Wednesday 13 February 2013

'n Boertjie se Travels: India, hoe de dinges


Varansi – uit stof is jy gebore......

Herman Roos
Main Site for Cremation

Herman Roos
Verdwaal in nou steggies

Herman Roos
Sweet en sy  Seun


Daar is iets aan trein ry, ek het al baie mens hoor se dat dit die lekkerste is om te doen, ons rut van new Delhi na Varanasi was geboek op ‘n oornag trein  en dinge het soos alles in india op tyd begin, maar is op die ou end vertraag met twee ure. Die nag het ek nie geslaap nie, deels omdat liefie siek is, en ek te lank is vir die bankie, genadiglik kon ek die deure van die trein oopmaak en darem so ‘n rokie maak. Trein ry in india het ‘n dinamika van sy eie, eers is dit die wegpak van sakke en vassluit van jou bagasie, dit nadat jy die ou aan die oorkant moes laat verstaan dat hy jou bagasie se plek gebruik en eerder sy eie moet gebruik. Die tweede fase is die bekendstelling en in gebroke Engels moet jy verduidelik van waar jy kom. Fase drie is ete en dan vir ‘n kort tyd hou almal hulle monde, nie uit respek uit vir die ander wat eet nie, maar net die blote feit dat die kos jou brand en jy nie kan praat nie, dan fase vier almal drink hulle chai in stilte, en net as jy dink die stilte gaan aanhou begin die wetters weer babbel, en dit is loud, jy kry nie geslaap nie. Eers hier teen 12uur die nag begin dit stil word en jy sluimer ook maar in. Maar iewers sal ‘n weter dit sy punt maak om die hele nag te praat en kuier en dit steur niemand nie, dit kuier asof hy trein ry vir die eerste keer. Fase vyf begin as die staff op die trein 5 uur al begin om op en af te draf in die nou gangetjies en kort, kort jou voete van die bank af stamp. Dan is jy wakker, ontbyt word bedien wat ‘n mengsel van omelette en nog spices is. Gewoonlik is die atmosfeer gedemp dan op die trein tot jy so uur van die stasie af kom. Dis dan asof die klomp wat laasnag klaar gekuier het dan weer ‘n nuwe storie ontdek en dit raas aanhoudend. Die laaste fase is die afklim, daar is nie ‘n reël van jy is polite nie nee, jy stamp en stoot jou weg uit anders bly jy agter en klim dalk eers op die volgende stasie af. In india toon jy geen respek as dit kom by loop nie, as die ou voor jou te stadig loop na jou sin, stamp jy hom uit die pad uit. Die trein stop net vir 5 min en dan moet jy af wees. Jy druk voor die mense in en skel sommer op die ou voor jou as hy drentel. Dit word glad nie as ongeskik gesien as jy dit doen nie.

