Thursday, 4 August 2016

Derde Brief vir C. Johan Bakkes

04/08/2016
ʼn Derde Brief vir C. Johan Bakkes

Die lewens wandelpad is ʼn samevoeging van ʼn kakofoniese simfonie, ons moet sin maak uit die samestelling van die lewens note, wat dwarrelend in ons gemoed opklink. Party se blad musiek moet reëlmatig in tyd opgedeel word, saamgevoeg met die klanke van die harmonie van middel C, ander sin weer die gerommel van dromme op die onreëlmatige gedruis van voete oor die Afrika sand.

Mens skryf briewe om iets van jou siel te verklap, om die bladmusiek weer te gee in ‘n melodramatiese styl op gedis in ‘n maskerade wat ritmies voorgestel word op tyd wat nie werklik bestaan nie, ‘n allegorie in D-Minor.

Dan sien mens die mens, iewers in die platteland, en jy breek deur in ʼn simfonie van harmonie, en uit jou siel kom die suiwerste herderste samestelling wat stelselmatig ontvou in ʼn crescendo.
Mag mens dan bravura wees en ‘n danksegging skryf in forte met ‘n oktaaf van furia en fuoco.
Johan jy leer ons om nie tacet te leef nie, maar eerder met brioso en forte.
Dankie vir die ou nag kuier in Koffiefontein.

Wees gegroet.

Herman J. Roos




***Please Leave a comment. / Los asb. jou gedagtes of griffelstukkie van wat jy dink.

Sunday, 4 August 2013

'n Boertjie se Travels: Vat die agter ompad: Van Katnael tot Tomburke

Voorloop.

“Jy dink jy is cooller as ekke” Jack Parow. Vir die ou in Maun by die Bar wat amper my travel opgedonner het.

Inskrywing

Die koue lug, gevul met die nag se na brand van die warm maak vure, het my siel kom skoonwas, die opdrifsels van India uit die oseaan van die siel is skoon gemaak. Die onstuimige see het begin roer, terwyl my voete kraak deur die ys van die laatnag koue, het die waters begin warm word. In die sand van my siel het ek die pad gesien, die soeke na die nuwe en vreemde van vergange, die paaie wat soveel voor my en na my sal loop.

Ek kyk op na bo, waarvandaan sal my hulp kom, my hulp kom van die Here. Die ys kristalle van die vorige nag lê wit gesaai oor die vlaktes, ek kyk, voel en proe die winter, Terwyl ek rustig deur die koring lande vir oulaas stap. Groet is swaar, die benoudheid van wat voorlê beklem my hart, my siel is omgekrap, en net soos die man wat voor die berge staan, staan ek en ek slaan my oë op na die Berge.

Elkeen van ons het 'n manier van lewe, ons volg die pad wat ons dink is die beste. Soms kyk ons terug en net soos wat Kingsley Holgate eendag gesê het, jy het 7 klippies elkeen stel 10 jaar voor gooi die weg wat verby is en kyk wat jy gedoen het, maak reg en verbeter op dit wat jy gedoen het. Ek sit hier in Malawi en skryf, die meer lê aan my voete, om my klink die nagtelike musiek op, hier in die middel van die meer, weet ek ons het nou eers begin klim.

Kind van Afrika, kind van Europa. In Afrika is jy gebore, sy grond sy mense loop in jou bloed, jy soek die vreemde, jy soek na niemandsland. Jou tog is verder, maar tog nader. Jou hart ken die pad, jou voete onwillig. Kind van Afrika kind van Europa.

Sunday, 16 June 2013

'n Boertjie se Travels: Vat die agter-ompad:Van Katnael tot Tomburke Via Afrika

En hier is die Lande wat ons gaan besoek.



Dis reg die beste roete is die korste en reguitste een. Maar wat van ons doen so bietjie die ompad. Die ander roete. The Road less travelled. Volg ons soos wat ons die nuwe roete na Tomburke van af Katnael aanpak via Afrika. Ons gaan op die voorstoepe van onbekende mense kuier en soek na die ander dinge om te doen. 

