Kolakta – Moedertjie genade
Ons Eerste Kamer by Crazy Wanderers |
St. Pauls |
Queen Victoria Memorial |
Die oggend steek sy kop oor die boom toppe, die
gedreun kom aangerol deur die woud. Almal spits hulle ore, tussen die riet gras
sien jy die gekwispel van ‘n stert, tog so ver tog so naby, die gids beduie
opgewonde in die rigting van die Bengaalse tier. Almal is penorent. Die video
graaf hou sy kamera styf vas en die aanbieder kan nie sy opgewondenheid beteël nie.
Die video het my hart met ‘n punt na die Sunderbans laat trek om die Bengaalse
tier te sien, maar fate het haar web gespin en vir die eerste keer moes ek die
aftog blaas.
Ons het net afgeklim in Kolkata na ‘n 23 uur treinrit. Ons volg die aanbevelings van ons home stay
eienaar in Kolkata tot op die laaste letter uit. Dit reën saggies terwyl ons
deur die verkeer druk na Rupak, in die drukkende hitte vind ons die reën die
wonderlikste naas die uitvinding van ‘n aircon. By die brug by Dum – Dum Nagar ontmoet
die maer en tingerige Indiër ons, hy spring in die taxi beduie in Bengali iets
en ons glip in tussen die nou straatjies. Ons klim af en hy groet oor
vriendelik. As hy nie ore gehad het nie sou sy glimlag reg rondom sy kop gegaan
het. Instink skop in en my hare op my rug begin regop staan, hier moet ons
versigtig trap, ek lees die vrees in Lanel se oë en ek stel haar gerus dat as
dinge nie uitwerk nie ons dadelik vir ons ander blyplek kan kry. Terwyl ons
aanstap na sy huis maak Rupak eers seker ons het ‘n opsie twee. “ Please if you are not comfortable, just tell me and I
will arrange a alternative place for you.” Drie draaie later tien
stegies en nog tien draaie later bevind ons, ons self voor die huis van Rupak
wat ook dien as basis vir sy Crazy Wanderes uitruik program. Hy neem ons op na
die tweede vloer wys vir ons, ons kamer aan en se dat as ons klaar is en
gemaklik is ons by hom moet aansluit vir ‘n koppie chai in die voorhuis. Ek kyk
om my rond in die kamer, hier loop kakkerlakke rond so groot soos rotte en rotte
so groot soos katte. Die huis is definitief ‘n hele paar jaar laas skoongemaak,
die portrette wat die slumkids op die mure verf help darem om die atmosfeer so
beitjie te lig. My gemoed vaar nie wel nie, wel as mens wil travel kan mens nie
altyd 5 ster gaan nie iewers moet jy soos C. Johan Bakkes dit stel “ Jurt kak
eet”. Ons begin met die ritueel van ontsmetting van beddens, wat weereens net
planke is wat opgemaak is soos matrasse. Die badkamer en toilet word gedeel met
almal in die huis en dit lyk darem gangbaar. Die ergste is dat ons, ons skoene
moet uittrek net voor ons die huis in gaan en ek sidder aan die gedagte. Ek en
Lanel kyk vir mekaar, “Dink jy dis ‘n goeie idee, ek vertrou nie die ou nie my
vrou!”. Lanel is ook nie rustig nie en ons besluit dat ons een nag daar sal
bly, as ons nie gemaklik is nie dan kry ons vir ons ander blyplek. Ons sluit
aan by Rupak in die voorhuis waar hy reeds besig is om vir ons chai voor te
berei. Hy deel ons mee hoe die slumkids program werk en dat hy graag hulle die
selfde geleentheid wil gee as ander. Tussen baie grappies en nog chai deur kry
ons die idee wat hy besig is mee, maar my kop se vir my hierdie ou kan ek nie
vertrou nie. Die verblyf kos amper niks nie, dit sluit etes in die aand in, hom
as persoonlike toer gids in die area, en
gratis chai, en dan ook nog al die grapies wat hy vertel, onjs le soos ons lag
terwyl hy die een stroie en grapie na die ander vertel, maar vertrou kan ons
net nie, iewers is hier ‘n Bengaalse slang in die gras. Laat middag sluit nog
drie mense by ons aan, hulle deel saam met ons die huis vir die volgende twee
nagte. Ek en die Kanadees gaan staan buite terwyl Lanel kennis maak met die
