ons herinner aan die reuke van verotte vis, riool en enige gemors wat jou brein aan kan dink en uitgrawe uit die diepste donkerste gat. Ek hou noord met my maag en op die aanloopbaan na die Metro stasie het my maag amper suid gedraai. Nie dat dit enige iemand sou gepla het nie. Ons druk, stamp en stoot tot op die trein, wat met geen lugversorging het nie, en dis hordes van een stasie na die ander. Die vroue stem wat elke stasie aankondig klink net soos die vroue stemme wat deur kommunistiese China gebruik word. Dit is nie ‘n skok toe ons uitvind dat Kolkata wel onder kommunistiese beheer vir baie lank was nie, orals sien mens die hammer en sekel, en op elke straat hoek is die luidsprekers nog duidelik sigbaar. By Maidan stasie klim ons die trappe na die oppervlakte en draai links uit verby die grootte Tata Steel Park en sy dam wat nie water in het nie, en deur ‘n hordes polisie beamptes bewaak word. Tata is die grootste maatskappy in india en doen enige iets van staal tot water amper soos die maatskappy met die Tier op hier by ons. By die hoek groet ons die standbeeld van Indira Ghandi en draai weer links af na die Victoria Memorial. Die tuin staan soos ‘n seer oog uit. Die gebou is in ‘n puik toestand, beter as enige Indiese standaard en ons verlustig ons aan die koelte wat die pragtige bome ons bied. Soos gewoonlik mag ons nie foto’s neem nie en ons toer vinnig deur die geskiedenis van  Kolkata. Ons besoek St Pauls Chathederal en gly verder in die straat af opsoek na die Amerikaanse Ambesaade Mc Donalds. Na meer as ‘n uur en ‘n half se loop en swak aanwysing en “ Just Two minutes Walking” kry ons uiteindelik ‘n KFC, die hoender is vlam gat warm maar ons eet en bly stil. Die son het begin namiddag toe trek en ek se vir Lanel dat ek nie kans sien om nog verder te gaan nie. Ons kry ‘n taxi en gaan groet vir ou Qeeun Victoria vir oulaas by haar Memorial. Die trein terug is nie te sleg nie. Ons besluit na die middag siësta om so bietjie die local mark te gaan ondersteun om amper so last minuut shopping te doen. Rupak het verdwyn en toe hy terug kom is hy duidelik omgekrap. Die Kanadees het die twee dames omgepraat om saam met hom na Pakistan te gaan, en dan van daar na Afganistan. Toe die Amerikaner terugkom val harde woorde tussen haar en Rupak en sy maak haar breek Malasia toe. Die Australianer hou vol en sy vergeet dat sy nie haar paspoort het nie, die is by die ambassade. Die middag laat sit ons almal in die voorhuis en drink chai, Rupak praat met haar maar dis soos water van ‘n eend se rug af. Ek praat lanel praat, maar Afghanistan wil sy sien. Ons los dit daar. 

Thursday 14 February 2013

'n Boertjie se Travels: India, hoe de dinges.


Varanasi na Kolkata – Vertraagde vertraging

Herman Roos
Trein Kos.

Herman Roos
Die Fiat Ambasodor, alom teenwoordig.



Ek moet bieg trein ry was en is nie vir my die mees gemaklikste, of lekkerste ding om te doen nie. Met ons rit vanaf Varanasi na Kolkata lê ek op my enkel bankie en kry die verdomde liedjie in my kop van daar is ‘n trein na Matjies fontein. Die lied is te vrolik en ek vererg myself en forseer myself om te slaap. Die nag rus gaan beter en ek slaap deur tot die eerste ongeskikte persoon weer my voete van die bankie afstamp met die woorde “Chai,Chai,Chai”. Iewers in die nag het nog twee persone in die kompartement bygekom en die het darem die respek gehad om stil, stil hulle slaap plekke in te neem. Die twee broers maak eers seker ons is wakker voor hulle hulself voorstel, heng dink ek as meer mense in india so gemanierd is soos die twee dan sal dit werklik ‘n hemel op aarde wees. Ons gesels oor krieket en wat elkeen van ons doen en saam geniet ons die ontbyt. Na ontbyt gaan sluit ek by die rokers aan by die trein deur, en gesels weer daar met ‘n klomp jonges, almal is gefassineerd met die Suid Afrikaner in hulle midde en ons gesels oor alles en krieket. So tussen deur begin ek vra oor die stand van sake met die trein en die een lig my in dat sy pa een of ander grootkop op ‘n stasie is en dat die trein eers na 10 in Kolkata gaan aankom. Dit beteken ons rit gaan verleng word met nog twee ure, my moed sak in my skoene toe ek sien dat ek dit nie gaan maak met sigarette nie, by die volgende stasie spring een af en gaan soek sigarette maar kom leë hande terug. Almal is vriendelik en ek kry genoeg nikotien in tot in Kolkata. Met ons afklim in Kolkata kyk ek terug oor die lang spoorlyn wat vir soveel mense ‘n bron van kommunikasie is, en ek besef dat dit nie my mees aanbevole manier van vervoer ooit sal wees nie. Ons drentel ingang toe en soek ‘n taxi, terwyl ek die stasie verlaat kry ek hond se gedagte en besef dat dit nog nie die punt is nie maar slegs ‘n koma. “Exit stage left, persuaded by a Tiger”

Wednesday 13 February 2013

'n Boertjie se Travels: India, hoe de dinges


Varansi – uit stof is jy gebore......

