Voorloop.
“Jy dink jy is cooller as ekke” Jack Parow. Vir die ou in
Maun by die Bar wat amper my travel opgedonner het.
Inskrywing
Die koue lug, gevul met die nag se na brand van die warm
maak vure, het my siel kom skoonwas, die opdrifsels van India uit die oseaan
van die siel is skoon gemaak. Die onstuimige see het begin roer, terwyl my
voete kraak deur die ys van die laatnag koue, het die waters begin warm word.
In die sand van my siel het ek die pad gesien, die soeke na die nuwe en vreemde
van vergange, die paaie wat soveel voor my en na my sal loop.
Ek kyk op na bo, waarvandaan sal my hulp kom, my hulp kom
van die Here. Die ys kristalle van die vorige nag lê wit gesaai oor die
vlaktes, ek kyk, voel en proe die winter, Terwyl ek rustig deur die koring
lande vir oulaas stap. Groet is swaar, die benoudheid van wat voorlê beklem my
hart, my siel is omgekrap, en net soos die man wat voor die berge staan, staan
ek en ek slaan my oë op na die Berge.
Elkeen van ons het 'n manier van lewe, ons volg die pad wat
ons dink is die beste. Soms kyk ons terug en net soos wat Kingsley Holgate
eendag gesê het, jy het 7 klippies elkeen stel 10 jaar voor gooi die weg wat
verby is en kyk wat jy gedoen het, maak reg en verbeter op dit wat jy gedoen
het. Ek sit hier in Malawi en skryf, die meer lê aan my voete, om my klink die nagtelike
musiek op, hier in die middel van die meer, weet ek ons het nou eers begin
klim.