Sunday, 16 June 2013

'n Boertjie se Travels: Vat die agter-ompad:Van Katnael tot Tomburke Via Afrika

En hier is die Lande wat ons gaan besoek.



Dis reg die beste roete is die korste en reguitste een. Maar wat van ons doen so bietjie die ompad. Die ander roete. The Road less travelled. Volg ons soos wat ons die nuwe roete na Tomburke van af Katnael aanpak via Afrika. Ons gaan op die voorstoepe van onbekende mense kuier en soek na die ander dinge om te doen. 

Die tyd het aangestap, ons is presies 5 dae van vertrek af. Laaste dinge moet gedoen word en gereël word dan is ons in die pad. Die wind het vandag suid gewaai, dis winter, die koue byt behoorlik die laaste paar dae, as ek vroeg oggend die hek gaan oopsluit en rook van die warm maak vure ruik, dan weet ek die pad roep. 

As jy ons langs die pad kry, stap oor en drink ‘n koffie saam met ons.

Groete

Herman en Lanel.

Tuesday, 12 March 2013

Life Happens

I have to say sorry to all who reads my blog. Things have just been one jam from last Saturday,  I drove my Bakkie into a gate. Things just didn't seem to work out during the week and my writers spirit somehow also flew the coop. I'm working on a couple of short pieces, but what the heck sometimes life just happens. 

Oh and me and my wife started planning on our trip for June-July. So, some of my time had been devoted to it also. We are planning to drive from the farm all the way to Malawi via Mozambique, back through Zambia into Botswana and then home, total time 20 days. I will keep you posted on our plans, it is still early times and Lanel wants to go to Madagascar. Things might just swing towards that idea. Depends if the family starts growing at a sudden rate. So hold your thumbs for that one.

Keep you all posted.

Thursday, 28 February 2013

"n Boertjies Thoughts: Boertjies is mos Dom


Boertjies is mos dom





"I would like to announce ... the new level of the minimum wage for 1 March 2013 to 28 February 2014 be pegged at R105 per day for employees who work nine hours a day or R11.66 per hour, R525 weekly or R2274.82 per month," 

It was a quiet morning on most farms, we were all doing business as usual when the phones started ringing, “Did you hear what the Minister Said?” “What are we going to do?” Like a mother standing over her Child’s limping body, we all stood on our farms shocked, outraged, disappointed. I slowly got on to my quad bike and drove off to one of the most farthest points of the farm, from my vantage point i looked out over the years of hard labour, the changes that happened and part of my life’s legacy. Is this the end? Do we have to move on and trek like our forefathers, is Mozambique the new frontier? I saw the workers on the tobacco field; I grew up in front of most of them. Some grew up with me. These are the people who helped build this farm. I have an obligation towards them. My feelings and emotions were at breaking point when the phone suddenly rang.

“We have a meeting tomorrow at 6 pm” It was the Chair Person of our Farming Community. “Please let everybody know about the meeting.” With that we rang of. The days passed with mix feelings. What can we expect will there be any answers? I will have to use a bit of deduction and I will need some skill to read the person’s body langue. With that we all set of for the meeting, lies were told, truths were hidden and hypocrisy were wide spread. Thinking back, more than 6 meetings just to get answers, we were none the richer and poorer than when we first heard the news.  Our final meeting were held in Groblersdal. We left early the morning to avoid most traffic in the capital city of Pretoria; there was an indescribable silence in the car as we drove through mountains and open valleys. Will this meeting hold the answers that we are seeking? Each one of us was trapped in our own thoughts. The meeting came and went with no answers.

On our way back I opened up my kindle to read a bit, I flipped through the books, The Devine Comedy by Dante, to heavy now, I searched the Bible to heavy now I thought. I closed my kindle thinking of a verse in Habakkuk, trying to correlate that with what Dante had written about in the 1300’s. Was their time so much different from ours, Habakkuk and the Israelites had to face the fearsome Challdiers, in Dante’s era it was the dark ages and the church used hypocrisy to rule. How much do we differ from then? the mountains and valley’s passed and my thoughts were running over the open fields.  In the end I decided that we shall comply with the law of the land. I have an obligation to my workers.

After all was said and done, I looked back over the past two weeks and realised how we would use another person’s suffering and make a profit out of it. In Afrikaans we have a saying “Die een se dood, is die Ander se brood.” Have we stooped so low, have we learned nothing from history, or do we just use history to make our fortune out of those who have no answers. In each meeting a person came forth and said they will help us with this and that, but at a price of course.  Wel dis die wet van Transvaal.

The final bell has rung we have entered a new era of wages, comply or not. As I sit here I’m thinking of a great singer Koos Kombuis he wrote a song about their domestic worker when she died.  Will our Kytie stay, she was always just there. Will there still be Mielie pap in the morning?

Wednesday, 27 February 2013

'n Boertjie se gedagtes: Ken Jy van Sukkel


Ken jy van sukkel?


