Jy Judas,
wat op die straathoek staan en bid,
die voorsang vat en die
fariseërs saamroep.
Jy wat nie met liefde wil gee
nie,
jy wat die jou sak geslote hou,
sodat dit rond vol staan met
nege en twintig silwer sikkels.
Ek hoor die kinders huil.
Hulle stemme gaan uit vanaf die
Temple poort.
Die Temple wat jy beklee met
goud en satyn.
Ek hoor die kinders huil.
Die krummels vee jy op van die
tafel
Verkoop dit vir nog ‘n silwer
sikkel.
Jy Judas
jou kas staan vol geraamtes.
Ek hoor die kinders huil.
***Please Leave a comment. / Los asb. jou gedagtes of griffelstukkie van wat jy dink.
No comments:
Post a Comment