Herman Roos
Main Site for Cremation

Herman Roos
Verdwaal in nou steggies

Herman Roos
Sweet en sy  Seun


Daar is iets aan trein ry, ek het al baie mens hoor se dat dit die lekkerste is om te doen, ons rut van new Delhi na Varanasi was geboek op ‘n oornag trein  en dinge het soos alles in india op tyd begin, maar is op die ou end vertraag met twee ure. Die nag het ek nie geslaap nie, deels omdat liefie siek is, en ek te lank is vir die bankie, genadiglik kon ek die deure van die trein oopmaak en darem so ‘n rokie maak. Trein ry in india het ‘n dinamika van sy eie, eers is dit die wegpak van sakke en vassluit van jou bagasie, dit nadat jy die ou aan die oorkant moes laat verstaan dat hy jou bagasie se plek gebruik en eerder sy eie moet gebruik. Die tweede fase is die bekendstelling en in gebroke Engels moet jy verduidelik van waar jy kom. Fase drie is ete en dan vir ‘n kort tyd hou almal hulle monde, nie uit respek uit vir die ander wat eet nie, maar net die blote feit dat die kos jou brand en jy nie kan praat nie, dan fase vier almal drink hulle chai in stilte, en net as jy dink die stilte gaan aanhou begin die wetters weer babbel, en dit is loud, jy kry nie geslaap nie. Eers hier teen 12uur die nag begin dit stil word en jy sluimer ook maar in. Maar iewers sal ‘n weter dit sy punt maak om die hele nag te praat en kuier en dit steur niemand nie, dit kuier asof hy trein ry vir die eerste keer. Fase vyf begin as die staff op die trein 5 uur al begin om op en af te draf in die nou gangetjies en kort, kort jou voete van die bank af stamp. Dan is jy wakker, ontbyt word bedien wat ‘n mengsel van omelette en nog spices is. Gewoonlik is die atmosfeer gedemp dan op die trein tot jy so uur van die stasie af kom. Dis dan asof die klomp wat laasnag klaar gekuier het dan weer ‘n nuwe storie ontdek en dit raas aanhoudend. Die laaste fase is die afklim, daar is nie ‘n reël van jy is polite nie nee, jy stamp en stoot jou weg uit anders bly jy agter en klim dalk eers op die volgende stasie af. In india toon jy geen respek as dit kom by loop nie, as die ou voor jou te stadig loop na jou sin, stamp jy hom uit die pad uit. Die trein stop net vir 5 min en dan moet jy af wees. Jy druk voor die mense in en skel sommer op die ou voor jou as hy drentel. Dit word glad nie as ongeskik gesien as jy dit doen nie.