Dit is al reeds warm as ons opstaan net so skuins voor ses die oggend. My daaglikse roetine is so bietjie omver gegooi. Ons moet ‘n tabak boeredag gaan bywoon, en dit in hierdie hitte. Ek sal eerder graag by my span wil wees, maar ja, as jy inligting oor jou bedryf wil hê dan moet jy seker maar die minder lekker van in die warm son gaan staan en luister na ‘n plantkundige wat eintlik die selfde ding oor en oor vertel. Ons vergader en die manne praat met lof en dank segging oor dinge wat ons blykbaar baie raak. Ons verlaat die donker area van die plaas restuarant, met die vraag “Om te rook, of nie”? en begin met die aantog na die landerye waar die proewe geplant word. Ons beklaag die situasie in die Kaap met die stakings en die warm son. “ Nee man so kan dit nie aan gaan nie, die goed staan en verbrand hier onder die besproeiing.” “ Die wit vlieg is darem maar iets ysliks die jaar, ja dis alweer hierdie groente boere wat die goed nie afhaal van die lande as hulle klaar geoes het nie.” Ons trap rond en die plantkundiges en grondkundiges raak hulle formules al hoe meer kwyt. Die een boer wil nie ophou vrae, vrae nie en die manne begin ongemaklik rondtrippel. Nee genade, dink ek en gaan soek die koelboks waar daar darem ‘n lafenis in versteek is. Ek knak die kannetjie se kop en teug lekker. Nee se gat hiermee, nou gaan ek terug bakkie toe, die ouens praat nonsens , darem kan ek daar sit en nuus luister terwyl die aircon loop.  Die lugspieëls speel oor die pad as ek naby my bakkie se deur kom, ek kyk af en uit die skimme van die bedrieglikheid kom die swart skim, ek hou hom dop, een trap op en dan weer een af, stadig en statig. As hy stadig verby my trap knik hy sy kop en ons groet. Die sweet loop behoorlik teen ons af, ek kyk af na die blikkie in my hand, ek draai om, om met hom so stukkie lafenis te deel. Die skimme speel oor die pad en die lug speel sy spelletjie met sy spieëls. Ek deel die lafenis met hom en stadig bekruip die gedagte my, “Wat is sukkel?”

Dis al ou nag as ek begin insluimer, die radio is stil, besonders stil, dink ek terwyl ek terug leen in my stoel. In die agter grond hoor ek hoe Sean besig is om na ‘n paar cd’s te luister. Droomland wag vir my as my oë toeval en ek die binne ruim van my eie verdwaalde drome betree. Ek word eers wakker uit my diepe slaap as die kar se serene hard in my ore weergalm. Gewoonlik is ek dadelik wakker as die radio kraak of ‘n selfoon lui. Ek vind vinnig uit waarna toe ons oppad is en wat gaan die doel van ons besoek wees. “Gunshot,Mamelodi” is al wat ek uit hom kry, terwyl hy konsentreer op die verkeer voor ons. Die adres is soos gewoonlik amper on vind baar maar met moeite maak ons dit. Ek is ooglopend opgewonde, dit sal my eerste “gunshot” wees. Die ligte se geflikker weerkaats teen die blink van die shacks, die pad is uitgemerk vir ons en ons word begelei deur ‘n ongeskikte konstabel, sal sweer ons het die misdaad gepleeg. Ons word ‘n kamer van sink agter in ‘n hoek aangewys. Ons werk word vinnig afgehandel, dit was ‘n gesins moord. Die kind het darem weg gekom. Ons gaan soek die kind en deel haar saam met haar familie mee dat daar niks is wat ons kan doen nie. Terwyl ek weg stap, kyk ek terug oor my skouer na die blink huisie in die agterkant van die yard en ek weet, vanaand sukkel ek nie alleen nie.

Ek moet sigarette kry en vinnig, my nerwe is klaar my twak is op en ek gaan nou, nou iemand aanrand. Die werkkers is traag en my moer meter is weer in die rooi. Ek spring in my bakkie jaag winkel toe en terug. Die dag sluip verby, een van my tabak droërs se deure het gebreek en moet in totaliteit oorgebou word. Ek het min tyd, die nuwe tabak is gehang, en ek moet die droër afseel so gou as moontlik. Ons werk teen tyd, en tyd teen ons. Uiteindelik net voor vyf die middag seel ons die deure af en maak reg vir ‘n rustige aand. Ek en Lanel bespreek die dag se gebeure by die skool en op die plaas.

 Dis al ou nag as my selfoon my wakker skreeu. Ek antwoord en hoor een van my werkers skreeu blou moord. Ek gryp die mediese sak, skreeu almal wakker om kanne en enige ding wat water kan vat te laai. Met ons aankoms by hulle huis was dit so te se te laat. Na meer as ‘n uur se gestoei met die vlamme, en nadat alles tot bedaring gekom het begin ek die mense se behandel vir brandwonde.

 Die bossies staan al groot gegroei toe ek weer nou die dag die afgebrande huis gaan besoek. Binne lê die oorblyfsels van die verlede verskroei, verbrand tot as. Terwyl ek so op die murasie se muur sit en die nag herroep weet ek dat ons het saam gesukkel, maar my gesukkel was net makliker.