Varanasi, ‘n heilige stad op die heilige rivier Ganges. Die geskiedenis lei dat die heilige Lord Shiva opdrag gegee het dat die stad meer as 7 duisend jaar terug daar gebou moet word. Geskiedkundige kenners verskil daaroor en party se dat die stad 3000 jaar oud is. Die naam Varanasi kom blykbaar van die oorspronklike stad Varun wat verder op noord was en ‘n ander stad Assi verder suid. Die geskiedenis wat elke tweede ou jou vertel verskil en ek besluit toe om te gaan google, nêrens kan ek konkrete bewyse kry dat een van die honderd stories die waarheid is nie. Ek besef dat as mens iewers tussen geloof en feite verdwaal, jy ‘n hele volk kan laat verdwaal.Waarheid is nou nie juis belangrik nie, solank jy net die geld uit iemand anders se sak kan kry en in joune in. So tussen die stories deur probeer ek en lief om nie te verdwaal nie, en hou maar kop bo water. Hier gaan ek nie verdrink nie.
Met ons terug tog van die creamation site af, na ons amperse bakleiery of eerder ek wat amper die Indiër geneek het, sien ons ‘n jonge dame wandel in die rigting van die plek. Ons stop haar groet vriendelik en waarsku haar teen wat gaan voorlê, veral omdat sy vrou is en ‘n kamera het wat om haar nek hang. Sy glimlag se dankie en trek daai hardegat traveler houding wat ons al te goed ken. Ek noem dit die “ek het al getravel sindroom” alle travelers lei daaraan en die een of ander tyd trek ons mos daai sindroom uit, maak of jy alles weet van alles en almal af, en dan pappie dis wanneer die dinges spat. Ek en liefie groet die dame en loop al foto nemend teen die Ganges af. Lief geniet dit om haar camera rond te swaai en neem die een foto na die ander, ek kyk terug en sien dat daar ‘n klomp van die creamtion site af ons agtervolg. Ons vorder en elke 5min herinner ek Lanel dat ons moet beweeg. Ek is nie hier al lus vir ‘n vuis swaai nie en gaan ook nie ons spending geld gebruik om die polisie om te koop om die ondersoek of saak te laat verdwyn nie. Na ‘n ruk sien ek hulle is weg, ek stap na ‘n straat verkoper, kry twee bottels water en maak eers goed seker dat die seels nie gebreek is nie. Die gestap en foto nemery begin lekker raak, maar die son begin sy tol eis. Ons bespreek die situasie en al twee van ons herken dat die onsmaaklike situasie ons nerwe behoorlik klaar het en dat die koelheid van die kamer en ‘n yskoue coke nou die ding sal doen. Ons stap rustig terug terwyl liefie nog hier en daar foto’s neem. Net voor ons die links afdraai vat na ons gastehuis, kom die dame aangestap, haar Chinese gelaatsrek bleek. Die arme dame staan en bewe so groot soos sy is, en nie ver agter haar nie sien ek die twee wat ons agtervolg het. Ag nee se gat dink ek, nou moet julle maar kom, ek voel, voel na my leatherman en maak seker dat as ek moet, ek twee longe sal saam vat in die proses. Lanel gesels en ons besluit onseremonieel dat ons almal gaan terug keer gaste huis toe. So ontmoet ons vir Carli die Kanadees van Chinese herkoms. Sy bly ook by Ghanpati en met die terugstap neem ek waar dat die twee dames mekaar se geselskap geniet. Dit sal goed wees, lief is nie soos ek wat somer met enige een staan en gesels en dan pelle maak nie, maar nood en lot het hier hulle spinnerakke geweef en die twee stap en kuier. Dis wonderlik, nou kan sy ook bietjie kuier met iemand anders en die ou war stories gaan uithaal. Ons spreek af dat ons laat die aand saam na ‘n eetplek gaan soek en dan so bietjie van die senuwees gaan uitlag. So skuins na 6 met die son wat sak oor die heilige Ganges bestyg ons die 7 verdieping hotel se trappe om op die dak ‘n ietsie te nuttig. Ons bestel ietsie te drinke wat darem nie volks vreemd is nie en gesels en lag oor die dag se gebeure, volgens al die webtuistes wat ons besoek het, is die plek hoogs aanbeveel en ek besef dat dit nie ‘n traveler se eetplek is nie maar eerder die high society se wegkruip plek van die werklike. En dis ses keer die prys van die local straat restaurant, my kop se nee maar my maag oorwin die interne geveg, ek kan nie meer hierdie brandende kos hanteer nie.  