twee dames een ‘n Amerikaner en die ander ‘n Australiër. Ons gesels oor ons
ervaringe in india, politiek en oor Suid Afrika. Nou kyk daar is een ding wat
jy nooit doen as jy met ‘n ander man staan en praat oor sy eie land, moet nooit
meer as hy probeer weet en hom probeer leer oor sy eie land nie, leer eerder by
hom, en moet hom veral nie kom probeer leer as jy jou tyd net in nag clubs en
bars spandeer het nie. Ek en die man kuier, maar ek hou nie baie van hom nie,
sy houding stink en hy probeer my leer oor my eie land. Ek maak verskoning en
hy neem somer aan dat ons saam met hulle ‘n bottel gin of twee gaan drink. Ek
wys dit vriendelik van die hand en verkas terug kamer toe. Die nag gaan nie te
sleg nie, ons lywe het die harde beddens gewoond begin raak, en slaap het nou
meer as net ‘n luuksheid geword, ons is nou definitief afhanklik daarvan. Die nuwe
dag bring nuwe uitdagings, Lanel besluit dat ons moet bietjie gaan rondsnuffel
in Kolkata en gaan kyk watse historiese lesse ons kan leer. Ons vat die eerste
beste tuk-tuk vanaf Dum-Dum Nagar na die Metro stasie. Op pad soontoe word ons
herinner aan die reuke van verotte vis, riool en enige gemors wat jou brein aan
kan dink en uitgrawe uit die diepste donkerste gat. Ek hou noord met my maag en
op die aanloopbaan na die Metro stasie het my maag amper suid gedraai. Nie dat
dit enige iemand sou gepla het nie. Ons druk, stamp en stoot tot op die trein,
wat met geen lugversorging het nie, en dis hordes van een stasie na die ander. Die
vroue stem wat elke stasie aankondig klink net soos die vroue stemme wat deur kommunistiese
China gebruik word. Dit is nie ‘n skok toe ons uitvind dat Kolkata wel onder kommunistiese
beheer vir baie lank was nie, orals sien mens die hammer en sekel, en op elke
straat hoek is die luidsprekers nog duidelik sigbaar. By Maidan stasie klim ons
die trappe na die oppervlakte en draai links uit verby die grootte Tata Steel
Park en sy dam wat nie water in het nie, en deur ‘n hordes polisie beamptes
bewaak word. Tata is die grootste maatskappy in india en doen enige iets van
staal tot water amper soos die maatskappy met die Tier op hier by ons. By die
hoek groet ons die standbeeld van Indira Ghandi en draai weer links af na die
Victoria Memorial. Die tuin staan soos ‘n seer oog uit. Die gebou is in ‘n puik
toestand, beter as enige Indiese standaard en ons verlustig ons aan die koelte
wat die pragtige bome ons bied. Soos gewoonlik mag ons nie foto’s neem nie en
ons toer vinnig deur die geskiedenis van
Kolkata. Ons besoek St Pauls Chathederal en gly verder in die straat af
opsoek na die Amerikaanse Ambesaade Mc Donalds. Na meer as ‘n uur en ‘n half se
loop en swak aanwysing en “ Just Two minutes Walking” kry ons uiteindelik ‘n
KFC, die hoender is vlam gat warm maar ons eet en bly stil. Die son het begin namiddag
toe trek en ek se vir Lanel dat ek nie kans sien om nog verder te gaan nie. Ons
kry ‘n taxi en gaan groet vir ou Qeeun Victoria vir oulaas by haar Memorial.
Die trein terug is nie te sleg nie. Ons besluit na die middag siësta om so
bietjie die local mark te gaan ondersteun om amper so last minuut shopping te doen.
Rupak het verdwyn en toe hy terug kom is hy duidelik omgekrap. Die Kanadees het
die twee dames omgepraat om saam met hom na Pakistan te gaan, en dan van daar
na Afganistan. Toe die Amerikaner terugkom val harde woorde tussen haar en Rupak
en sy maak haar breek Malasia toe. Die Australianer hou vol en sy vergeet dat
sy nie haar paspoort het nie, die is by die ambassade. Die middag laat sit ons
almal in die voorhuis en drink chai, Rupak praat met haar maar dis soos water
van ‘n eend se rug af. Ek praat lanel praat, maar Afghanistan wil sy sien. Ons
los dit daar.
No comments:
Post a Comment