Sunday, 10 February 2013

'n Boertjie Se travels: India, Hoe de Dinges


Delhi – Koma of Punt


Herman Roos

Herman Roos

Herman Roos

Herman Roos

Herman Roos



Ons betree ‘n ander wêreld, die eens spreekkamer het nog steeds nie sy klitiese voorkoms verloor nie. Ons word ons kamer onseremonieel aangewys en maak onself tuis. Beplanning het mos sy eie manier van dinge doen. In die kort rukkie wat ons, onself in Delhi bevind het, het ons ietwat ons stryk met tyd verloor. Tydens een van die velle bosberaad en konferensies wat ons hou, besef ons dat dinge nie so uitsien soos wat die brosjures en internet vir ons vertel het nie. ‘n Mens kry mos soms hond se gedagte en dan gaan alles op loop en jy begin sommer verlang na haas jag op die wes Transvaalse vlakte, na ons bosberaad gaan maak ek ‘n rokie onder in die sypaadjie ( dit wat nog oor was van die sypaadjie) ek kry so hond se gedagte terwyl ek rook en wonder so by myself terwyl ek haas jag so oor die vlakte “Wat het julle besiel om hiernatoe te kom. Kyk waar is jy! Wat gaan aan met jou?” Nou ja net soos met ou snippie agter die haas aan in die gat in, besef jy net soos hy nou is jy in die strooi, want reverse het iewers sy rat verloor en dus nou net vorentoe al is dit in eerste rat. Los sal jy nie tot jy vir haas se kind gevang het nie al is dit nie vandag nie.
Die haas jag is gou gedemp met liefie se stem hier kort agter my, die eksplorasie seisoen het geopen en dit begin al na die namiddag se kant toe staan, ons vind uit met al wat ‘n tegniek tot ons beskikking, waar ons kan gaan eet. Die stappie vat ons ‘n goeie ent van ons bekende omgewing af. Die son het gaan wegkruipertjie speel en die drukkende hitte was definitief nie lus om saam te gaan speel nie. Die mengsel van mense, geraas en reuke gee ons so effense euforie net voor ons die aangewysde restaurant betree, ons bestel butter chicken en naan met ‘n ekstra lappie rotti, die kos is smaaklik, ons sit en gesels en skraap moed bymekaar voor ons die terug tog aanpak. Met die terug tog begin ons besef wat om ons aangaan, die dag se rickshaws word sommer so in hulle hordes langs die straat geparkeer en die verkeer en mense moet dan meeding om deurgang te kry op die enkel baan wat nog oor is. Die roete het ons ‘n goeie kilometer van ons herberg afgevat, maar ons magies is vol en die euforie van ‘n vreemde land het ons bestyg, ons neem alles om ons waar maar niks registreer nie, eers toe ons by die vullishoop verbystap, wag kom ek verduidelik hoe werk vullis in India. Eerstens word alle vullis vroeg oggend bymekaar gemaak deur ‘n persoon, dan karwei hy dit na ‘n sentrale punt in ‘n straat, daar word dit op ‘n hoop gegooi en kan dan tot ‘n week vat om weggeneem te word. Die tydlike afval terrein is tussen besighede en huise. Mense en diere loop tussen dit, oor dit en party skrop deur dit. Die afval terrein is gewoonlik ‘n ou vierkantige gebou wat een of ander tyd as iets gedien het, ‘n hele area ( wat binne loop afstand vir die vullis manne is, dit kan 5 blokke wees) se vullis word hier gedump. So in die verbystap by die vullishoop tref die realiteit van die ongemaklike geure ons en vergete is ons aandete, ek kry so huppel in my stappie en hou koers, beide in my maag en rigting. Die aand gaan beter, die slaap plek is skoon en netjies en ons gaan slaap op semi harde beddens. Maar ‘n man slaap mos nie rustig die eerste aand op ‘n nuwe plek nie. Die volgende oggend is ons maar vroegerig op hier om en by 4 uur SA tyd. In die rustige Indiese oggend ure ontmoet ons Malik se vrou, sy bring chai en gekookte eiers vir ons ontbyt, aan tafel sit daar drie Amerikaners, twee is besig met nagraadse studies en een en sy seun reis deur