Varanasi, ‘n heilige stad op die heilige rivier Ganges. Die geskiedenis lei dat die heilige Lord Shiva opdrag gegee het dat die stad meer as 7 duisend jaar terug daar gebou moet word. Geskiedkundige kenners verskil daaroor en party se dat die stad 3000 jaar oud is. Die naam Varanasi kom blykbaar van die oorspronklike stad Varun wat verder op noord was en ‘n ander stad Assi verder suid. Die geskiedenis wat elke tweede ou jou vertel verskil en ek besluit toe om te gaan google, nêrens kan ek konkrete bewyse kry dat een van die honderd stories die waarheid is nie. Ek besef dat as mens iewers tussen geloof en feite verdwaal, jy ‘n hele volk kan laat verdwaal.Waarheid is nou nie juis belangrik nie, solank jy net die geld uit iemand anders se sak kan kry en in joune in. So tussen die stories deur probeer ek en lief om nie te verdwaal nie, en hou maar kop bo water. Hier gaan ek nie verdrink nie.
Met ons terug tog van die creamation site af, na ons amperse bakleiery of eerder ek wat amper die Indiër geneek het, sien ons ‘n jonge dame wandel in die rigting van die plek. Ons stop haar groet vriendelik en waarsku haar teen wat gaan voorlê, veral omdat sy vrou is en ‘n kamera het wat om haar nek hang. Sy glimlag se dankie en trek daai hardegat traveler houding wat ons al te goed ken. Ek noem dit die “ek het al getravel sindroom” alle travelers lei daaraan en die een of ander tyd trek ons mos daai sindroom uit, maak of jy alles weet van alles en almal af, en dan pappie dis wanneer die dinges spat. Ek en liefie groet die dame en loop al foto nemend teen die Ganges af. Lief geniet dit om haar camera rond te swaai en neem die een foto na die ander, ek kyk terug en sien dat daar ‘n klomp van die creamtion site af ons agtervolg. Ons vorder en elke 5min herinner ek Lanel dat ons moet beweeg. Ek is nie hier al lus vir ‘n vuis swaai nie en gaan ook nie ons spending geld gebruik om die polisie om te koop om die ondersoek of saak te laat verdwyn nie. Na ‘n ruk sien ek hulle is weg, ek stap na ‘n straat verkoper, kry twee bottels water en maak eers goed seker dat die seels nie gebreek is nie. Die gestap en foto nemery begin lekker raak, maar die son begin sy tol eis. Ons bespreek die situasie en al twee van ons herken dat die onsmaaklike situasie ons nerwe behoorlik klaar het en dat die koelheid van die kamer en ‘n yskoue coke nou die ding sal doen. Ons stap rustig terug terwyl liefie nog hier en daar foto’s neem. Net voor ons die links afdraai vat na ons gastehuis, kom die dame aangestap, haar Chinese gelaatsrek bleek. Die arme dame staan en bewe so groot soos sy is, en nie ver agter haar nie sien ek die twee wat ons agtervolg het. Ag nee se gat dink ek, nou moet julle maar kom, ek voel, voel na my leatherman en maak seker dat as ek moet, ek twee longe sal saam vat in die proses. Lanel gesels en ons besluit onseremonieel dat ons almal gaan terug keer gaste huis toe. So ontmoet ons vir Carli die Kanadees van Chinese herkoms. Sy bly ook by Ghanpati en met die terugstap neem ek waar dat die twee dames mekaar se geselskap geniet. Dit sal goed wees, lief is nie soos ek wat somer met enige een staan en gesels en dan pelle maak nie, maar nood en lot het hier hulle spinnerakke geweef en die twee stap en kuier. Dis wonderlik, nou kan sy ook bietjie kuier met iemand anders en die ou war stories gaan uithaal. Ons spreek af dat ons laat die aand saam na ‘n eetplek gaan soek en dan so bietjie van die senuwees gaan uitlag. So skuins na 6 met die son wat sak oor die heilige Ganges bestyg ons die 7 verdieping hotel se trappe om op die dak ‘n ietsie te nuttig. Ons bestel ietsie te drinke wat darem nie volks vreemd is nie en gesels en lag oor die dag se gebeure, volgens al die webtuistes wat ons besoek het, is die plek hoogs aanbeveel en ek besef dat dit nie ‘n traveler se eetplek is nie maar eerder die high society se wegkruip plek van die werklike. En dis ses keer die prys van die local straat restaurant, my kop se nee maar my maag oorwin die interne geveg, ek kan nie meer hierdie brandende kos hanteer nie.  Ons beloer die menu en vind dat alles maar aan die brand kant sit en besluit maar op die veiligste opsie butter chicken, dit brand darem nie so erg nie en met ‘n kombinasie rotti en naan gaan dit nie sleg af nie. Lanel en Carli kuier, die Kanadees het darem al die wêreld vol gereis en daar word stories uitgeruil, ek gaan vertoef op die verste punt van die balkon en trek aan die Indiese Marlboro sigarette wat ingevoer is van Suid Afrika deur Philip Moris. Ek gee so gryns laggie oor dit en wonder oor die global village waarin ons bly. Onder ons op die trappe vind een of ander fees plaas ter viering van Shiva. Ek probeer uitmaak waaroor dit gaan, maar kom nie veel verder as my eie afleidings nie. Na ete gaan loer ons vinnig by die fees in en word verstom deur al die klanke en kleure. Met die terugstap besluit ons dat ons die volgende oggend vroeg op ‘n roei boot wil gaan en net rustig die rivier inneem. Ek onthou dat daar ‘n oulike seuntjie die middag sy pa se arms vir ons kom aanbied het, ons stap terug na die kaai waar ons Sweet en sy laitie die middag ontmoet het. Ons kry hulle waar hulle sit en babbel met ander en ons maak die rëelings vir die volgende oggend 5 uur. Dit is vroeg, en die opstaan gaan swaar wees, ons groet en verkas na ons kamers. Die nagrus gaan beter en die volgende oggend maak die lawaai van my wekker ons wakker. Terwyl ons afstap na die kaai vee ek die slaap uit my oë en bly maar stil. Oggend so vroeg opstaan is nie goed vir my moer meter nie, en netnou kom ek baie ongeskik voor. Sweet roei ons eers suid en na ‘n ruk draai hy noord. Dit gaan goed, hy vertel ‘n stukkie geskiedenis van elke gebou, maar ek volg nie. Die boot lek