Tuesday, 19 February 2013

'n Boertjie se Travels: India hoe de dinges.


Hierdie is die laaste van my skryfstuk oor India, hoop julle het dit geniet.

Kolklatta na Delhi – SHUT THE F$#@ UP

Luuksheid na swaarkry!

Oppad Huistoe, Delhi Lugahwe, onwettig geneemde foto!

Kontras


Lanel se maag hou goed, net as haar maag dink hy wil suid draai stop ek nog ‘n immoduim in haar keel af. Met ons aankoms op die stasie is sy so goed soos ‘n lopende apteek. Die stasie bied darem ‘n lugversorgde afdeling vir die wat in besit is van eerste en tweedeklas kaartjies. Ons maak gebruik van die geleentheid en plak neer soos vrot velle op die twee beskikbare stoele.
‘n Halfuur voor ons trein vertrek gaan soek ons, ons sitplek. Na ‘n geskarrel en armswaai en gebrabbel in Engels kry iemand ons jammer en gaan wys ons waar ons sit. Tot ons skok is ons plekke opgeneem deur ‘n gesin. Gelukkig maak die kondukteur sy keelskoon en almal maak pad. Ons begin ons plekkies voorberei en lief vat soos gewoonlik die boonste bankie. Ons maak ons beddens op. Vannag wil ek deurslaap. Ons deel die 4 man kompartement met ‘n ourige stil man en ‘n jong man met brille, die het vriende gemaak met ‘n dik gat aan die oorkant en hulle kuier, dis vroegmiddag so dit pla nie. Ons kry ons ete, lief sien nie kans vir die warm kos nie en probeer so bietjie slaap. Ek gaan doen inspeksie van die toilette en vind dat eersteklas sin soos gewoonlik in baie beter en gangbare toestand is. Ons geluk is dat dit reg voor ons trein trok is so in ‘n nood situasie kan lief net hol en sy sal dit betyds maak. Ek stap terug na ons kompartement en vind die dik gat en sy maer gat met brilletjies nog steeds aan die kuier. Die ou man sit tjoepstil in die hoek en sprak nie ‘n woord nie. Ek gaan soek roo kplek, en alhoewel rook onwettig op treine in india is steur niemand hulle aan die reël nie, jy maak net die trein deur oop en maak jou twakkie. Ek maak soos ek gewoond is en gooi die deur oop, langs my flits die nag landskap en liggies verby en ek geniet die warm lug wat van buite af inkom. Die volgende oomblik spring daar so kort mannetjie in uniform om die hoek en dinges my uit oor ek die deur van die trein oopmaak terwyl dit beweeg. Ek gee hom som kyk, verduidelik vir hom in Afrikaans dat ek nie veel van sy dreigemente dink nie en trek my twakkie verder. Die opgeskorte klein mannetjie dreig weer.  Hy laat my dink aan my sussie se oorlede dobberman pincherkie, oorle Frikkie. Ek lag vir hom terwyl ek die deur toemaak en se vir hom dat ek nie omgee wat hy se nie terwyl ek in die gang af verdwyn. Dikgat en sy maat is stil toe ek terug kom in die kompartement, dankie tog nou kan ek slaap, ek maak vir oulaas seker dat Lanel reg is voor ek ook wegvaar na droomland.
My oë was skaars toe of die twee nuut gevinde vriende begin op ‘n hoer as normale toon weer eenstryk kuier. Ek strip my moer toe vir die twee, beteken ‘n toe gordyn nie vir hulle iets nie. Ek trek myself so half regop en laat waai.”You are the most disrespectful people I have ever seen, some of us are tired and are trying to sleep. My wife is sick, and I don’t want to hear another word from you two. If you don’t understand what I am saying, shut the F#%^ up. Ok.” My stem toon draa deur die trein en vir ‘n oomblik kon jy net die gerammel van trein wiele buite hoor, terwyl hier en daar ‘n kop half bang en nuuskierig om die hoeke loer. So bogger ek hulle nuwe vriendskap op en kry ons die nodige rus in vir die nag.

