Thursday 4 August 2016

Derde Brief vir C. Johan Bakkes

04/08/2016
ʼn Derde Brief vir C. Johan Bakkes

Die lewens wandelpad is ʼn samevoeging van ʼn kakofoniese simfonie, ons moet sin maak uit die samestelling van die lewens note, wat dwarrelend in ons gemoed opklink. Party se blad musiek moet reëlmatig in tyd opgedeel word, saamgevoeg met die klanke van die harmonie van middel C, ander sin weer die gerommel van dromme op die onreëlmatige gedruis van voete oor die Afrika sand.

Mens skryf briewe om iets van jou siel te verklap, om die bladmusiek weer te gee in ‘n melodramatiese styl op gedis in ‘n maskerade wat ritmies voorgestel word op tyd wat nie werklik bestaan nie, ‘n allegorie in D-Minor.

Dan sien mens die mens, iewers in die platteland, en jy breek deur in ʼn simfonie van harmonie, en uit jou siel kom die suiwerste herderste samestelling wat stelselmatig ontvou in ʼn crescendo.
Mag mens dan bravura wees en ‘n danksegging skryf in forte met ‘n oktaaf van furia en fuoco.
Johan jy leer ons om nie tacet te leef nie, maar eerder met brioso en forte.
Dankie vir die ou nag kuier in Koffiefontein.

Wees gegroet.

Herman J. Roos




***Please Leave a comment. / Los asb. jou gedagtes of griffelstukkie van wat jy dink.