darem nie, ek is maar bang vir die water, in my gedagtes sien ek die goggas wat rond krioel, en ek kry so rilling in my ruggraat af. Sweet roei dat dit klap en bring ons nader aan die creamtion site. Hy parkeer sy skippie amper teen die wal en vir die eerste keer kan ons ordentlik ‘n hele cremation sien. Die aangeleentheid begin waar die gesin die eerste helfte van die hout pak, dan word die stapel met wierook en allerhande persoonlike besittings bepak. Dan word die liggaam op die brandstapel gesit. Die laaste hout word opgepak en dan word daar weer wierook en ander dinge oor die stapel gegooi. Die familie wat slegs uit mans bestaan begin dan saam met die priester in sirkel om die stapel stap, die stap verteenwoordig die 5 elemente en met elke sirkel om die liggaam verteenwoordig die familie een element. Die laaste is dan die heilige vuur wat deur Shiva self aan die plek gegee is en dit brand al vir meer as 7000jaar en word in die heilige tempel van Shiva gehou. ‘n Familie lid neem dan van die heilige vuur (wat gekoop is van die Mafia teen ‘n prys wat bepaal is deur jou inkomste klas) en steek die stapel aan die brand. Lanel steel nog ‘n foto en die keer is daar nie ‘n Mafia wat ons aanval nie. Sweet gooi sy arms in eerste rat en ons trek soos die Titanic oor die Ganges, en ek bid dat ons nie sink nie. Ek kyk op my horlosie en beduie vir die twee vrouens dat dit ontbyt tyd is. Op die gastehuis se dak neem ons stelling in en bestel eers tee. Die wind het ‘n lastigheid begin ontwikkel en ons kry die reuk van gebraaide vleis in die lig, ons kuier en kort, kort kla lanel dat daar iets in haar kontaklense vassit. Ek begin oplet en sien dat daar ‘n fyn as laggie vorm op die tafel.  By die tafel agter ons is daar ‘n baie opgewonde gesprek en die twee New Zeelanders beduie verwoed na rivier en almal begin deel neem aan ‘n gesprek oor of die ding wat daaronder dryf ‘n lyk is of nie. Ek gryp die canon 5d neem ‘n foto en zoom in, wragtig dus ‘n lyk, ag nee sis man merk almal op. Terwyl ons die saak bespreek roei ‘n ou nader lig sy spaan op oor die lyk en seil rustig voort, in die minste gesteur oor wat voor hom in die water dryf. Later vind ons uit dat heiliges, swanger vrouens en kinders nie gebrand mag word nie en word hulle in die rivier gegooi. Ons omelette kom uiteindelik na meer as ‘n uur en ons nuttig ons ontbyt terwyl die wind sy lastigheid voortsit. Ons verken die nou gangetjies om die plek en loop rond in local mark. Die dag sleep sy voete verby en ek sleep agterna. Ons verneem dat die aand daar ‘n groot fees gaan plaasvind op die hoof ghat. Ons gaan reël dadelik met Sweet vir ‘n nag trip op die Ganges. Ek maak gebruik van die geleentheid wat homself openbaar en snork die middag om. Sweet is sweet soos gewoonlik en sy arms swaai die spane en stuur ons mooi in die rigting van die hoof Ghat. Ons beleef die fees van die veiligheid van die boot en saam met die ritme van die musiek word ons vervoer na die oostelike oewer van die Ganges. Die wit sand kraak onder my skoene, en in vir ‘n klein oomblik het dit gevoel ons is terug in Zanzibar, ek neem stelling in terwyl die vrouens hulle kamera toerusting opstel. Die polisie verlaat die oostelike bank op hulle speed boat en ek neem tweede stelling in. Die oorkant is ‘n skouspel van ligte, klank en kleur. Ons vergeet van die tyd en na ‘n ruk kom ‘n ongemaklike Sweet nader, ek lees die brief in sy gesig en besef ons moet vaar. Die nag bied ook geen uitkoms vir ons van die hitte nie en ons gaan vertoef in ons kamer. Die rustigheid van Ghanpati gastehuis oorval ons die volgende oggend en ons kry vir ons ontbyt met ‘n mengel as wat die lastige wind aandra. Carli sluit by ons aan en sy verduidelik dat sy die volgende dag moet terug Delhi toe. Goed besluit ons en ons stel voor dat ons haar sal vergesel tot by die stasie en help waar ons kan. Ek kan sien dat die sindroom van “ek het al getravel” haar ontwyk het en dat ons hulp waardeer word. Ons gly deur die nou gangetjies en na 15min se stap kry ons ‘n tuk-tuk. Die onderhandelings proses begin en uiteindelik kry ons een wat ons voel darem regverdig is. Ons draai hier, en daar, en toe ek sommer die toeter wil druk vir die drywer se part werk die nie, hmmm dink ek dis natuurlik soos als in india jy kry dit waarvoor jy betaal. Die stasie is ‘n abnormale miernes en selfs die local ouens kla, snaaks dink ek, terwyl ek rustig aan my sigaret trek en my nie steur aan die “nie rook” bordjies nie. Lanel en Carli het in die ry gaan sit om te kyk of daar nie ‘n oornag trein vir Carli is na Delhi nie. Die aircons werk, maar ook net as die krag aanbly. Net as dinge begin vlot loop by die rekenaar gaan die krag af en almal wag. In die donkerte van die foreign tourist office kry my vrou ‘n sparkie en sy besluit om ons trein kaartjie van Kolkata na Delhi met nog ‘n dag te vervroeg. Ek is natuurlik salig onbewus van al die verwikkelinge, en die terwyl ek my aan al die mense geklee in oranje wat soos miere hier by die stasie uitpeul verwonder, druk liefie die nuwe kaartjie onder my neus. Ons hol en kry weer ‘n tuk tuk, dit tref my eers toe ons al amper halfpad is na Babba Black Sheep wat aan gaan, sy het ons tyd verkort in Kolkata, en ‘n effens langer trein rit bespreek. Ons spring af by Baba Black Sheep en die twee vrouens verdwyn in die geboutjie en begin serpe kyk. Na ‘n ruk trek ek my gat in ‘n krul en trek straat af. Dis die Moslem gebied hierdie, besef ek en stap rustig van een winkeltjie na die ander, niks interesseer my nie en ek draai terug. Meer as ‘n uur later bevind ek myself weer in Baba Black Sheep se kloue, en moet ek herken begin ek die verskille tussen satyn, pashmina en al die ander stowwe interessant vind. Ons baljaar in die verskillende