India. Die wit eierdoppe fassineer ons, ons eet die wit eiers en toast wat ietwat ouer is as wat enige normale mens sal eet! Na ons tee en ontbyt wat uit twee eiers en twee snye toast bestaan het, gaan hergroepeer ons in die kamer en daar word met intense beplanning vir die toekomstige weke se vervoer bespreek. Lanel los my terwyl ek gaan haas jag op die sypaadjie en vind uit hoe ons dit gaan regkry om treinkaartjies te boek. Malik gee so Indiese beskrywing van hoe ons by die kaartjie kantoor moet uitkom, vroulief griffel neer en kom herhaal alles vir my. Af met die trappe links in die straat tot by die sirkel, kry die tuk-tuk, ry in die drukkende hitte tot by Kohat Enclave, 50 rupee. Op met die trappe tot by die kaartjie kantoor 36 rupee tot by New Delhi stasie. Deur die hekke en  x-strale bevoelings en bevattings! En dis hier waar die paw-paw die fan strike, die metro is permanent oorvol en die gestoei om in te kom begin, ons kry staan plek en maak ons self tuis tussen die hordes mense om ons. Die een stasie na die ander kruip verby, ons begin oplet wat om ons aangaan en besef die mense gaap ons aan. Dis ‘n snaakse aangaap van half verstom tot iets van verbysterd en dan die mengsel van wat soek jy hier. Ons voel uiters ongemaklik en bid elke minuut om, by New Delhi gate klim ons oor op ‘n ander metro lyn en wag maar die ongemaklike 3 stasies om. Met Malik se Indiese beskrywing vind ons, ons weg soek, soek en kom uiteindelik in die parkeer area aan voor die New Delhi stasie. Teen die tyd is ek al goed moerig en die ouens wil ons nie uitlos nie, as dit nie ‘n taxi drywer is wat jou pla nie, dan is dit ‘n tuk-tuk drywer en as jy net ontslae is van die een dan kom die volgende een. Ons volg Malik se beskrywing en loop oor die ysterbrug wat die agterkant van die stasie aan die voorkant verbind, sonder om deur sekuriteit hekke te gaan! Uiteindelik vind ons die Foreign Tourist Office en neem die koel lug van die aircons in. Dit voel soos hemel op aarde. Lanel vul die vorms noukeurig in en gaan sit in die ry om ons kaartjies te bespreek. Kort, kort hol ek uit en gaan loer rond om te sien wat aangaan. Dis 45 grade Celsius buite en die kraaie gaap nie eers meer nie hulle lê sommer so uitgepaas op die takke en ek voel die uitpaas ding begin my ook bekruip. Nog 2 liter water vir my en vroulief en die lewe begin so stadig terug kruip in ons in. Na ‘n halwe dag se gewag kry ons, ons kaartjies alles geboek in 2AC 2 tier. Kyk die een wat daaraan gedink het om dit in Lonley Plannet of watter reis website te gaan staan en skryf jy moet in India 3rde klas of slegter gaan moet definitief ingeboek word by weskoppies en die sterkste medikasie voorgeskryf word. Ons vind ons pad terug en lees eers die geskiedenis van die nuwe stasie, na ‘n uur en ‘n half is ons terug in Sant Nagar se bekkende omgewing en Lanel gaan boek dadelik die volgende dag se besienswaardighede. Ons kry ons eie drywer en kan gaan waar ons wil en tyd spandeer waar ons wil. Ek sien nie kans om weer die hitte te trotseer nie en ons vang so kort slapie voor ons weer die strate infoeter. Die mark is gelukkig naby van waar ons bly, en ons geniet die vars vrugte en koue vrugte sappe, Lanel kan nie oor al die pragtige lappe en kleure kom nie, en ek loop en vergaap my aan die manier van hoe hulle besigheid doen. Die water en vrugte sappe vloei en ons geniet ons self. Laat die aand eet ons ietsie lig en verkas terug na ons tydelike basis. Ek kry vir Jackal en Hyde in die gang en ons kuier ‘n hond uit ‘n bos uit, een van die dames wat die oggend saam met ons geëet het stel haar self voor as Jes, en sluit by ons aan. Ons begin ligweg gesels oor ‘n besoek aan die Taj Mahal in Agra en daar word besluit dat dit ons almal goedkoper sal uitwerk as ons een voertuig huur, en eerder vyf gaan as wat almal van ons self en op sy eie stoom daar gaan aankom. Die volgende dag se vertrek word eers weer met 5 Indiese minute vertraag en toe ons uiteindelik wegkom was die son al goed kwaad en die kraaie het al gaan slaap. Ons eerste besoek punt was ‘n tempel en net daar het ek en lief besluit ons betaal nie die ingang nie en ons pas ons roete aan. Ons lees sommer so vinnig op die tab waaroor die plek gaan en gaan terug na ons voertuig. Ons volgende stop was die Lotus tempel. Hier bekyk ons die storie en lief neem net ‘n paar foto’s van “been there done that” en ons vat die pad uit die son uit. Buite kla lief sy soek ‘n hoed en koop vir haar ‘n oulike hoed wat op India gesryf is. Ons volgende besoek is aan die Delhi gate. Wel as jy al die Arc de triomf gesien het of selfs net oor Hartbeespoortdam se wal gery het sal jy die idee kry. Lief maak soos ‘n goeie fotograaf en verdwyn en ek soek geselskap. Onder ‘n los lappie koelte ontmoet ek ‘n Amerikaner en ons kuier ‘n hond uit ‘n bos uit en hy wys my