Die tyd het aangestap, ons is presies 5 dae van vertrek af. Laaste dinge moet gedoen word en gereël word dan is ons in die pad. Die wind het vandag suid gewaai, dis winter, die koue byt behoorlik die laaste paar dae, as ek vroeg oggend die hek gaan oopsluit en rook van die warm maak vure ruik, dan weet ek die pad roep. 

As jy ons langs die pad kry, stap oor en drink ‘n koffie saam met ons.

Groete

Herman en Lanel.

Tuesday, 12 March 2013

Life Happens

I have to say sorry to all who reads my blog. Things have just been one jam from last Saturday,  I drove my Bakkie into a gate. Things just didn't seem to work out during the week and my writers spirit somehow also flew the coop. I'm working on a couple of short pieces, but what the heck sometimes life just happens. 

Oh and me and my wife started planning on our trip for June-July. So, some of my time had been devoted to it also. We are planning to drive from the farm all the way to Malawi via Mozambique, back through Zambia into Botswana and then home, total time 20 days. I will keep you posted on our plans, it is still early times and Lanel wants to go to Madagascar. Things might just swing towards that idea. Depends if the family starts growing at a sudden rate. So hold your thumbs for that one.

Keep you all posted.

Thursday, 28 February 2013

"n Boertjies Thoughts: Boertjies is mos Dom


Boertjies is mos dom





"I would like to announce ... the new level of the minimum wage for 1 March 2013 to 28 February 2014 be pegged at R105 per day for employees who work nine hours a day or R11.66 per hour, R525 weekly or R2274.82 per month," 

It was a quiet morning on most farms, we were all doing business as usual when the phones started ringing, “Did you hear what the Minister Said?” “What are we going to do?” Like a mother standing over her Child’s limping body, we all stood on our farms shocked, outraged, disappointed. I slowly got on to my quad bike and drove off to one of the most farthest points of the farm, from my vantage point i looked out over the years of hard labour, the changes that happened and part of my life’s legacy. Is this the end? Do we have to move on and trek like our forefathers, is Mozambique the new frontier? I saw the workers on the tobacco field; I grew up in front of most of them. Some grew up with me. These are the people who helped build this farm. I have an obligation towards them. My feelings and emotions were at breaking point when the phone suddenly rang.

“We have a meeting tomorrow at 6 pm” It was the Chair Person of our Farming Community. “Please let everybody know about the meeting.” With that we rang of. The days passed with mix feelings. What can we expect will there be any answers? I will have to use a bit of deduction and I will need some skill to read the person’s body langue. With that we all set of for the meeting, lies were told, truths were hidden and hypocrisy were wide spread. Thinking back, more than 6 meetings just to get answers, we were none the richer and poorer than when we first heard the news.  Our final meeting were held in Groblersdal. We left early the morning to avoid most traffic in the capital city of Pretoria; there was an indescribable silence in the car as we drove through mountains and open valleys. Will this meeting hold the answers that we are seeking? Each one of us was trapped in our own thoughts. The meeting came and went with no answers.

On our way back I opened up my kindle to read a bit, I flipped through the books, The Devine Comedy by Dante, to heavy now, I searched the Bible to heavy now I thought. I closed my kindle thinking of a verse in Habakkuk, trying to correlate that with what Dante had written about in the 1300’s. Was their time so much different from ours, Habakkuk and the Israelites had to face the fearsome Challdiers, in Dante’s era it was the dark ages and the church used hypocrisy to rule. How much do we differ from then? the mountains and valley’s passed and my thoughts were running over the open fields.  In the end I decided that we shall comply with the law of the land. I have an obligation to my workers.

After all was said and done, I looked back over the past two weeks and realised how we would use another person’s suffering and make a profit out of it. In Afrikaans we have a saying “Die een se dood, is die Ander se brood.” Have we stooped so low, have we learned nothing from history, or do we just use history to make our fortune out of those who have no answers. In each meeting a person came forth and said they will help us with this and that, but at a price of course.  Wel dis die wet van Transvaal.

The final bell has rung we have entered a new era of wages, comply or not. As I sit here I’m thinking of a great singer Koos Kombuis he wrote a song about their domestic worker when she died.  Will our Kytie stay, she was always just there. Will there still be Mielie pap in the morning?