serpe, ons groet en al twee die dames stap uit met sakke vol serpe. Carli begin opgewonde raak en benoud dat sy nie betyds gaan terug wees in Delhi om haar vriendin te ontmoet nie, en ons stem in dat sy die tab kan gebruik en eers haar vlieg kaartjie boek. Ek en lanel gaan vertoef in ons kamer en net toe ek dink dis slaaptyd is daar ‘n klop aan die deur. Carli se vlieg kaartjie is geboek. Sy gaan iets eet en dan is sy weg. Ons slaap rustig die middag ete om en stap uit in die nou gangetjies. Die algemene higiëne in india is op sy beste uiters swak maar hier in die nou stegies van Varanasi kry dit ‘n ander betekenis, weens die tekort aan ablusie geriewe is dit nie snaaks as mense urineer in die gangetjies nie, en dan kry jy die bruin hopies wat orals rondlê, dit is gewoonlik die van beeste of honde en dan en wan kry jy die reuk van mense sin ook. Dis hier waar my konstitusie amper uitmekaar geneuk het, terwyl ons so in die gangetjies rond swerf opsoek na ietsie te kope, sien ek hoe ‘n man broek aftrek en skyt net daar in die straat. Ek gril en besef dat die stront waarin ons kort, kort getrap het as jy moet geepad vir die hordes motorfietse, mense en beeste wat somer hier in die straat slaap dalk mens mis kan wees. Gelukkig was ons elke keer ons skoene met Surgical Alchol en Saflon. Ons kry vir Carli in die German Bread Bakkery in een van die nou gangetjies, die plek word oorgeverf en ons word so effens vergas. Ons sit en kuier vir oulaas, die waiter het ook sommer besluit hy gaan by ons gesprek aansluit en sit en luister aandagtig na alles wat ons se. Ag nee man dink ek dis mos nou baie ongeskik. Ons besluit dat dit tyd is om te gaan en groet ons groet. Ek en Lanel kyk hoe Carli in die stegies tussen die massas lywe verdwyn en ons begin stap. Eksplorasie seisoen is weer oop. Varanasi is nie jou maat as dit by rigting en strate uitfigure kom nie, nie eers my selfoon se gps en google earth kon ons help nie. Na ‘n lang tyd begin ons besef dat as ons nie omdraai nie, ons nie weer gaan terug kom nie, ons het mooi netjies verdwaal. Dit vat ons meer as ‘n uur se loop om ‘n bekende plek te kry, en dis hier waar ons die mees interessantste manier sien van dreine skoonmaak, drie ouens staan om ‘n oorval gat en een spring in die stront water in, terwyl die ander ‘n tou vashou, na ‘n ruk kom hy op met die gemors in sy hande en gooi dit in ‘n emmer, en so herhaal die drie die proses tot die drein weer oop is. Ek kyk na die storie en hou my maag op hok, selfs nou as ek daaraan dink maak my maag ‘n draai. Terug by die kamer begin ons pak vir die trein rit na Kolkata en soos gewoonlik deur die loop van ons besoek in Varanasi is die krag weer af, vir die honderdste maal. Ons maak seker alles is gepak en stort vir oulaas die veilheid van die dooies van ons af, dit bied slegs tydlike lafenis. Ons kry ons aircon taxi en verduidelik die drywer dat ons eers by Mc Donalds wil stop voor hy ons stasie toe vat, hy skud sy koppie in die regte Indiër manier en se “yes”, nou wat is dit nou eindelik, ja jy kan, of nee jy kan nie. Ons gly deur die druk verkeer en toe ons, ons oë uitvee stop meneer reg voor die stasie. Tipies dink ek by myself, en ek begin ‘n diep wroeging in myself kry oor mense wat se hulle verstaan Engels en dan geen benul het wat jy vir hulle se nie, dit nadat jy in die swakste en mees ongekompliseerde Engels vir hulle iets verduidelik. “First go Mc Donalds then train station”, ʼn normale engelsprekende mens so jou skeef aangekyk het en gese het,” So you want to go to the Mc Donalds before you go to the train staion?” maar al wat ons kry is die Indiër kop skud en “YES”. Ons sukkel deur die sekuriteit punte en na ‘n goeie druk en stoot sessie kry ons uiteindelik ons perron, die was blykbaar deel van die oorspronklike stasie en in die vervallenheid kan jy darem nog die Victoriaanse boustyl sien. Die een trein na die ander trek in op die stasie maar nie een is ons sin nie, die krag is soos gewoonlik af, na ‘n gesukkel kom daar ‘n vriendelike stasie bevelvoerder aan of tenminste lyk dit of hy een is en deel ons mee dat die trein weens weer met 2 ure vertraag is, ons kry twee Amerikaners en gesels maar so in die lug oor die dinge van Varanasi. Ek stap op en af teen die perron, terwyl Lanel kort, kort haar voete moet oplig vir die rotte waar sy op die bankie sit en wag. Ek kry ‘n alleen plekkie en neem stelling om ‘n twakkie te maak, die mense hol heen en weer en die eerste bui reën sak uit, dis lafenis vir die siel en dit breek die ergste hitte. Ek geniet die reën en my sigaret so dat ek nie die aap sien afklim het teen die pilaar langs my nie, meneer sit ewe ogies en maak vir my, wil hy nou ook rook dink ek en lag saggies, met eens besef ek dat Jack en Hayden besteel is deur ape en ek probeer die ding wegjaag, sal hy nou wragtig vir my tande kom wys. Ek besluit dit wys en geepad so twee tree, iewers skielik verskyn ‘n ou hier om die hoek met ‘n stok en swaai sy vinger na my toe en se “No,No”, ek besef dat dit een van die stasie personeel is en dog die sal die aap wegjaag, hy verdwyn weer om die hoek en die aap ook.  In retrospeksie kan ek dit insien dat hy die hanteerder is en dat dit die manier is hoe hulle mense besteel. Ek verkas terug na waar Lanel sit en ons vergaap ons aan die rotte wat groter is as katte wat doodluiters tussen die mense rondhol, en dit pla niemand nie. Die stasie bevelvoerder kom maak weer ‘n draai en het dit blykbaar sy punt gemaak om ons op hoogte te hou van wat met die trein aangaan. Ons waardeur dit ontsettend baie dat hy dit doen en toon die nodige respek met goeie golden handshake. Na meer as amper vyf ure se wag en vier ure se vertraging  sit ons semi gemaklik op ons bankie oppad Kolkata toe.