Delhi – Tot hier toe en nie verder nie.
‘n Mens se Psige kan net soveel vat. Blykbaar volgens die slim mense, wie se werk ek eens op ‘n tyd moes leer, het almal ‘n toleransie vlak in sekere situasies, of so iets. Kan nie mooi onthou nie want ek was nie veel in die klas nie. Met ons aankoms in Dheli was beide my en Lanel se toleransie punte ver oorskry. Ons nerwe was sommer plein klaar, nee hulle was opgebruik, weg non exsistant. Geen normale mens sit homself vir 3 weke deur hel en dan loop vertel hy vir mense dat dit lekker was nie, maar vir die een of ander rede is dit lekker, ons gaan soek hierdie plekke straf onsself, liggaamlik geestelik en word gedruif tot op breekpunt. Dan in ‘n oomblik van heldere waansinnigheid besef mens dat dit reis is, en niks en niemand, geen pakket toer, geen vakansie in ‘n huisie op Pennington gaan vir jou hierdie ervarings gee nie.
Ons laaste verblyf in India is die Taj Palace Hotel 5ster nogal. Lanel het in ‘n waansinnige oomblik iewers tydens die toer besluit dat dit ons eindpunt verblyf sou wees. Die hotel is geleë in die diplomatic enclave, en met die eerste oog opslag is alles skoon en netjies, ‘n kontras van wat ons beleef het die afgelope twee en ‘n half weke. Die sekuriteit by die hotel is om van huis toe te skryf en ou Zumsie sal wragtig hier gemaklik kan slaap, dink ek terwyl ons deur die exstrale en bevoelings en bevatings gaan, vir die duisendste maal. Ons word soos konings ontvang, en word op die hande gedra tot op die 6de vloer waar ons kamer aangewys word. Magtig, dis luuks. Die bed is sag, linne skoon en tv wat werk. Dis hier waar ek besef, soms moet ‘n mens halt roep, al buig jou bank rekening agteroor, en sluk die bankbestuurder ‘n ekstra hart pil. Ons roep halt, en ons besef tot hier toe en nie verder nie.

Agterskrif en Naskrif.
Dis ‘n koel oggend as ons land op ORT., ons is gatvol vir alles Indies, soek een stewige boere ontbyt, skoonpa gooi sy Land Rover in rat en ons trek deur die verkeer soos mes deur botter. Die ontbyt by die Wimpy maak so holkolietjie vol en vol blydskap neem die snelweg ons terug na ons ou plassie buite Brits.
Terwyl ek hier voor die rekenaar sit vanoggend kyk ek na die agter grond foto van die Taj Mahal, en iewers binne my kriewel daar ‘n gogga. Dis tyd om te begin plan vir die volgende wegbreek. My koffie is al koud as ek omdraai en weer voor die rekenaar kom sit. Die lewe loop snaakse draaie met ons dink ek terwyl ek na Cecil Beaton se woorde kyk en terug dink. India het iets binne ons verander, maar wat weet ek nie, sal dit maar moet gaan soek. Miskien Timbaktu, Fiji, Borneo of Kenya.Of is dit al die mense wat ons ontmoet het, maar iets het verander.

Monday, 18 February 2013

'n Boertjie se Travels: India, Hoe de Dinges.


Kolkatta –  The Indian Strikes Again

Herman Roos
Die Overlokker van Negentien Voertsek

Herman Roos
Dum-Dum Nagar 

Herman Roos
Ons en die Slumkids

Herman Roos
UITGESLUIT!

Herman Roos
DIE DAK!