Wednesday, 27 February 2013

'n Boertjie se gedagtes: Ken Jy van Sukkel


Ken jy van sukkel?


Dit is al reeds warm as ons opstaan net so skuins voor ses die oggend. My daaglikse roetine is so bietjie omver gegooi. Ons moet ‘n tabak boeredag gaan bywoon, en dit in hierdie hitte. Ek sal eerder graag by my span wil wees, maar ja, as jy inligting oor jou bedryf wil hê dan moet jy seker maar die minder lekker van in die warm son gaan staan en luister na ‘n plantkundige wat eintlik die selfde ding oor en oor vertel. Ons vergader en die manne praat met lof en dank segging oor dinge wat ons blykbaar baie raak. Ons verlaat die donker area van die plaas restuarant, met die vraag “Om te rook, of nie”? en begin met die aantog na die landerye waar die proewe geplant word. Ons beklaag die situasie in die Kaap met die stakings en die warm son. “ Nee man so kan dit nie aan gaan nie, die goed staan en verbrand hier onder die besproeiing.” “ Die wit vlieg is darem maar iets ysliks die jaar, ja dis alweer hierdie groente boere wat die goed nie afhaal van die lande as hulle klaar geoes het nie.” Ons trap rond en die plantkundiges en grondkundiges raak hulle formules al hoe meer kwyt. Die een boer wil nie ophou vrae, vrae nie en die manne begin ongemaklik rondtrippel. Nee genade, dink ek en gaan soek die koelboks waar daar darem ‘n lafenis in versteek is. Ek knak die kannetjie se kop en teug lekker. Nee se gat hiermee, nou gaan ek terug bakkie toe, die ouens praat nonsens , darem kan ek daar sit en nuus luister terwyl die aircon loop.  Die lugspieëls speel oor die pad as ek naby my bakkie se deur kom, ek kyk af en uit die skimme van die bedrieglikheid kom die swart skim, ek hou hom dop, een trap op en dan weer een af, stadig en statig. As hy stadig verby my trap knik hy sy kop en ons groet. Die sweet loop behoorlik teen ons af, ek kyk af na die blikkie in my hand, ek draai om, om met hom so stukkie lafenis te deel. Die skimme speel oor die pad en die lug speel sy spelletjie met sy spieëls. Ek deel die lafenis met hom en stadig bekruip die gedagte my, “Wat is sukkel?”

Dis al ou nag as ek begin insluimer, die radio is stil, besonders stil, dink ek terwyl ek terug leen in my stoel. In die agter grond hoor ek hoe Sean besig is om na ‘n paar cd’s te luister. Droomland wag vir my as my oë toeval en ek die binne ruim van my eie verdwaalde drome betree. Ek word eers wakker uit my diepe slaap as die kar se serene hard in my ore weergalm. Gewoonlik is ek dadelik wakker as die radio kraak of ‘n selfoon lui. Ek vind vinnig uit waarna toe ons oppad is en wat gaan die doel van ons besoek wees. “Gunshot,Mamelodi” is al wat ek uit hom kry, terwyl hy konsentreer op die verkeer voor ons. Die adres is soos gewoonlik amper on vind baar maar met moeite maak ons dit. Ek is ooglopend opgewonde, dit sal my eerste “gunshot” wees. Die ligte se geflikker weerkaats teen die blink van die shacks, die pad is uitgemerk vir ons en ons word begelei deur ‘n ongeskikte konstabel, sal sweer ons het die misdaad gepleeg. Ons word ‘n kamer van sink agter in ‘n hoek aangewys. Ons werk word vinnig afgehandel, dit was ‘n gesins moord. Die kind het darem weg gekom. Ons gaan soek die kind en deel haar saam met haar familie mee dat daar niks is wat ons kan doen nie. Terwyl ek weg stap, kyk ek terug oor my skouer na die blink huisie in die agterkant van die yard en ek weet, vanaand sukkel ek nie alleen nie.