Tuesday 12 February 2013

'n Boertjie se Travels: India, hoe de dinges.


Agra: ‘n Dollar vir elke lieg storie.


Herman Roos
Ek voor Ons gaste huis in Dehli

Herman Roos
Lanel saam met Nathan rn Virgini.

Herman Roos
Ek saam met Nathan en Virgini


 Vyf uur kry ons die drywer en sy kar en begin die 4 ure lange tog na die Taj Mahal in Agra. Ek sit voor en gooi my kop agteroor en slaap vir so rukkie. Teen agt uur word ek wakker en bel dadelik vir Dokter Malik en vra hom om net na Lanel te gaan kyk. Ek voel nie goed nie, dis aaklig dat my vrou nie saamgaan nie en dat sy nog siek is ook daarby. Met die laaste opdragte aan Malik lê ek terug en slaap nog so rukkie. Iewers skielik stop die drywer by ‘n restaurant sonder om ons mee te deel. Ons staan vas buite en wyer om in te gaan. Ons wil Agra toe en nie nog tyd mors met die soort van strooi nie. Hy drink eers sy tee. Uiteindelik in die pad. Dit was nie lank nie of ons stop weer. Die keer by ouens wat ape op stokke vir jou laat dans en toertjies doen. Ek neem ‘n foto of twee, groot fout. Die man begin op die venster kap en se ek moet hom betaal. Ek ignoreer hom en hy begin later skreeu. Na 2 Indiese minute kom die drywer aangedrentel en val ons in die pad, ek met my aap foto’s en die aap eienaar sonder ‘n dooie sent. Tien uur kom ons uiteindelik in Agra aan, ons sien vlugtig die Taj Mahal in die ry. Dit is darem magies mooi dink ek, wens net liefie was hier. Ek bel weer vir Malik. Nee dit gaan goed met Lanel, sy is beter. Aah my yster vrou dink ek. Ons stop by ‘n plek en in gebroke Engels verduidelik die drywer dat ons net ons gids optel, die twee souties strip hulle moere en na ‘n paar woorde ry die drywer weer sonder gids. Ek deel die drywer mee dat ek ‘n atm soek en wil geld trek, na ‘n paar draaie stop ons by een en die werk nie, intussen verduidelik hy dat die gids verniet is en dat ons reeds vir hom betaal het, ons stem in en se goed hy kan maar kom. Ek staan buite en maak ‘n twakkie. Die gids kom al telefoon pratende en met ‘n meneer houding aangestap. Ek maak klaar en staan nader om in te klim, die volgende oomblik klim meneer somer voor in en maak homself tuis as die nuut aangestelde baas van die plaas. Die twee Britte kyk die storie uit en maak opmerkings en aanmerkings, ek bly maar stil, verlang na my vrou. Ons kry ‘n ATM wat werk en ry stadig deur die drukunde strate van Agra in die rigting van die Taj Mahal. Die gids praat en babbel met ons drywer in Hindi en ons almal hou ons in. Met ons aankoms by die Taj Mahal word ons meegedeel dat ons vir omtrent ‘n kilometer moet stap om by die Taj uit te kom. Die gids babbel en traai ons, maar ons speel nie saam nie. Kry ons net in, ons sal die res self doen! Die sleg van gidse is dat hulle maak of hulle jou nie verstaan nie, of hulle wil jou nie verstaan nie, ons toon geen belangstelling in wat hy te se het nie en ons drentel maar so halfhartig agter hom aan. Ons neem foto’s en neem die prag van Taj Mahal in. Ek staan verstom deur die mense se pelgrims togte na die historiese gebou. Ons staan waar prinses Diane gestaan het en loop waar Morgan Freeman geloop het in sy fliek The Bucket List. Die gids babbel en ons kry die geleentheid om hom te ontwyk, maar Jack begaan ‘n flater en sluit weer aan by die gids. Die rëelings het iewers tussen Suid Afrikaner na Amerikaner na Brit deurmekaar geraak. Terwyl ons die linksom paaitjie vat oorval ‘n klomp Pakistani’s ons en wil hê ons moet foto’s neem saam met hulle. Dit is nie die eerste keer dat ek dit raakloop nie, ‘n klomp het saam met my vrou ook foto’s geneem by die Red Fort in Delhi. Ons glimlag breed en Jes se sy soek ‘n honderd rupee per foto, maar haar barganing skills werk nie en ons drentel aan. Iewers tussen die gebabbel van die gids hoor ek iets van edelstene en Suid Afrika. “ Would you please repeat that?” Vra ek. “ Yes,yes the Taj Mahal was build between 1631 and was finished in 1653. The gems that were used was mainly from Aisia, Belguim and SOUTH AFRICA.” Ek kyk hom ‘n kyk en begin in my geskiedenis laai rondkrap, Jan van Riebeeck ariveer in die kaap 1652, ek hardloop my google search enigine in my kop  en kry die “ No results page”. Diamante is eers ontdek in die laat 1700’s na 1800 toe, so dit beteken dat Jan van Riebeeck baie vinnig ‘n geheime myn moes grou en dit weer toegooi voor die wêreld dit hoor en stilletjies dit aanstuur vir die bou van die Taj Mahal, net voor hy klaar is! Ek dink toe dat dit dalk met Mapangubwe te doen kan hê, maar die wiskunde maak weereens nie sin nie. Ek bly stil en trek die ander drie nader en verduidelik vir hulle dat die ou lieg. Hyden kry so skelm laggie