Die australianer verlaat ons en ons en Rupak kuier, hy vertel ons van die grootste oopelug boek mark in die wêreld. Dit moet ons sien, want in India is sien is glo. Ek vertrou nog steeds nie die vrede nie. Die volgende dag druk ons deur alles en kry ons uiteindelik die boek mark soos beskryf en aangedui deur ons gawe gasheer. Dit is ‘n warboel van boeke, straat op en af, links in die straat dan regs in daai straat en dit hou net nie op nie. Ons soek die befaamde koffiehuis waar ouens soos Pallo Coelho gesit en koffie drink het, en meeste van India se politieke gesprekke plaasvind wat lei tot niks. Ons word omring deur ‘n littere arsenaal. Lanel koop die een boek na die ander en ek begin gewig uitwerk, dit is spotgoedkoop. Ons vergelyk pryse met die van hulle Suid Afrikaanse eweknie en besef dat party boeke ‘n tiende van die Suid Afrikaanse prys kos. Na ons gekoop en vergelyk het, besoek ons die befaamde koffiehuis en wag 5 Indiese minute vir koue koffie. Lanel besluit om vir oulaas in die strate in te wandel en ons spreek af om mekaar op ‘n sentrale plek te kry, ek soek mediese boeke maar die verkoper verstaan nie die term paramedies nie en ek gee op. My oog vang ‘n man op die kant van die straat wat suikerriet sap uitpers en ek sluit aan by die res van die hordes wat sap koop, ek neem my klei potjie vol van die soete sap en slaan hom weg, ek verduidelik met armswaaiende en amper aap streke en gebare dat ek nog soek en so slaan ek nommer twee weg. Ek bekyk die seremonie van hoe jy die kleipot moet stukkend gooi en doen ook die passie en gooi my pragtige halfvervaardigde kleipotjie kepletter teen die randsteen. In die skare van miljoene sien ek darem een bekende gesig en ek en my vrou sluit weer by mekaar aan. Ons wyf ‘n taxi na ‘n lang gesukkel af en verduidelik hom dat hy ons reguit moet neem na Dum-Dum Nagar. Die rut is nie koste besparend nie, maar spaar darem die nerwe so bietjie, en ons voel soos ambassadeurs in ons grand groen en geel Fiat Ambassodor. Die reën druppels val sporadies as ons onder die brug uitklim en ons, ons drome om ambassadeurs te wees agterlaat. Ons drink chai by die chai man onder die brug en wag. Die reën gee ons ‘n kansie, en ons drafstap terug tot by ons tuiste. Ons glip deur die hekkie tot by die voordeur net om te vind dat die gesluit is. In my geheue heroep ek ons Delhi debakel met ingesluit en nou uitgesluit. Ek spring op my foon met sy Indiese simkaart en bel. Niemand antwoord nie en al wat ek kry is die vrou wat in Hindi vir my probeer verduidelik dat die persoon nie beskikbaar is nie. Na 8 smse 20 oproepe en meer as twee ure se wag, en Lanel wat toegang by elke venster en moontlike gaatjie gesoek het, kook my moer meter, die naald het afgespring en iewers het die valves gekalf, die boer maak ‘n plan. Ek soek klippe nou donner ek ‘n slot stukkend, in tussen reën dit kort, kort en net as ek dink nou het ek iets sak die reën uit en word my poging gefnuik. Later kry ek ‘n bouer en verduidelik hom dat ek sy hammer wil leen om ‘n slot stukkend te kap. Die Babelse verwaring op sy gesig laat my in nog slegter Engels as my vriend se pappegaai praat, en die Babelse verwaring op sy gesig word groter, ag nee donner dink ek, gin wonder die toring van Babel het nie gewerk nie, en ek verstaan nou vir die eerste keer daardie spesifieke gedeelte duidelik. Ek strip my allreeds gestripte moer, en laat my moer meter nog verder oorkook en ek skel hom sommer in Afrikaans,” Nou vat jou hammer en druk hom in jou agterent op, gin wonder julle is waar julle is nie, want julle wil nie eers ‘n hammer vir iemand leen nie.” Ek stap terug en soek ‘n klip. Die wonderlikste van klippe is dat as mens een soek dan bestaan hulle nie, maar wragtag as jy nie klippe wil hê nie dan lê hulle die pad vol. Die reën sak weer uit en ek maak dit net betyds terug tot onder die halwe beskerming van die dakkie, liefie gee so halwe laggie en ek dink nie dis snaaks nie. Die 15de sms gaan uit en die 40ste oproep word gemaak. Intussen het my lugtyd opgeraak en ons wag. Drie ure later kom ons gasheer en al wat ek hoor is Lanel hier langs my wat se “Smile and wave, smile and wave.” Ek smile en wave en ons gaan lê. Aandete is welkom en ons eet weer chicken and egg role. Ek besluit dat ek nog nie die ou vergewe het nie en verkas terug kamer toe. Terwyl ek die trappe bestyg hoor ek hoe Lanel en ons gasheer die volgende dag se rëelings tref om die slums te besoek.