Ek moet sigarette kry en vinnig, my nerwe is klaar my twak is op en ek gaan nou, nou iemand aanrand. Die werkkers is traag en my moer meter is weer in die rooi. Ek spring in my bakkie jaag winkel toe en terug. Die dag sluip verby, een van my tabak droërs se deure het gebreek en moet in totaliteit oorgebou word. Ek het min tyd, die nuwe tabak is gehang, en ek moet die droër afseel so gou as moontlik. Ons werk teen tyd, en tyd teen ons. Uiteindelik net voor vyf die middag seel ons die deure af en maak reg vir ‘n rustige aand. Ek en Lanel bespreek die dag se gebeure by die skool en op die plaas.

 Dis al ou nag as my selfoon my wakker skreeu. Ek antwoord en hoor een van my werkers skreeu blou moord. Ek gryp die mediese sak, skreeu almal wakker om kanne en enige ding wat water kan vat te laai. Met ons aankoms by hulle huis was dit so te se te laat. Na meer as ‘n uur se gestoei met die vlamme, en nadat alles tot bedaring gekom het begin ek die mense se behandel vir brandwonde.

 Die bossies staan al groot gegroei toe ek weer nou die dag die afgebrande huis gaan besoek. Binne lê die oorblyfsels van die verlede verskroei, verbrand tot as. Terwyl ek so op die murasie se muur sit en die nag herroep weet ek dat ons het saam gesukkel, maar my gesukkel was net makliker.

Tuesday, 19 February 2013

'n Boertjie se Travels: India hoe de dinges.


Hierdie is die laaste van my skryfstuk oor India, hoop julle het dit geniet.

Kolklatta na Delhi – SHUT THE F$#@ UP

Luuksheid na swaarkry!

Oppad Huistoe, Delhi Lugahwe, onwettig geneemde foto!

Kontras


Lanel se maag hou goed, net as haar maag dink hy wil suid draai stop ek nog ‘n immoduim in haar keel af. Met ons aankoms op die stasie is sy so goed soos ‘n lopende apteek. Die stasie bied darem ‘n lugversorgde afdeling vir die wat in besit is van eerste en tweedeklas kaartjies. Ons maak gebruik van die geleentheid en plak neer soos vrot velle op die twee beskikbare stoele.
‘n Halfuur voor ons trein vertrek gaan soek ons, ons sitplek. Na ‘n geskarrel en armswaai en gebrabbel in Engels kry iemand ons jammer en gaan wys ons waar ons sit. Tot ons skok is ons plekke opgeneem deur ‘n gesin. Gelukkig maak die kondukteur sy keelskoon en almal maak pad. Ons begin ons plekkies voorberei en lief vat soos gewoonlik die boonste bankie. Ons maak ons beddens op. Vannag wil ek deurslaap. Ons deel die 4 man kompartement met ‘n ourige stil man en ‘n jong man met brille, die het vriende gemaak met ‘n dik gat aan die oorkant en hulle kuier, dis vroegmiddag so dit pla nie. Ons kry ons ete, lief sien nie kans vir die warm kos nie en probeer so bietjie slaap. Ek gaan doen inspeksie van die toilette en vind dat eersteklas sin soos gewoonlik in baie beter en gangbare toestand is. Ons geluk is dat dit reg voor ons trein trok is so in ‘n nood situasie kan lief net hol en sy sal dit betyds maak. Ek stap terug na ons kompartement en vind die dik gat en sy maer gat met brilletjies nog steeds aan die kuier. Die ou man sit tjoepstil in die hoek en sprak nie ‘n woord nie. Ek gaan soek roo kplek, en alhoewel rook onwettig op treine in india is steur niemand hulle aan die reël nie, jy maak net die trein deur oop en maak jou twakkie. Ek maak soos ek gewoond is en gooi die deur oop, langs my flits die nag landskap en liggies verby en ek geniet die warm lug wat van buite af inkom. Die volgende oomblik spring daar so kort mannetjie in uniform om die hoek en dinges my uit oor ek die deur van die trein oopmaak terwyl dit beweeg. Ek gee hom som kyk, verduidelik vir hom in Afrikaans dat ek nie veel van sy dreigemente dink nie en trek my twakkie verder. Die opgeskorte klein mannetjie dreig weer.  Hy laat my dink aan my sussie se oorlede dobberman pincherkie, oorle Frikkie. Ek lag vir hom terwyl ek die deur toemaak en se vir hom dat ek nie omgee wat hy se nie terwyl ek in die gang af verdwyn. Dikgat en sy maat is stil toe ek terug kom in die kompartement, dankie tog nou kan ek slaap, ek maak vir oulaas seker dat Lanel reg is voor ek ook wegvaar na droomland.
My oë was skaars toe of die twee nuut gevinde vriende begin op ‘n hoer as normale toon weer eenstryk kuier. Ek strip my moer toe vir die twee, beteken ‘n toe gordyn nie vir hulle iets nie. Ek trek myself so half regop en laat waai.”You are the most disrespectful people I have ever seen, some of us are tired and are trying to sleep. My wife is sick, and I don’t want to hear another word from you two. If you don’t understand what I am saying, shut the F#%^ up. Ok.” My stem toon draa deur die trein en vir ‘n oomblik kon jy net die gerammel van trein wiele buite hoor, terwyl hier en daar ‘n kop half bang en nuuskierig om die hoeke loer. So bogger ek hulle nuwe vriendskap op en kry ons die nodige rus in vir die nag.