en begin vrae, vrae, na die tweede een besef ons dat die gids op sentiment speel eerder as feite en dat hy self nie eers die basissie feite van sy eie land se geskiedenis ken nie. Ek gee so kykie na bo en dank die hemelse vader dat alles goed gaan tot dusver en dat ek tenminste my feite ken oor my eie land se geskiedenis. Ons trek die verspotlikste ou katoen sokkies oor ons skoene aan en gaan die Taj binne Jack en ek steel foto’s en word verskree deur ‘n man wat eintlik net ‘n harde klap of viagra nodig het. Drie minute later het ons die vervalste grafte gesien want niemand mag die regtes besoek nie en word ons weereens deur gejaag. Buite neem ons foto’s maar binne mag jy nie! Wat se dom rëelings maak die mense. As ek die plek wil opblaas het ek nie foto’s nodig om dit te doen nie. Nee wat die mense is snaaks. Ons verlaat die Taj en drentel in die 48 grade Celsius hitte terug na die hek. Buite wys die gids vir ons ‘n limousine golf karretjie aan en ons neem twee,twee ons sitplekke in. Dis hier waar pappie nie net ‘n babbel hap nie, nee hy hap sommer so die stront ook saam. Nes alles in india, geld die reël dat as daar plek is kan nog klim. Dis warm almal sweet en ons is nie lus om opmekaar te sit nie, die volgende oomblik kom druk die gids sommer nog iemand hier langs my en Jack in en ek strip my moer, hy kan lekker gemaklik op die voor stoel sit en hoef nie ingedruk tussen iemand te sit nie en hy wil nie plekke ruil nie. Ek klim af en met my bedonerde Afrikaans skel ek hom eers. Toe verduidelik ek hom mooi dat ek nie tussen mense in die hitte gaan sit nie en eerder sal loop. Ek vat die pad terwyl die ander wag om verdere passasiers op te laai. Met elke tree wat ek nader aan die hoof hek gee strip my moer al hoe meer. Ons daag op dieselfde oomblik by die hek op. Die gids wil onverskoning vra en dis toe dat hierdie boer se moer nou heeltemal strip, ek gaan slaan my Engelse woorde boek oop en soek die perfekte Engels. ”Now you look at me, and listen carefully, I am a South African not British nor American, when I tell you I don’t want to sit next to people because I am sweating and it is hot, then I don’t want to, if you don’t have the basic concept of respect then you should not even be a guide. Where I com e from this type of f***g shit won’t be tolerated, next time you take a group out you respect them and their wishes.” Die sin was met nog meer gevleuelde woorde gevul en ek draai om en loop, ek gaan hierdie ou nou donner, nee ek gaan hom bliksem besef ek, hy is arrogant en irriteer my al vir die laaste drie ure. Ek koop water en ons klim in die kar. Jack en Hyden blaf die bevele vir die drywer vir pizza hut en ons almal stem in. Almal is nou moerig, want die ou hou net nie op nie, ek moet weereens op die agter seat gaan sit en dit is warm. By die Pizza Hut maak ons onself tuis, net voor ons begin ontspan stap meneer ewe la-di-da in, hy kyk my so aan en begin met “ Sir I am very, very sorry”. Jammer vir wat dink ek, jy weet nie eers vir wat jy jammer se nie, want jy verstaan nie eers die pleidooi wat ek aan jou gerig het ‘n half uur te vore nie. “ Kyk my  vriend of jy hou nou jou bek of ek bliksem hom toe!” snou ek hom in Afrikaans toe. “ What are you saying?” ek staan op en maak of ek die badkamer gaan soek want ek gaan die ou nou klap besef ek, en as ek dit doen dan sit ek met my gat in die tronk, en vroulief is siek. Terwyl ek wegstap hoor ek hoe hy begin se dat hy ‘n goeie gids was en dat hy ons gelukkig gemaak het en dat ons hom gelukkig moet maak. Toe ek terug kom, is hy weg en die ander drie lag laat dit bars, hulle deel hom mee dat ons Suid Afrikaners mense vermoor vir die grap sonder om te blik of te bloos en dat hulle dink hy eerder moet gaan want as ek terug kom, hy dalk net nie meer die volgende dag sal sien nie. So het hy die pizza hut verlaat sonder ‘n dooie Amerikaanse, Britse of  Suid Afrikaanse sent. Ons lag en gesels oor strooi, die ander drie besluit dat ons die fort in Agra nie gaan besoek nie, maar eerder terug trek Delhi toe. Ek wil nie saam stem nie en redeneer dat dit geld kos om te kom, nee se hulle, hulle is gatvol en Lanel is siek. Ek stem saam want my hart is by my vrou, maar ek wil ook nie hulle genot bederf nie. Ek herhaal weer dat hulle nie moet kanselleer weens Lanel en my nie, en hulle hou vol hulle wil terug gaan. Die terug rut gebruik ons om die spiere te ontspan en sommer lawwe grappies te maak van elkeen, ons neem foto’s van mekaar waar ons slaap en doen sommer regte kinderagtige dinge. So tussen deur slaap ons en na ‘n paar uur stop ons by ‘n pad restaurant. Ons koop almal vir ons iets te drinke en