Ons beloer die menu en vind dat alles maar aan die brand kant sit en besluit maar op die veiligste opsie butter chicken, dit brand darem nie so erg nie en met ‘n kombinasie rotti en naan gaan dit nie sleg af nie. Lanel en Carli kuier, die Kanadees het darem al die wêreld vol gereis en daar word stories uitgeruil, ek gaan vertoef op die verste punt van die balkon en trek aan die Indiese Marlboro sigarette wat ingevoer is van Suid Afrika deur Philip Moris. Ek gee so gryns laggie oor dit en wonder oor die global village waarin ons bly. Onder ons op die trappe vind een of ander fees plaas ter viering van Shiva. Ek probeer uitmaak waaroor dit gaan, maar kom nie veel verder as my eie afleidings nie. Na ete gaan loer ons vinnig by die fees in en word verstom deur al die klanke en kleure. Met die terugstap besluit ons dat ons die volgende oggend vroeg op ‘n roei boot wil gaan en net rustig die rivier inneem. Ek onthou dat daar ‘n oulike seuntjie die middag sy pa se arms vir ons kom aanbied het, ons stap terug na die kaai waar ons Sweet en sy laitie die middag ontmoet het. Ons kry hulle waar hulle sit en babbel met ander en ons maak die rëelings vir die volgende oggend 5 uur. Dit is vroeg, en die opstaan gaan swaar wees, ons groet en verkas na ons kamers. Die nagrus gaan beter en die volgende oggend maak die lawaai van my wekker ons wakker. Terwyl ons afstap na die kaai vee ek die slaap uit my oë en bly maar stil. Oggend so vroeg opstaan is nie goed vir my moer meter nie, en netnou kom ek baie ongeskik voor. Sweet roei ons eers suid en na ‘n ruk draai hy noord. Dit gaan goed, hy vertel ‘n stukkie geskiedenis van elke gebou, maar ek volg nie. Die boot lek darem nie, ek is maar bang vir die water, in my gedagtes sien ek die goggas wat rond krioel, en ek kry so rilling in my ruggraat af. Sweet roei dat dit klap en bring ons nader aan die creamtion site. Hy parkeer sy skippie amper teen die wal en vir die eerste keer kan ons ordentlik ‘n hele cremation sien. Die aangeleentheid begin waar die gesin die eerste helfte van die hout pak, dan word die stapel met wierook en allerhande persoonlike besittings bepak. Dan word die liggaam op die brandstapel gesit. Die laaste hout word opgepak en dan word daar weer wierook en ander dinge oor die stapel gegooi. Die familie wat slegs uit mans bestaan begin dan saam met die priester in sirkel om die stapel stap, die stap verteenwoordig die 5 elemente en met elke sirkel om die liggaam verteenwoordig die familie een element. Die laaste is dan die heilige vuur wat deur Shiva self aan die plek gegee is en dit brand al vir meer as 7000jaar en word in die heilige tempel van Shiva gehou. ‘n Familie lid neem dan van die heilige vuur (wat gekoop is van die Mafia teen ‘n prys wat bepaal is deur jou inkomste klas) en steek die stapel aan die brand. Lanel steel nog ‘n foto en die keer is daar nie ‘n Mafia wat ons aanval nie. Sweet gooi sy arms in eerste rat en ons trek soos die Titanic oor die Ganges, en ek bid dat ons nie sink nie. Ek kyk op my horlosie en beduie vir die twee vrouens dat dit ontbyt tyd is. Op die gastehuis se dak neem ons stelling in en bestel eers tee. Die wind het ‘n lastigheid begin ontwikkel en ons kry die reuk van gebraaide vleis in die lig, ons kuier en kort, kort kla lanel dat daar iets in haar kontaklense vassit. Ek begin oplet en sien dat daar ‘n fyn as laggie vorm op die tafel.  By die tafel agter ons is daar ‘n baie opgewonde gesprek en die twee New Zeelanders beduie verwoed na rivier en almal begin deel neem aan ‘n gesprek oor of die ding wat daaronder dryf ‘n lyk is of nie. Ek gryp die canon 5d neem ‘n foto en zoom in, wragtig dus ‘n lyk, ag nee sis man merk almal op. Terwyl ons die saak bespreek roei ‘n ou nader lig sy spaan op oor die lyk en seil rustig voort, in die minste gesteur oor wat voor hom in die water dryf. Later vind ons uit dat heiliges, swanger vrouens en kinders nie gebrand mag word nie en word hulle in die rivier gegooi. Ons omelette kom uiteindelik na meer as ‘n uur en ons nuttig ons ontbyt terwyl die wind sy lastigheid voortsit. Ons verken die nou gangetjies om die plek en loop rond in local mark. Die dag sleep sy voete verby en ek sleep agterna. Ons verneem dat die aand daar ‘n groot fees gaan plaasvind op die hoof ghat. Ons gaan reël dadelik met Sweet vir ‘n nag trip op die Ganges. Ek maak gebruik van die geleentheid wat homself openbaar en snork die middag om. Sweet is sweet soos gewoonlik en sy arms swaai die spane en stuur ons mooi in die rigting van die hoof Ghat. Ons beleef die fees van die veiligheid