04/08/2016
ʼn Derde Brief vir C. Johan
Bakkes
Die lewens wandelpad is ʼn
samevoeging van ʼn kakofoniese simfonie, ons moet sin maak uit die samestelling
van die lewens note, wat dwarrelend in ons gemoed opklink. Party se blad musiek
moet reëlmatig in tyd opgedeel word, saamgevoeg met die klanke van die harmonie
van middel C, ander sin weer die gerommel van dromme op die onreëlmatige
gedruis van voete oor die Afrika sand.
Mens skryf briewe om iets van
jou siel te verklap, om die bladmusiek weer te gee in ‘n melodramatiese styl op
gedis in ‘n maskerade wat ritmies voorgestel word op tyd wat nie werklik
bestaan nie, ‘n allegorie in D-Minor.
Dan sien mens die mens, iewers
in die platteland, en jy breek deur in ʼn simfonie van harmonie, en uit jou siel
kom die suiwerste herderste samestelling wat stelselmatig ontvou in ʼn crescendo.
Mag mens dan bravura wees en ‘n
danksegging skryf in forte met ‘n oktaaf van furia en fuoco.
Johan jy leer ons om nie tacet
te leef nie, maar eerder met brioso en forte.
Dankie vir die ou nag kuier in
Koffiefontein.
Wees gegroet.
Herman J. Roos
***Please Leave a comment. / Los asb. jou gedagtes of griffelstukkie van wat jy dink.