Sunday 4 August 2013

'n Boertjie se Travels: Vat die agter ompad: Van Katnael tot Tomburke

Voorloop.

“Jy dink jy is cooller as ekke” Jack Parow. Vir die ou in Maun by die Bar wat amper my travel opgedonner het.

Inskrywing

Die koue lug, gevul met die nag se na brand van die warm maak vure, het my siel kom skoonwas, die opdrifsels van India uit die oseaan van die siel is skoon gemaak. Die onstuimige see het begin roer, terwyl my voete kraak deur die ys van die laatnag koue, het die waters begin warm word. In die sand van my siel het ek die pad gesien, die soeke na die nuwe en vreemde van vergange, die paaie wat soveel voor my en na my sal loop.

Ek kyk op na bo, waarvandaan sal my hulp kom, my hulp kom van die Here. Die ys kristalle van die vorige nag lê wit gesaai oor die vlaktes, ek kyk, voel en proe die winter, Terwyl ek rustig deur die koring lande vir oulaas stap. Groet is swaar, die benoudheid van wat voorlê beklem my hart, my siel is omgekrap, en net soos die man wat voor die berge staan, staan ek en ek slaan my oë op na die Berge.

Elkeen van ons het 'n manier van lewe, ons volg die pad wat ons dink is die beste. Soms kyk ons terug en net soos wat Kingsley Holgate eendag gesê het, jy het 7 klippies elkeen stel 10 jaar voor gooi die weg wat verby is en kyk wat jy gedoen het, maak reg en verbeter op dit wat jy gedoen het. Ek sit hier in Malawi en skryf, die meer lê aan my voete, om my klink die nagtelike musiek op, hier in die middel van die meer, weet ek ons het nou eers begin klim.

Kind van Afrika, kind van Europa. In Afrika is jy gebore, sy grond sy mense loop in jou bloed, jy soek die vreemde, jy soek na niemandsland. Jou tog is verder, maar tog nader. Jou hart ken die pad, jou voete onwillig. Kind van Afrika kind van Europa.

No comments:

Post a Comment