van die boot en saam met die ritme van die musiek word ons vervoer na die oostelike oewer van die Ganges. Die wit sand kraak onder my skoene, en in vir ‘n klein oomblik het dit gevoel ons is terug in Zanzibar, ek neem stelling in terwyl die vrouens hulle kamera toerusting opstel. Die polisie verlaat die oostelike bank op hulle speed boat en ek neem tweede stelling in. Die oorkant is ‘n skouspel van ligte, klank en kleur. Ons vergeet van die tyd en na ‘n ruk kom ‘n ongemaklike Sweet nader, ek lees die brief in sy gesig en besef ons moet vaar. Die nag bied ook geen uitkoms vir ons van die hitte nie en ons gaan vertoef in ons kamer. Die rustigheid van Ghanpati gastehuis oorval ons die volgende oggend en ons kry vir ons ontbyt met ‘n mengel as wat die lastige wind aandra. Carli sluit by ons aan en sy verduidelik dat sy die volgende dag moet terug Delhi toe. Goed besluit ons en ons stel voor dat ons haar sal vergesel tot by die stasie en help waar ons kan. Ek kan sien dat die sindroom van “ek het al getravel” haar ontwyk het en dat ons hulp waardeer word. Ons gly deur die nou gangetjies en na 15min se stap kry ons ‘n tuk-tuk. Die onderhandelings proses begin en uiteindelik kry ons een wat ons voel darem regverdig is. Ons draai hier, en daar, en toe ek sommer die toeter wil druk vir die drywer se part werk die nie, hmmm dink ek dis natuurlik soos als in india jy kry dit waarvoor jy betaal. Die stasie is ‘n abnormale miernes en selfs die local ouens kla, snaaks dink ek, terwyl ek rustig aan my sigaret trek en my nie steur aan die “nie rook” bordjies nie. Lanel en Carli het in die ry gaan sit om te kyk of daar nie ‘n oornag trein vir Carli is na Delhi nie. Die aircons werk, maar ook net as die krag aanbly. Net as dinge begin vlot loop by die rekenaar gaan die krag af en almal wag. In die donkerte van die foreign tourist office kry my vrou ‘n sparkie en sy besluit om ons trein kaartjie van Kolkata na Delhi met nog ‘n dag te vervroeg. Ek is natuurlik salig onbewus van al die verwikkelinge, en die terwyl ek my aan al die mense geklee in oranje wat soos miere hier by die stasie uitpeul verwonder, druk liefie die nuwe kaartjie onder my neus. Ons hol en kry weer ‘n tuk tuk, dit tref my eers toe ons al amper halfpad is na Babba Black Sheep wat aan gaan, sy het ons tyd verkort in Kolkata, en ‘n effens langer trein rit bespreek. Ons spring af by Baba Black Sheep en die twee vrouens verdwyn in die geboutjie en begin serpe kyk. Na ‘n ruk trek ek my gat in ‘n krul en trek straat af. Dis die Moslem gebied hierdie, besef ek en stap rustig van een winkeltjie na die ander, niks interesseer my nie en ek draai terug. Meer as ‘n uur later bevind ek myself weer in Baba Black Sheep se kloue, en moet ek herken begin ek die verskille tussen satyn, pashmina en al die ander stowwe interessant vind. Ons baljaar in die verskillende serpe, ons groet en al twee die dames stap uit met sakke vol serpe. Carli begin opgewonde raak en benoud dat sy nie betyds gaan terug wees in Delhi om haar vriendin te ontmoet nie, en ons stem in dat sy die tab kan gebruik en eers haar vlieg kaartjie boek. Ek en lanel gaan vertoef in ons kamer en net toe ek dink dis slaaptyd is daar ‘n klop aan die deur. Carli se vlieg kaartjie is geboek. Sy gaan iets eet en dan is sy weg. Ons slaap rustig die middag ete om en stap uit in die nou gangetjies. Die algemene higiëne in india is op sy beste uiters swak maar hier in die nou stegies van Varanasi kry dit ‘n ander betekenis, weens die tekort aan ablusie geriewe is dit nie snaaks as mense urineer in die gangetjies nie, en dan kry jy die bruin hopies wat orals rondlê, dit is gewoonlik die van beeste of honde en dan en wan kry jy die reuk van mense sin ook. Dis hier waar my konstitusie amper uitmekaar geneuk het, terwyl ons so in die gangetjies rond swerf opsoek na ietsie te kope, sien ek hoe ‘n man broek aftrek en skyt net daar in die straat. Ek gril en besef dat die stront waarin ons kort, kort getrap het as jy moet geepad vir die hordes motorfietse, mense en beeste wat somer hier in die straat slaap dalk mens mis kan wees. Gelukkig was ons elke keer ons skoene met Surgical Alchol en Saflon. Ons kry vir Carli in die German Bread Bakkery in een van die nou gangetjies, die plek word oorgeverf en ons word so effens vergas. Ons sit en