Deur die nag het my aggressie tot bedaring gekom en moes ek maar gedwee aanvaar dat dit is hoe dinge in india werk. The Indian strikes again. Ons is vroeg uit die vere en kry ons eerste koppie chai vir die dag. Dis Sondag, en op die heilige dag sal al wat stoere Suid Afrikaner Christen kerk toe gaan, dan die vure aansteek en ontspan met ‘n tjoppie in die hand. Hulle sal hulle middag slapie geniet, vriende gul ontvang. Ag nee vervies ek myself terwyl ek so staan en verlang na ‘n rustige Sondag op die plaas. Rupak begin vir ons ‘n uitleg gee van die slums en wat ons kan verwag. “If you don’t like what you see we will go back imediatly, this is not for the faint hearted and a lot of people have cried for two days nonstop, after seeing the slums.” Broer dink ek by myself, dan het jy nog nie ‘n squaterkamp in Suid Afrika beleef nie. Ons vat rustig die pad en ek tel die vliegtuie wat lui bo-oor ons kruip vanaf die lughawe. Rupak vertel die een storie na die ander en ek kyk meer om my as wat ek luister. Ons arriveer, en word met die tipiese kyke begroet van wat soek julle hier. Rupak se gerusstelling help nie veel nie. ‘n Paar kom aangestap en gee sulke vuil kyke wat net moeilikheid beteken. Reg hier kom stront, die man het ons nou mooi in die gat kant van Kolkata ingevat en die mense soek ons nie hier nie. Die paar word ‘n groep en stap eers verby terwyl hulle snedige opmerkings maak. Ek ken die manier, dis tipiese tsotsie styl van intimidasie, die volgende oomblik sal hulle ons af kordon en dan begin vrae, vrae, en wragtig twee waag dit nader. Ek maak reg want hier gaan ek nie meer stilstaan nie, my nerwe is klaar, ek dink nie hulle bestaan meer nie, hoop net die polisie hoof sal my goedgesind wees, ek klap nie, vandag steek ek met ‘n mes, ek voel, voel vir my leatherman, reg hier kom dit. Die gesprek tussen Rupak en die bende klink nie lekker te wees nie, ek verstaan nie Bengali nie, maar die toon van praat staan my nie aan nie. Uit die bloute verskyn ‘n man en almal geepad soos die see voor Moses. Hoofman oor ‘n duisend dink ek. Samshje praat net ‘n paar woorde en almal geepad stert tussen die bene. By sy huis gee hy ons ‘n inleiding van hoe hy die armstes gebruik en oplei as klere makers en wys ‘n paar kledings stukke, die masjinerie dateer uit negentien voertsek, ek staan maar eenkant terwyl Lanel die kledingstukke nagaan. Hy wys haar die toppies wat hy besig is om vir haar te maak, en dit lyk pragtig. Ons ontmoet sy uitgebruide familie terwyl ons op die dak sit en wag vir die slum kinders en word heimlik bederf met tradisionele Moslem geregte. Vanaf die dak kry ons ‘n uitleg van die slums wat nie veel beter as Atridgeville of Diepsloot lyk nie. Die kinders bestyg die dak en ek wil medies na hulle kyk. Dit word van die hand gewys en ons deel lekkergoed uit en neem foto’s. Ons besoek die slums en maak maar of ons geïnteresseer is. Ons het al veel erger gesien. Die toer word afgesluit en ons stap terug na die hoofpad om ons bus te vang, die keer sonder intimidasie. Terwyl ons terug stap, wys Rupak dit uit dat daar geen jong vrouens te siene was nie, en ons stem saam dat dit nogal opvallend was. Die afwesigheid van die jong vrouens is dat hulle ouers-hulle uitverkoop as sex slawe en dat naweke en sondae die beste tyd is. Ons sluk swaar aan die idee, hel dit is af man, al is ons gewoond aan slums in Suid Afrika, om jou 14jarige dogter te verkoop is net verkeerd. Ons besluit dat ons ten minste een Bollywood fliek moet kyk en darem die gevoel kry van hoe voel dit om tussen ‘n klomp Indiërs te sit en fliek. Die donkerte het oor Kolkata begin sak toe ons ietwat onseker die bus bestyg wat ons reg voor die fliek gaan aflaai. Dit reën kort, kort sulke bietjies, bietjies. Ons kry die fliek koop kaartjies vir die nuwe hit van Bollywood, Boll Bachan. Dis 2 ure voor die fliek begin en ons loop en soek ‘n redelike of darem naby ordentlike eetplek wat nie aan ‘n sypaadjie gekoppel is nie, ons kry iewers in ‘n straat ‘n plekkie en suig neer op die stoele, heng man tussen al die strooi wat daar buite is, is die plek darem netjies, lugversorging, skoon, en die diens is uitstekend. Ons geniet so iets tussen ‘n Chinese en Indiese gereg wat ons herinner aan sweet en sour chicken. Die prys is goed en vir minder as ‘n honderd rand eet ons onself knuppeldik. Ons stap vrolik en opgewonde terug, sien selfs uit na die fliek. Ons neem ons plekke in met popcorn en koeldrank. Die was nie halfpad in die fliek in nie of Lanel fluister vir my dat haar maag nie reg is nie, sy het reeds die badkamer besoek voor ons ingegaan het, maar alles was stil en rustig in die land van die kolon. Ek kry so benoude gevoelte in my, ag nee nie alweer Delhi-belly nie. Ons verstaan nie die fliek nie en besluit om maar die roete huis toe aan te pak. Na ‘n hengse gesukkel met taxi’s kry ons uiteindelik een wat bereid is om ons terug te vat teen ‘n redelike prys. “Lief daar is fout met my maag, toe ek daai popcorn eet, het dit my die selfde gevoel gegee as in Delhi. Dit het gevoel of ‘n klip my maag tref.” Dammit. Hier kom dit nou, ek bid stilweg dat dit nie is wat ons vrees dit is nie. By die laaste draai naby die huis kry Lanel so uitdrukking op haar gesig en ek lees die tekens, hier kom dit weer. Die nag gaan tussen badkamer en bed vir haar deur, en die volgende dag stel ons die besoek aan Moeder Teresa se huis en museum af. Die dag gaan maar kakkerig verby, ek loop rond soos ‘n leeu met ‘n seer tand en koop enige ding wat Lanel kan gesond maak. Later begin ek self die gesond maak goed gebruik net om my nerwe te kalmeer. Sy hardloop die pakkie cypro antibiotika wat vir my bedoel is deur, en ek besef dat as ek iets oorkom, daar nie veel hulp gaan wees nie, die medikasie sal heeltemal uitgedien wees na hierdie rondte. Lanel begin pak so tussen die hol en slaap deur en laat die aand bevind ek myself op die dak van ‘n huis in Kolkata.