hoe ‘n mens paani eet. Na 30min kom lief terug en ons vertrek na Ghandi se laaste blyplek net voor sy moord. Dit is stil en vreedsaam en vir die eerste keer geniet ons die rustige atmosfeer en neem Gandi se wyshede in. Binne die huis word ons deur ‘n gids vergesel wat op die mees kreatiewe maniere die lewe van Gandi vir ons uitbeeld. Ons sluit die toer af en voel heimlik gevoed deur die wyshede van die Mahatma. Wens net ons het meer tyd gehad. Ek en lief koop vir ons elkeen nog ‘n bottel water en kry ons drywer vas aan die slaap. Terwyl ek ‘n trap twak maak bespreek ons die feit dat ons nog nie geëet het nie! Teen ons beginsels en Wet Nommer 2 van toer soek ons ‘n Mc Donalds uit, nee donner die warm kos kan ek nou nie meer hanteer nie en ek soek vleis. Tot my innige skok verkoop die Mc Donalds in India nie eers vleis nie en die naaste wat ek aan non vegeterian kom is hoender! Twee hoender burgers en chips later val ons in die pad vir die laaste gedeelte van ons toer en gaan besoek die magiese Red Fort van Delhi. Ons betaal die belaglike R 120 per persoon toegang wat slegs op toeriste van toepassing is en gaan binne. Die onderdak mark is nie veel nuut nie en ons stap deur na die ou geboue. Die plek donner uitmekaar is my eertse observasie en ek probeer om ‘n prentjie in my ooraktiewe fantasie te skep. Die plek moes mooi gewees het, besef ek. Net jammer hulle kyk na niks. Ons stap deur en vergaap ons aan die pragtige boustyle en neem so bietjie in. Ons trap rond en lief vat ‘n paar kiekies, die laat middag son kleur die rooi sandsteen nog rooier en met die son agter ons neem ons, ons afskeid van die Sjeiks, Prinse en Vice Roys van die fort. Namaste. Ons drywer vergesel ons uit die fort uit en waarsku ons weer dat hulle sny sommer jou money belt af sonder dat jy dit weet. Met die sobere gedagte kry ons ons tjorrie ‘n Suzuki Maruti en sluit aan by die vinnige slakkepas van India se hoofweë. 3 ure later is ons by ons tydelike basis. Jackel en Hyde sit in die gang met ons aankoms en die laaste rëelings vir die Saterdag se toer na Agra word gereël. Hulle vra of ons by hulle wil aansluit vir die aand se ligte show  by die fort, ons is te flou en besluit daarteen. Die volgende oggend kry ons vir Jes en sy verduidelik ons hoe om by die Old Delhi Market uit tekom. Ons begin toe maar weer met die stamp en stoot tot by die stasie waar ons moet afklim, dit val ons op dat die manne sommer so oop ketel lê en slaap sonder skaamte, en niemand is gesteur daardeur nie. Na 3 ure in die mark kry liefie niks wat haar aandag trek nie, en het sy ‘n goeie idee van pryse. Ons skarrel terug en 2 ure later is ons weer vry in ons eie markie soos ons dit toe begin noem. Liefie gaan besoek die klere maker en ek gaan eet paani, ons geniet onself en drink en eet en vergeet so bietjie van ons reëls oor wat en waar ons mag eet. Met die terug tog kry liefie ‘n guur vir granaatsap en sy bestel vir haar een. Ek drink mango sap en ons stap terug. So 200m van ons tydelike basis af kla sy van ‘n pyn op haar maag. Eers dog ek sy maak ‘n grap, maar die uitdrukking op haar gesig verklap haar maag se geheim en ons sny ‘n lyn vir die badkamer. Altans sy nie ek nie. Na die eerste stoel gang redeneer ons dit kan dalk die spicy kos wees wat ‘n nadraai gemaak het, maar na die derde keer en die reuk besef ek hier kom kak! Ek hol rond soos ‘n afkop hoender en gou maak ek die wiskundige som. Ek was nooit goed met somme maak nie maar vir die eerste keer het die een vir my sin gemaak. Liefie het die gevreesde Delhi Belly. Die nag begin ou nag toe raak en ek begin die afstel van Agra ingedagte neem, liefie se situasie het van sleg na uiters sleg gegaan in 3 ure se tyd, ek voer haar elke drie ure medikasie en water, maar sien geen verbetering nie, sy sal moet uitsit op die Agra toer! Sy gaan nie saam Taj Mahal toe nie. Ek slaap net 2 ure daai hele nag, liefie se koors breek nie, en ek is bang sy ontwater. Net na vier die oggend skruk ek wakker en sien dat Lanel uiteindelik slaap, haar koors het gebreek maar sy lyk nie goed nie, net voor ek ry word sy wakker en se dat sy net baie pap voel en asof ‘n trein haar getrap het, sy sluk ibprufen vir die koors en pyn en raak dadelik weer aan die slaap.

No comments:

Post a Comment