gaan staan in afwagting vir die drywer by die kar. Ek laat weet lief per sms dat ek oppad terug is. Sy antwoord amper onmiddellik terug en laat weet dat die medikasie werk, sy voel beter. Vroeg aand daag ons by die gastehuis op en almal verkas na hulle kamers toe, vir my en lief is dit die laaste aand in Delhi. Lief lê nog plat, sy het darem die straat bereik en ietsie probeer eet deur die dag. Lanel lê en ons gesels oor die dag se gebeure, na ‘n ruk raak sy weer aan die slaap en ek besluit om op die dak te gaan sit. Die dag se dinge maak my senuwees gedaan. Ek kry vir Jack en Hyden in die gang en saam gaan sit ons op die dak. Elkeen in sy eie wêreld van gedagtes. Ek gaan kyk of Lanel nog reg is en gaan weer terug dak toe, ek sit en staar oor die hele Sant Nagar om my, en hol ‘n klomp dinge deur my kop. Die vrae draai soos ‘n malle meule en ek soek antwoorde. More vertrek ons Varansi toe, ons Belgiese vriende kom kuier en lief lyk sleg. Moet ons nie maar eerder halt roep alles afstel en terug gaan huis toe nie? Of moet ons nog ‘n dag uitstel en dan kyk wat gebeur met Lanel? Ek sit net daar op die dak en bepeins die situasie. Jack kom later terug en ons gesels so flou weg. Die moeg begin ons almal vang en ek kyk so laaste keer oor die stad. Dis hier waar die besluit moet geneem word besef ek, is dit  die punt waar ons omdraai, of die koma waar ons aangaan. Met die ongemaklike besluit telefoon bewend in my hand, en die stres vir wat ek die familie moet meedeel, stap ek die trappe af. More na die Belge ons besoek het is dit sulke tyd, dan is dit klaar maak oppak en waai.  Vir halt roep is daar nie tyd nie. Nathan en Virgini kom laat oggend by ons aan, ons gesels terwyl Lanel wat baie goeie beterskap toon begin pak. Na alles rus sy ‘n rukkie en ons gaan besoek die local mark. Dit gaan goed en Lanel met die hulp van die twee Belge stry die arme Indiër dat sy oë traan en sy koop die bangels wat sy wil hê vir die skool konsert. Ons stap rustig en kuier,kuier deur die verkeer na die Mc Donalds, Lanel en Virgini koop elkeen ‘n burger en ek en Nathan herdink die burger ding en besluit dat ek gaan vir oulaas hier local eet. Die kos brand die dinges uit my uit maar ek is net te bly dat lief die kos inhou en dat haar maag stabiliseer. Die laaste fase breek aan en ek sorg dat die imoduim en metronodizile naby is. Ons durf die metro aan en dit gaan goed ot by New Delhi stasie. Met die afklim slag word ek sommer weer terug gelaai in die trein en ek besef as ek nie hier my buffel streke gaan uithaal nie ek saam na die volgende stasie gaan. Ek hak eerste rat en stoot, en daar trek die klomp wat wil op sommer so saam met my uit. Hulle vloek en skel my in Hindi en ek gee so bedonerde kyk en spreek ‘n paar gevleuelde woorde in Afrikaans. Die trein vertrek sonder hulle en ek kry sommer so lekker gevoel binne my. Ja julle ongeskikte donders, julle klomp Indiërs druk mos voor almal in en druk almal uit die pad uit, nou het julle te doen gekry met ‘n regte beneekte Suid Afrikaans gekweekte boer, dink ek by myself. Ons kry vir Lanel en Virgini in die massas mense en vat die pad na die stasie. By die stasie groet ons, ons groet, en ek kan sien die twee Belge wil nie regtig afskeid neem nie, ons draai en drentel en uiteindelik kom die afskeid tyd, ons groet, maar dis nie die lasste groet nie weet ek. Ons sien mekaar binnekort. Ons sit op perron 15 en daar sluit toe nog ‘n groep van baie onsekere Belge by ons aan, ek let op wat om my aangaan en sien hoe ‘n ouerige vrou net daar op die perron haar self laat gaan. Eers stry ek en lief en na ‘n recon besef ons al twee dat sy net daar geürineer het. Dit wemel van mense om ons en kort voor ons val ‘n man flou, ek kyk hom aandagtig aan, asemhaling vlak, uitgeteer, swere op sy voete, definitiewe tekens van ondervoeding my voorspelling is nie goed vir hom nie. Ek gaan roep die stasie polisie en verduidelik die situasie en dat die man ‘n hospitaal nodig het, hy roep op sy radio en verdwyn. Die mense loop om hom en nou en dan skop iemand hom om hom uit die weg te laat kom maar sy respons is maar swak. Die lewe is ook maar nie veel werd as jy nie geld het nie besef ek. Met die gedagte wissel ons van spoor en ek besef niks is ooit ‘n definitiewe punt nie, slegs ‘n koma iewers weggesteek in die vreemde van ‘n vreemde land of plek. Ek kyk terug oor my skouer soos Lot se vrou, en besef die sout wat ek nou eet sal ek darem nie word nie. Die nag omvou ons met sy warm koeligheid, lief lê en slaap. Die imoduim en metronidazole doen hulle werk, en by die deur staan ek vir oulaas en uitkyk voor ek my sitplek in neem vir die reis wat voorlê.