kuier vir oulaas, die waiter het ook sommer besluit hy gaan by ons gesprek aansluit en sit en luister aandagtig na alles wat ons se. Ag nee man dink ek dis mos nou baie ongeskik. Ons besluit dat dit tyd is om te gaan en groet ons groet. Ek en Lanel kyk hoe Carli in die stegies tussen die massas lywe verdwyn en ons begin stap. Eksplorasie seisoen is weer oop. Varanasi is nie jou maat as dit by rigting en strate uitfigure kom nie, nie eers my selfoon se gps en google earth kon ons help nie. Na ‘n lang tyd begin ons besef dat as ons nie omdraai nie, ons nie weer gaan terug kom nie, ons het mooi netjies verdwaal. Dit vat ons meer as ‘n uur se loop om ‘n bekende plek te kry, en dis hier waar ons die mees interessantste manier sien van dreine skoonmaak, drie ouens staan om ‘n oorval gat en een spring in die stront water in, terwyl die ander ‘n tou vashou, na ‘n ruk kom hy op met die gemors in sy hande en gooi dit in ‘n emmer, en so herhaal die drie die proses tot die drein weer oop is. Ek kyk na die storie en hou my maag op hok, selfs nou as ek daaraan dink maak my maag ‘n draai. Terug by die kamer begin ons pak vir die trein rit na Kolkata en soos gewoonlik deur die loop van ons besoek in Varanasi is die krag weer af, vir die honderdste maal. Ons maak seker alles is gepak en stort vir oulaas die veilheid van die dooies van ons af, dit bied slegs tydlike lafenis. Ons kry ons aircon taxi en verduidelik die drywer dat ons eers by Mc Donalds wil stop voor hy ons stasie toe vat, hy skud sy koppie in die regte Indiër manier en se “yes”, nou wat is dit nou eindelik, ja jy kan, of nee jy kan nie. Ons gly deur die druk verkeer en toe ons, ons oë uitvee stop meneer reg voor die stasie. Tipies dink ek by myself, en ek begin ‘n diep wroeging in myself kry oor mense wat se hulle verstaan Engels en dan geen benul het wat jy vir hulle se nie, dit nadat jy in die swakste en mees ongekompliseerde Engels vir hulle iets verduidelik. “First go Mc Donalds then train station”, ʼn normale engelsprekende mens so jou skeef aangekyk het en gese het,” So you want to go to the Mc Donalds before you go to the train staion?” maar al wat ons kry is die Indiër kop skud en “YES”. Ons sukkel deur die sekuriteit punte en na ‘n goeie druk en stoot sessie kry ons uiteindelik ons perron, die was blykbaar deel van die oorspronklike stasie en in die vervallenheid kan jy darem nog die Victoriaanse boustyl sien. Die een trein na die ander trek in op die stasie maar nie een is ons sin nie, die krag is soos gewoonlik af, na ‘n gesukkel kom daar ‘n vriendelike stasie bevelvoerder aan of tenminste lyk dit of hy een is en deel ons mee dat die trein weens weer met 2 ure vertraag is, ons kry twee Amerikaners en gesels maar so in die lug oor die dinge van Varanasi. Ek stap op en af teen die perron, terwyl Lanel kort, kort haar voete moet oplig vir die rotte waar sy op die bankie sit en wag. Ek kry ‘n alleen plekkie en neem stelling om ‘n twakkie te maak, die mense hol heen en weer en die eerste bui reën sak uit, dis lafenis vir die siel en dit breek die ergste hitte. Ek geniet die reën en my sigaret so dat ek nie die aap sien afklim het teen die pilaar langs my nie, meneer sit ewe ogies en maak vir my, wil hy nou ook rook dink ek en lag saggies, met eens besef ek dat Jack en Hayden besteel is deur ape en ek probeer die ding wegjaag, sal hy nou wragtig vir my tande kom wys. Ek besluit dit wys en geepad so twee tree, iewers skielik verskyn ‘n ou hier om die hoek met ‘n stok en swaai sy vinger na my toe en se “No,No”, ek besef dat dit een van die stasie personeel is en dog die sal die aap wegjaag, hy verdwyn weer om die hoek en die aap ook.  In retrospeksie kan ek dit insien dat hy die hanteerder is en dat dit die manier is hoe hulle mense besteel. Ek verkas terug na waar Lanel sit en ons vergaap ons aan die rotte wat groter is as katte wat doodluiters tussen die mense rondhol, en dit pla niemand nie. Die stasie bevelvoerder kom maak weer ‘n draai en het dit blykbaar sy punt gemaak om ons op hoogte te hou van wat met die trein aangaan. Ons waardeur dit ontsettend baie dat hy dit doen en toon die nodige respek met goeie golden handshake. Na meer as amper vyf ure se wag en vier ure se vertraging  sit ons semi gemaklik op ons bankie oppad Kolkata toe.

No comments:

Post a Comment