Delhi – Tot hier toe en nie verder nie.
‘n Mens se Psige kan net soveel vat. Blykbaar volgens die slim mense, wie se werk ek eens op ‘n tyd moes leer, het almal ‘n toleransie vlak in sekere situasies, of so iets. Kan nie mooi onthou nie want ek was nie veel in die klas nie. Met ons aankoms in Dheli was beide my en Lanel se toleransie punte ver oorskry. Ons nerwe was sommer plein klaar, nee hulle was opgebruik, weg non exsistant. Geen normale mens sit homself vir 3 weke deur hel en dan loop vertel hy vir mense dat dit lekker was nie, maar vir die een of ander rede is dit lekker, ons gaan soek hierdie plekke straf onsself, liggaamlik geestelik en word gedruif tot op breekpunt. Dan in ‘n oomblik van heldere waansinnigheid besef mens dat dit reis is, en niks en niemand, geen pakket toer, geen vakansie in ‘n huisie op Pennington gaan vir jou hierdie ervarings gee nie.
Ons laaste verblyf in India is die Taj Palace Hotel 5ster nogal. Lanel het in ‘n waansinnige oomblik iewers tydens die toer besluit dat dit ons eindpunt verblyf sou wees. Die hotel is geleë in die diplomatic enclave, en met die eerste oog opslag is alles skoon en netjies, ‘n kontras van wat ons beleef het die afgelope twee en ‘n half weke. Die sekuriteit by die hotel is om van huis toe te skryf en ou Zumsie sal wragtig hier gemaklik kan slaap, dink ek terwyl ons deur die exstrale en bevoelings en bevatings gaan, vir die duisendste maal. Ons word soos konings ontvang, en word op die hande gedra tot op die 6de vloer waar ons kamer aangewys word. Magtig, dis luuks. Die bed is sag, linne skoon en tv wat werk. Dis hier waar ek besef, soms moet ‘n mens halt roep, al buig jou bank rekening agteroor, en sluk die bankbestuurder ‘n ekstra hart pil. Ons roep halt, en ons besef tot hier toe en nie verder nie.

Agterskrif en Naskrif.
Dis ‘n koel oggend as ons land op ORT., ons is gatvol vir alles Indies, soek een stewige boere ontbyt, skoonpa gooi sy Land Rover in rat en ons trek deur die verkeer soos mes deur botter. Die ontbyt by die Wimpy maak so holkolietjie vol en vol blydskap neem die snelweg ons terug na ons ou plassie buite Brits.
Terwyl ek hier voor die rekenaar sit vanoggend kyk ek na die agter grond foto van die Taj Mahal, en iewers binne my kriewel daar ‘n gogga. Dis tyd om te begin plan vir die volgende wegbreek. My koffie is al koud as ek omdraai en weer voor die rekenaar kom sit. Die lewe loop snaakse draaie met ons dink ek terwyl ek na Cecil Beaton se woorde kyk en terug dink. India het iets binne ons verander, maar wat weet ek nie, sal dit maar moet gaan soek. Miskien Timbaktu, Fiji, Borneo of Kenya.Of is dit al die mense wat ons ontmoet het, maar iets het verander.