Ek lister musiek op die tab kliphard en voel ‘n veer vir enige een wat kla. Wat maak ons nou? Daar lê ‘n hele 24 uur treinrit voor terug Delhi toe, sal Lanel dit kan maak? Ek verlang huis toe, ons finansies is skraps, terug vlieg gaan duur wees. Ek sit en wil, wil begin tjank, nee donner man wat te veel is te veel, nou het ek net mooi genoeg gehad van die kak land en sy mense, ek draai die volume op en luister na die Radio Kalahari Orkes se Staan My By. Ek kry so bietjie moed maar die trane lê vlak. Ek kyk uit oor die suburbia van Dum-Dum Kolkata, almal gaan aan met hulle roetine, niemand gepla oor die ander nie. Besef is ‘n bliksem, want hy bekruip jou soos ‘n ongedierte in die nag, en saam met hom kom sy skelm drinker broer Alleen. Die twee het weer in holle gaan speel en hulle visiere eers mooi ingestel op my, en daar vang hulle my op die dak. Die trane sit vlakker as voorheen, my vrou en travel maat is siek, sy lê plat, dinge begin einde se kant toe staan, is dit hier waar ek die besluit moet neem om die definitiewe halt te roep. Die punt waar ons omdraai en nie klaar maak nie. Ek mis my mense, ek mis braaivleis en pap, en vir die eerste keer is ek bang, doodbang vir wat voorlê. Ek is nie lus vir nog stasies en burokrasie nie. Al my bravade is weg en ek besef die patetiese situasie waarin onsself bevind. Teen 5 uur die volgende oggend begin dinge verbeter en Lanel sien kans vir die laasste trein rit. Ons vat die oggend rustig sodat sy haar krag kan bymekaar maak vir die uittog Dheli toe. Ons groet vir Rupak wat net so bekommerd is soos ek oor Lanel en met ‘n laasste kyk deur die taxi se agter ruit kan ek sien dat die groot glimlag verdwyn het, en dat ‘n nuwe vriend se bekommernis in sy hart gaan lê het. Ons kyk vorentoe en weet dat halt roep nie ‘n opsie is nie, dat ons moet klaarmaak wat ons begin het. En ek dink so by myself. Moedertjie Genade.

Saturday, 16 February 2013

'n Boertjie se Travels: India, Hoe de Dinges


Kolakta – Moedertjie genade

Herman Roos
Ons Eerste Kamer by Crazy Wanderers

Herman Roos
St. Pauls

Herman Roos
Queen Victoria Memorial


Die oggend steek sy kop oor die boom toppe, die gedreun kom aangerol deur die woud. Almal spits hulle ore, tussen die riet gras sien jy die gekwispel van ‘n stert, tog so ver tog so naby, die gids beduie opgewonde in die rigting van die Bengaalse tier. Almal is penorent. Die video graaf hou sy kamera styf vas en die aanbieder kan nie sy opgewondenheid beteël nie. Die video het my hart met ‘n punt na die Sunderbans laat trek om die Bengaalse tier te sien, maar fate het haar web gespin en vir die eerste keer moes ek die aftog blaas.

Ons het net afgeklim in Kolkata na ‘n 23 uur treinrit.  Ons volg die aanbevelings van ons home stay eienaar in Kolkata tot op die laaste letter uit. Dit reën saggies terwyl ons deur die verkeer druk na Rupak, in die drukkende hitte vind ons die reën die wonderlikste naas die uitvinding van ‘n aircon. By die brug by Dum – Dum Nagar ontmoet die maer en tingerige Indiër ons, hy spring in die taxi beduie in Bengali iets en ons glip in tussen die nou straatjies. Ons klim af en hy groet oor vriendelik. As hy nie ore gehad het nie sou sy glimlag reg rondom sy kop gegaan het. Instink skop in en my hare op my rug begin regop staan, hier moet ons versigtig trap, ek lees die vrees in Lanel se oë en ek stel haar gerus dat as dinge nie uitwerk nie ons dadelik vir ons ander blyplek kan kry. Terwyl ons aanstap na sy huis maak Rupak eers seker ons het ‘n opsie twee. “ Please if you are not comfortable, just tell me and I will arrange a alternative place for you.” Drie draaie later tien stegies en nog tien draaie later bevind ons, ons self voor die huis van Rupak wat ook dien as basis vir sy Crazy Wanderes uitruik program. Hy neem ons op na die tweede vloer wys vir ons, ons kamer aan en se dat as ons klaar is en gemaklik is ons by hom moet aansluit vir ‘n koppie chai in die voorhuis. Ek kyk om my rond in die kamer, hier loop kakkerlakke rond so groot soos rotte en rotte so groot soos katte. Die huis is definitief ‘n hele paar jaar laas skoongemaak, die portrette wat die slumkids op die mure verf help darem om die atmosfeer so beitjie te lig. My gemoed vaar nie wel nie, wel as mens wil travel kan mens nie altyd 5 ster gaan nie iewers moet jy soos C. Johan Bakkes dit stel “ Jurt kak eet”. Ons begin met die ritueel van ontsmetting van beddens, wat weereens net planke is wat opgemaak is soos matrasse. Die badkamer en toilet word gedeel met almal in die huis en dit lyk darem gangbaar. Die ergste is dat ons, ons skoene moet uittrek net voor ons die huis in gaan en ek sidder aan die gedagte. Ek en Lanel kyk vir mekaar, “Dink jy dis ‘n goeie idee, ek vertrou nie die ou nie my vrou!”. Lanel is ook nie rustig nie en ons besluit dat ons een nag daar sal bly, as ons nie gemaklik is nie dan kry ons vir ons ander blyplek. Ons sluit aan by Rupak in die voorhuis waar hy reeds besig is om vir ons chai voor te berei. Hy deel ons mee hoe die slumkids program werk en dat hy graag hulle die selfde geleentheid wil gee as ander. Tussen baie grappies en nog chai deur kry ons die idee wat hy besig is mee, maar my kop se vir my hierdie ou kan ek nie vertrou nie. Die verblyf kos amper niks nie, dit sluit etes in die aand in, hom as persoonlike toer gids  in die area, en gratis chai, en dan ook nog al die grapies wat hy vertel, onjs le soos ons lag terwyl hy die een stroie en grapie na die ander vertel, maar vertrou kan ons net nie, iewers is hier ‘n Bengaalse slang in die gras. Laat middag sluit nog drie mense by ons aan, hulle deel saam met ons die huis vir die volgende twee nagte. Ek en die Kanadees gaan staan buite terwyl Lanel kennis maak met die twee dames een ‘n Amerikaner en die ander ‘n Australiër. Ons gesels oor ons ervaringe in india, politiek en oor Suid Afrika. Nou kyk daar is een ding wat jy nooit doen as jy met ‘n ander man staan en praat oor sy eie land, moet nooit meer as hy probeer weet en hom probeer leer oor sy eie land nie, leer eerder by hom, en moet hom veral nie kom probeer leer as jy jou tyd net in nag clubs en bars spandeer het nie. Ek en die man kuier, maar ek hou nie baie van hom nie, sy houding stink en hy probeer my leer oor my eie land. Ek maak verskoning en hy neem somer aan dat ons saam met hulle ‘n bottel gin of twee gaan drink. Ek wys dit vriendelik van die hand en verkas terug kamer toe. Die nag gaan nie te sleg nie, ons lywe het die harde beddens gewoond begin raak, en slaap het nou meer as net ‘n luuksheid geword, ons is nou definitief afhanklik daarvan. Die nuwe dag bring nuwe uitdagings, Lanel besluit dat ons moet bietjie gaan rondsnuffel in Kolkata en gaan kyk watse historiese lesse ons kan leer. Ons vat die eerste beste tuk-tuk vanaf Dum-Dum Nagar na die Metro stasie. Op pad soontoe word ons herinner aan die reuke van verotte vis, riool en enige gemors wat jou brein aan kan dink en uitgrawe uit die diepste donkerste gat. Ek hou noord met my maag en op die aanloopbaan na die Metro stasie het my maag amper suid gedraai. Nie dat dit enige iemand sou gepla het nie. Ons druk, stamp en stoot tot op die trein, wat met geen lugversorging het nie, en dis hordes van een stasie na die ander. Die vroue stem wat elke stasie aankondig klink net soos die vroue stemme wat deur kommunistiese China gebruik word. Dit is nie ‘n skok toe ons uitvind dat Kolkata wel onder kommunistiese beheer vir baie lank was nie, orals sien mens die hammer en sekel, en op elke straat hoek is die luidsprekers nog duidelik sigbaar. By Maidan stasie klim ons die trappe na die oppervlakte en draai links uit verby die grootte Tata Steel Park en sy dam wat nie water in het nie, en deur ‘n hordes polisie beamptes bewaak word. Tata is die grootste maatskappy in india en doen enige iets van staal tot water amper soos die maatskappy met die Tier op hier by ons. By die hoek groet ons die standbeeld van Indira Ghandi en draai weer links af na die Victoria Memorial. Die tuin staan soos ‘n seer oog uit. Die gebou is in ‘n puik toestand, beter as enige Indiese standaard en ons verlustig ons aan die koelte wat die pragtige bome ons bied. Soos gewoonlik mag ons nie foto’s neem nie en ons toer vinnig deur die geskiedenis van  Kolkata. Ons besoek St Pauls Chathederal en gly verder in die straat af opsoek na die Amerikaanse Ambesaade Mc Donalds. Na meer as ‘n uur en ‘n half se loop en swak aanwysing en “ Just Two minutes Walking” kry ons uiteindelik ‘n KFC, die hoender is vlam gat warm maar ons eet en bly stil. Die son het begin namiddag toe trek en ek se vir Lanel dat ek nie kans sien om nog verder te gaan nie. Ons kry ‘n taxi en gaan groet vir ou Qeeun Victoria vir oulaas by haar Memorial. Die trein terug is nie te sleg nie. Ons besluit na die middag siësta om so bietjie die local mark te gaan ondersteun om amper so last minuut shopping te doen. Rupak het verdwyn en toe hy terug kom is hy duidelik omgekrap. Die Kanadees het die twee dames omgepraat om saam met hom na Pakistan te gaan, en dan van daar na Afganistan. Toe die Amerikaner terugkom val harde woorde tussen haar en Rupak en sy maak haar breek Malasia toe. Die Australianer hou vol en sy vergeet dat sy nie haar paspoort het nie, die is by die ambassade. Die middag laat sit ons almal in die voorhuis en drink chai, Rupak praat met haar maar dis soos water van ‘n eend se rug af. Ek praat lanel praat, maar Afghanistan wil sy sien. Ons los dit daar.